Graad 12
Onderwêreld
Langvrae
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not
copy, share, or sell our content without permission.
, Wenke vir die literêre
opstel
SKRYF IN DIE TEENWOORDIGE TYD:
Voorbeeld: “Anoeshcke von Meck se roman Vaselinetjie speel af teen die agtergrond van …” of “Hanna
se verhouding met haar pa, Gavin, verbeter op die berg wanneer…” . Die leser word sodoende by die
boek en jou ontleding betrek.
HOU JOUSELF UIT DIE ONTLEDING.
Alhoewel jy jou opinie moet gee, moet die opstel nie om jou draai nie. Dus nié: “Ek dink die dialoog
is oortuigend, want volgens my is...” nié.
Jy moet die leser van jou punt kan oortuig, maar minimaal na jouself verwys. Anders het hy/sy te
veel ruimte om van jou te verskil.
MOENIE BLOOT DIE MENING VAN ’N KRITIKUS HERHAAL NIE.
Die literêre opstel gee jou kans om standpunt te formuleer. Sorg net dat jy dit met aanhalings uit die
teks kan bewys.
MOENIE DIE STORIE (INTRIGE) OORVERTEL NIE.
Die literêre opstel is ’n ontleding en verduideliking van jou mening. Jy moet wys dat jy ’n teks krities kan
lees en die nodige inligting kan onttrek om ’n spesifieke argument te versterk.
WEES SPESIFIEK IN JOU VERWYSINGS.
Verwysing na karakters, gebeure en besonderhede in die roman moet spesifiek wees. Wys dat jy die
detail van die roman ken en dat jy met ’n kritiese oog daarna kyk.
MOENIE VERALGEMEEN OF “GORREL” NIE.
Sorg dat jy die literêre begrippe kan raaksien en in jou opstel kan gebruik, bv. tema, ruimte,
vertelperspektief, dramatiese ironie, konflik, handelings...
DIE SKRYWER TEENOOR DIE VERTELLER.
Die skrywer is nie noodwendig die verteller (van die verhaal) of die spreker (in die gedig) nie. Marita
van der Vyver is die skrywer van Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, maar Hanna is die ek-
verteller deur wie se oë die gebeure gesien word.
BAIE BELANGRIK: GEBRUIK DIE PIV-FORMULE IN ELKE PARAGRAAF.
P - Watter punt maak jy?
I - Illustreer dit m.b.v. ’n aanhaling of bewys uit die teks.
V - Verduidelik jou punt verder.

, DIE PVI-FORMULE WERK OOK (EN IS DALK VIR JOU MEER LOGIES).
P - Watter punt maak jy?
V – Verduidelik (brei uit op) jou punt.

Maak net seker dat die aanhaling geïntegreer word, nie soos 'n stertjie agternasleep nie.
DIE VOLGENDE RAAMWERK KAN JOU HELP MET JOU BEPLANNING:
Paragraaf 1: Inleiding
Beantwoord die vrae en stel kortliks die hoofpunte wat in die opstel aangeraak gaan word
Paragraaf 2: Tema of saak 1 +voorbeelde / bewyse uit die roman
Paragraaf 3: Tema of saak 2 +voorbeelde / bewyse uit die roman
Paragraaf 4: Tema of saak 3 + voorbeelde / bewyse uit die roman
Finale paragraaf: Som die hoofgedagtes op en verwys na die oorspronklike vraag.
VOORBEELD VAN ’N VRAAG:
Bespreek twee of drie temas / kwessies wat behandel word in die roman wat jy bestudeer het, EN
verduidelik hoe die slot van die roman jou aan een van hierdie temas herinner het.
Die vraag bestaan uit TWEE dele; maak dus seker dat jy beide dele beantwoord.
1. Eerste lees: Lees die hele vraag om ’n algehele prentjie te kry.
2. Tweede lees: Onderstreep kernwoorde en nommer die verskillende afdelings van die vraag.
3. Derde lees: Verduidelik die vraag aan jouself!
4. Herinner jouself aan die vereistes van die vraag:
a. Ek moet skryf oor een, twee of drie temas / kwessies in die roman
b. Ek moet self die temas kies (en formuleer).
c. Ek moet verduidelik hoe die slot van die roman my aan een van die temas herinner.