• Wrong document? Swap it for free
  • Written by students who passed
  • Immediately available after payment
  • Read online or as PDF
Sell
Where do you study
Your language
Document preview thumbnail
Preview 3 out of 28 pages
Summary

Summary Gr 12 Besigheidstudies V2 Finaal 2026 Opgesom deur Juffrou Ansie

Document preview thumbnail
Preview 3 out of 28 pages

Omvattende, eksamengerigte studienotas vir Graad 12 Besigheidstudies Vraestel 2, saamgestel vir die NSC November Finaal 2026. Die inhoud is gebaseer op vorige DBE-, SACAI-, NCC- en EC-vraestelle van 2021–2025 en is gestruktureer om leerders te help om tipiese vraagpatrone, scenario’s en toepassings beter te verstaan. Die notas dek Besigheidsgeleenthede en Besigheidsrolle, insluitend Bestuur en Leierskap, Versekering, WVF, Beleggings, Vorme van Eienaarskap, Aanbiedinge, Etiek en Professionaliteit, Kreatiewe Denke en Probleemoplossing, KMV/KMI, Menseregte, Inklusiwiteit en Omgewingskwessies. Sluit scenario-gebaseerde vrae, berekeninge, toepassings, vergelykings en opstelvrae in, met spesiale fokus op onder andere die gemiddelde klousule, eenvoudige rente, leierskapstyle, beleggings, kragveldanalise, maatskaplike verantwoordelikheid en RSA Kleinhandelspaareffekte. Ideaal vir doelgerigte finale eksamenhersiening.

Content preview

1



BESIGHEIDSTUDIES
GRAAD 12
NOVEMBEREKSAMEN
VRAESTEL 2
2026.
Hierdie dokument is saamgestel om Graad 12-leerders
sistematies te help voorberei vir die Nasionale Senior
Sertifikaat (NSC) Besigheidstudies November-eksamen
2026 – Vraestel 2.

Die inhoud is gebaseer op amptelike DBE- en SACAI-vraestelle van 2021–2025, asook op die NCC en EC-
eksamens, om seker te maak dat jy die mees volledige en betroubare antwoorde het wat by die jongste
eksamenvraestelstruktuur en memorandumriglyne pas.

Elke afdeling is saamgestel om jou te help verstaan hoe vrae in Vraestel 2 oor die jare herhaal en
aangepas is, en hoe jy jou antwoorde logies, volledig en bondig kan formuleer. Waar dieselfde vrae in
verskillende vraestelle voorkom, is hulle saamgevoeg om jou ’n duidelike, gekonsolideerde studiegids te
bied. Gebruik hierdie notas as ’n studiegids, nie as ’n plaasvervanger vir jou eie werk nie. Doen self die
berekeninge en voorbeeldvrae voordat jy die antwoorde lees – dit sal jou begrip verdiep en jou
voorbereiding verbeter.

Belangrik: Hierdie November-notas vorm deel van jou volledige voorbereiding vir die finale
Besigheidstudies-eksamen en moet saam met jou vorige studienotas gebruik word.

Waar vrae of inhoud uit vorige November-eksamens reeds in die Rekordeksamen Vraestel 2-notas
behandel is, is dit duidelik in hierdie notas aangedui. In sulke gevalle is die inhoud nie onnodig herhaal
nie. Jy moet die betrokke afdeling weer in jou Rekordeksamen-notas hersien.
Belangrik: Vir die November-eksamen moet jy steeds al jou werk van Termyn 1 tot Termyn 3 hersien,
insluitend die inhoud wat vir die Rekordeksamen geleer is.

Gebruik dus die volgende vir jou finale voorbereiding:
Termyn 1-notas + Termyn 2-notas + Termyn 3/Rekordeksamen-notas + hierdie November-notas
Indien jy nie van die vorige notas het nie, kontak .

Sterkte met jou voorbereiding vir die finale eksamen.

