, Hoofstuk 1 – Abby
Abby, Jasper en Henri is drie baie verskillende graad 11-leerders wat in dieselfde
sekuriteitskompleks woon. Hulle word saam in ’n groep gesit om ’n Halloween-stalletjie vir
die skool se Lentefees te beplan. Abby is die praktiese atletiekster, Jasper is die gamer en
rebel, en Henri is kreatief, dramaties en kunssinnig. Abby sukkel ook emosioneel omdat haar
pa onlangs die gesin verlaat het.
Terwyl hulle by Abby se huis werk, gaan hulle uit om roomys by Izzie se roomyswa te koop.
Hulle sien hoe hul skoolhoof, meneer Adrianus Vos, oftewel Jakkals, met Izzie stry.
Jakkals skiet Izzie drie keer en rig daarna sy geweer op die drie tieners omdat hulle die moord
gesien het.
Hulle vlug en kruip in ’n boomhuis weg. Daar hoor hulle hoe Jakkals vir Johannes van die
buurtwag vertel dat Abby, Jasper en Henri vir Izzie geskiet het. Hulle besef hulle word vir
die moord geraam.
Hoofstuk 2 – Jasper
Die verhaal word nou vanuit Jasper se perspektief vertel. Die drie besef hoe moeilik dit gaan
wees om hul onskuld te bewys omdat Jakkals ’n gerespekteerde skoolhoof is en hulle net
tieners is.
Henri kry ’n angsaanval en Abby help hom kalmeer. Hulle bespreek hul families en besef dat
hulle nie seker is of selfs hul eie ouers hulle sal glo nie.
Jasper en Abby sluip na sy huis om hulp te probeer kry. Jasper kan nie sy ouers bereik nie,
terwyl Abby haar ma probeer waarsku om nie Jakkals se storie te glo nie. Die polisie
arriveer voordat hulle behoorlik hulp kan kry.
Jasper neem uiteindelik sy ouers se motorfiets met ’n sykarretjie, hulle gaan haal Henri en
ontsnap uit die kompleks. Hulle ry na ’n afgeleë grot teen die Magaliesberg waar hulle kan
wegkruip.
Hoofstuk 3 – Henri
Die drie skuil in die berg en probeer besluit wat hulle volgende moet doen. Hulle besef hulle
kan nie sommer familie of vriende kontak nie omdat die polisie hulle moontlik kan opspoor.
Hulle leer ook meer van mekaar se persoonlike probleme. Abby praat oor haar pa wat weg is,
terwyl Henri se moeilike verhouding met sy pa en die probleme wat hy ervaar omdat hy gay
is, duideliker word.
Hulle ontmoet Koos, ’n vreemde man wat alleen in ’n grot woon. Ten spyte van sy vreemde
leefstyl help hy hulle met kos, klere en raad.