© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak
, 2
Inleiding
Hierdie boekie is saamgestel om leerders te help met opstelvrae en kontekstuelevrae
oor My Japan deur Schalk Schoombie. Die doel van hierdie hulpbron is om belangrike
temas, karakters, konflik, simboliek, dramatiese tegnieke en eksamenfokus op ’n
gestruktureerde manier te hersien.
Die boekie bevat opstelvrae, modelantwoorde in opskrif- en bulletpointvorm, asook
kontekstuele vrae wat leerders help om die drama beter te verstaan en voor te berei vir
assesserings en eksamens.
Belangrik: Die modelantwoorde in hierdie boekie word doelbewus in opskrifte en
bulletpoints aangebied om leer, hersiening en begrip makliker te maak. In die eksamen
moet leerders egter nie opskrifte of bulletpoints gebruik nie. Opstelle moet as volledige,
samehangende antwoorde geskryf word met ’n duidelike inleiding, goed ontwikkelde
paragrawe en ’n gepaste slot.
Hierdie boekie vorm deel van ’n groter My Japan-hulpbronpakket, wat ook ’n
Opsommings- en Analiseboekie en ’n PowerPoint-aanbieding insluit. Die ander
hulpbronne kan saam met hierdie boekie gebruik word om die drama se inhoud,
karakters, temas, simbole, motiewe en eksamenfokus deeglik vas te lê.
Die doel is nie net om antwoorde te memoriseer nie, maar om leerders te help verstaan
hoe om oor My Japan te dink, hoe om bewyse uit die drama te gebruik, en hoe om
antwoorde duidelik en eksamengerig te formuleer.
Sterkte
Juffrou Ansie
INHOUD
Opstelvrae .................................................................................................................... 3
Droomstruktuur en buitestanderskap in My Japan ........................................................ 3
Die wasgoeddraad as simbool, verhoogelement en tema-ondersteuner ........................ 5
Ilse se karakterontwikkeling in My Japan ...................................................................... 7
Ilse en Mercia se konflik in My Japan ......................................................................... 10
Trauma, skuldgevoelens en aanvaarding ................................................................... 12
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak
, 3
Ontvlugting en “my Japan” ....................................................................................... 14
Mercia as ma en antagonis ....................................................................................... 17
Kontekstuele vrae ....................................................................................................... 19
Opstelvrae
Droomstruktuur en buitestanderskap in My Japan
OPSTELVRAAG EC/NOVEMBER 2022
Vraag
My Japan moet teen die agtergrond van ’n droomstruktuur
gesien word en is dan ook die gevolg van Ilse en Elzette se
buitestanderskap.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 350–400 woorde.
Belangrike nota aan leerders
Hierdie modelantwoord word in opskrifte en bulletpoints
aangebied om leer makliker te maak. In die eksamen moet
jy nie opskrifte of bulletpoints gebruik nie. Jy moet jou
antwoord as ’n volledige opstel skryf met ’n inleiding, goed
ontwikkelde paragrawe en ’n slot.
Modelantwoord
Inleiding
• My Japan moet teen die agtergrond van ’n
droomstruktuur verstaan word.
• Die drama beweeg tussen werklikheid, nagmerries, terugflitse, verbeelding en
Japannese mites.
• Hierdie struktuur wys hoe Ilse haar trauma probeer verwerk.
• Dit hou ook verband met Ilse en Elzette se buitestanderskap, omdat albei anders
voel en nie gemaklik by die groep inpas nie.
Liggaam
Paragraaf 1: Die nagmerrie en Danie se dood
• Die eerste droomstruktuur verskyn as ’n nagmerrie.
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak
, 4
• Die kyker word aan die traumatiese gebeure rondom Danie se verdrinking
bekendgestel.
• Mercia se opname in die senuweekliniek is ook vir Ilse ’n pynlike ervaring.
• Hierdie droomagtige opening wys dat die verlede nog steeds Ilse se hede
beïnvloed.
• Danie se dood veroorsaak Ilse se
skuldgevoelens en vorm die kern van haar
innerlike konflik.
Paragraaf 2: Ilse se Japan as ontvlugting
• Om van Danie se dood en haar skuldgevoelens
weg te kom, skep Ilse haar eie “my Japan”.
• In hierdie droomwêreld is sy Amaja en het sy ’n ideale gesin.
• Marioka San is ’n rustige, tradisievaste vaderfiguur.
• Jun is ’n gehoorsame moederfiguur.
• Hierdie droomgesin kontrasteer met Ilse se werklike gebroke gesin.
• In haar droomwêreld het sy nie ’n broer nie, en daarom bestaan die pynlike
verlede nie.
• Haar fassinasie met Japan maak haar egter ook ’n buitestander, omdat die
ander leerders haar nie verstaan nie.
Paragraaf 3: Buitestanderskap by Ilse en Elzette
• Ilse se droom om in Japan te gaan skoolhou, maak haar anders as die ander
leerders.
• Sy onttrek haar van die groep en word nie as deel van hulle beskou nie.
• Elzette is ook ’n buitestander omdat sy anders lyk, anders optree en nie by die
groep se norme inpas nie.
• Die ander leerders verstaan nie haar pyn nie en stoot haar eenkant.
• Haar opname in Grootvlei maak haar nog meer geïsoleerd.
• Ilse en Elzette se buitestanderskap wys hoe jongmense wat anders is, maklik
uitgesluit word.
Paragraaf 4: Japannese mites en droombeelde
• In Ilse se droomwêreld sien sy Mercia as Futakuchi-onna, die vrou met twee
monde.
• Dit wys hoe negatief Ilse haar ma ervaar: as iemand wat te veel praat en haar
nie kans gee om haar eie stem te hê nie.
• Die verhaal van Okiku en Tessan vorm ook deel van die droomstruktuur.
• Okiku se dood loop parallel met Danie se verdrinking.
• Tessan se emosionele gebrokenheid word met Mercia se ineenstorting verbind.
• Só gebruik die drama Japannese mites om werklike trauma simbolies uit te
beeld.
© 2026 Juffrou Ansie Study Notes. Alle regte voorbehou. Hierdie materiaal mag nie sonder skriftelike toestemming gereproduseer of versprei word nie. Kontak