Juffrou Ansie
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak


, 2




INHOUD

Afdeling A: Besigheidsgeleenthede 4
Bestuur en leierskap 4
Belegging: versekering & Belegging: Sekuriteite/geleenthede 7
VERSEKERING 8
WERKLOOSHEID VERSEKERINGSFONDS (WVF) 13
BELEGGINGS 13
Vorme van Eienaarskap 16
AANBIEDINGE 19
Afdeling B: Besigheidsrolle 20
Etiek en professionaliteit 20
KREATIEWE DENKE EN PROBLEEMOPLOSSING 20
Maatskaplike Verantwoordelikheid en Korporatiewe Burgerskap Korporatiewe Maatskaplike
Verantwoordelikheid (KMV) en Korporatiewe Maatskaplike Belegging (KMB) 22
MENSEREGTE, INKLUSIVITEIT EN OMGEWINGSKWESSIES 23
Afdeling C: Opstelvrae 24
MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID, KMV EN KMI 25
BELEGGING: SEKURITEITE 27


Kortvrae

Beperkte aanspreeklikheid Verliese word beperk tot die bedrag wat die eienaar in die besigheid
belê het. Die eienaar se persoonlike bates word teen die skuld van die
besigheid beskerm. Van toepassing op maatskappye wat 'n aparte
entiteit/persoonlikheid het.
Onbeperkte Die aanspreeklikheid van die eienaar om skuld/eise te betaal is nie net
aanspreeklikheid tot die besigheid beperk nie. Daar kan beslag gelê word op die eienaar
se persoonlike bates om vir die skuld van die besigheid te betaal. Van
toepassing op 'n eenmansaak en vennootskap aangesien hulle nie 'n
aparte regsentiteit/persoonlikheid het nie.
Demokratiese leierskapstyl Werknemers word genooi om deel te wees van die
besluitnemingsproses
Outokratiese leierskapstyl Werknemers is nie by die besluitnemingsproses betrokke nie.




© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak


, 3


Laissez-faire/Vrye teuel Die leier laat ervare en betroubare werknemers toe om besluite te
leierskapstyl neem in die nastrewing van die organisasie se doelwitte.
Charismatiese leierskapstyl Die leier gebruik charisma en sjarme om werknemers te beïnvloed.
Transaksionele Gebruik belonings en strawwe as aansporings om werknemers se
leierskapstyl gedrag te beïnvloed.
Leierskapteorieë Lei leiers oor die verskillende leierskap style wat toegepas of gebruik
kan word.
Situasionele In hierdie leierskapteorieë pas die leier verskillende leierskapstyle toe
leierskapteorieë na gelang van verskillende situasies
Transformasie- Beste geskik gedurende ’n tydperk van drastiese of radikale verandering
/oorgangsbestuur in ’n organisasie
Leierskapteorieë
Johannesburgse Die mark wat handel oor die koop en verkoop van aandele in
Aandelebeurs (JSE) genoteerde maatskappye.
Beleggers Die persone wat geld spaar met die verwagting om wins te maak.
Dividend 'n Bedrag geld wat 'n maatskappy uit sy winste aan sy aandeelhouers
betaal.
Korttermynbelegging Belegging vir minder as een jaar
Langtermyn belegging Die duur/tydperk van belegging is meer as drie jaar.
Likwidasie Die verkoop van die bates van 'n maatskappy om krediteure te betaal.
Rente Die bedrag geld wat beleggers verdien as opbrengs op/vergoeding vir
beleggings in bankdeposito's en lenings
Vaste koers Die rentekoers bly dieselfde vir die duur van die beleggingstydperk
Etiese gedrag Optree volgens 'n stel waardes wat moreel aanvaarbaar is in die
samelewing
Besigheidsetiek Die stel waardes van 'n besigheid, vertoon deur sy bestuurders en
werknemers. Hierdie waardes moet moreel aanvaarbaar wees deur die
samelewing, en binne vasgestelde besigheidskodes
Professionaliteit Beskryf die internasionaal aanvaarde standaarde en verwagtinge wat
besighede en die samelewing van mense se gedrag en vlakke van
bevoegdheid in die werkplek het. Dit is 'n breër konsep as etiek en sluit
aspekte soos voorkoms, gesindheid, lojaliteit, ens.
Korporatiewe bestuur Die uitoefening van etiese en effektiewe leierskap deur die individue
wat verantwoordelik is vir die bestuur van die besigheid. Daar word van
hulle verwag om goeie prestasie, effektiewe beheer, volhoubaarheid en
winsgewendheid te lewer.
Algemene Jaarvergadering 'n Vergadering van 'n maatskappy wat deur al die aandeelhouers
(AJV) bygewoon word wat een keer per jaar plaasvind.



© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak

Document information

Schooljaar
200
Uploaded on
October 1, 2026
Number of pages
28
Written in
2026/2027
Type
Summary
$4.98

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
ansiestudynotes
4.7
(67)
Sold
1098
Followers
227
Items
447
Last sold
6 hours ago



Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions