AFK1506 ASSIGNMENT 3 2026
DUE 12 AUGUST 2026
AFDELING A: LEEREENHEID 4 EN JEUGVERHALE
Vraag 1
Verduidelik kortliks in jou eie woorde waarom lees so belangrik is vir kinders.
Omdat dit hul kognitiewe, emosionele en sosiale ontwikkeling bevorder (Studiegids,
LE4, bl. 78). Deur lees word kinders se vermoë om kennis op te doen, moeilike
begrippe te verstaan en inligting te verwerk ontwikkel. Lees stimuleer ook kinders se
verbeelding, brei hul woordeskat uit, en help hulle om die wêreld om hulle beter te
verstaan. Kinders wat gereeld lees, ontwikkel beter taalvaardighede en kritiese
denkvermoëns wat noodsaaklik is vir akademiese sukses. Verder skep lees
geleenthede vir kinders om met verskillende perspektiewe, kulture en ervarings kennis
te maak, wat hul empatie en begrip vir ander bevorder. 'n Kind wat nie lees nie, sal
waarskynlik op skool sukkel, aangesien lees die fundamentele vaardigheid vir alle leer
is (Studiegids, LE4, bl. 78).
Vraag 2
Watter vier wenke gee Le Cordeur (2012:137) vir onderwysers om 'n liefde vir lees
by leerders te kweek?
Skep 'n leesvriendelike omgewing - Maak klaskamers aantreklik met boeke en
leesmateriaal wat toeganklik is vir leerders.
, Lees self voor - Onderwysers moet self 'n passie vir lees toon en gereeld vir hul
leerders voorlees, wat as 'n positiewe voorbeeld dien.
Gee leerders keuse - Laat leerders toe om hul eie leesmateriaal te kies wat by hul
belangstellings en leesvlakke pas.
Skep tyd vir lees - Wy daagliks spesifieke tyd in die skoolrooster af vir stille lees
sodat lees 'n gewoonte word.
Volgens Le Cordeur (2012:139) is daar eintlik net twee dinge wat leerders motiveer om
vir genot te lees: 'n entoesiastiese onderwyser en goeie boeke. Dit beklemtoon die
belangrike rol wat onderwysers in die ontwikkeling van 'n leeskultuur speel.
Vraag 3
Watter twee aspekte van die bedoelde leser (teikengehoor) moet skrywers van
kinder- en jeugliteratuur altyd in gedagte hou?
(Studiegids, LE4, bl. 89-90):
Die kognitiewe ontwikkeling van die teikengehoor, hul denkvermoë en verstandelike
kapasiteit - die woordeskat en kompleksiteit van die storie moet by die kind se
ontwikkelingsvlak pas.
Die emosionele ontwikkeling van die teikengehoor, hul gevoelswêreld en
lewenservaring - die temas, karakters en gebeure moet herkenbaar wees vir die kind
binne sy beperkte belewenisveld.
, Stander en Coetser (2012:278) beklemtoon dat die ouderdom en ontwikkelingsvlak van
die bedoelde lesers sekere eise aan die skrywer stel, sodat die storie die jong leser kan
prikkel en uitdaag sonder om hulle te vervreem.
Vraag 4
Watter wanpersepsie oor rillers en grillers word algemeen by volwassenes
aangetref?
Rillers en grillers te skrikwekkend of skadelik vir kinders is en dat hierdie verhale
kinders slegs bang maak sonder enige opvoedkundige waarde (Studiegids, LE4, bl.
100). Volwassenes dink dikwels dat sulke stories die jong leser emosioneel kan skaad
of nagmerries kan veroorsaak.
Navorsers het egter bevind dat kinders oor die algemeen daagliks baie meer vrees
ervaar as wat volwassenes dink, en dat die ontkenning van kinders se vrese eintlik
daartoe lei dat die kind se vrese vererger (Nicholson & Pearson, 2003:15).
Bangmaakstories soos rillers en grillers kan kinders en jeugdiges help om hulle vrese te
verwerk en te oorkom (Studiegids, LE4, bl. 101).