Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4.6 TrustPilot
logo-home
Document preview thumbnail
Preview 4 out of 89 pages
Class notes

Droomdelwers werkboek

Document preview thumbnail
Preview 4 out of 89 pages

Afrikaans droomdelwers nota boek en klas aktiwiteite, al wat jy gaan nodig hê om die boek te ken.

Content preview

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020
DROOMDELWERS deur Esta Steyn
WERKBOEK
Bronne:
1. Steyn, E. 2015. Droomdelwers – Skooluitgawe – Graad 11 HT-
Roman. Bedfordview: SA Heritage Publishers.
2. Hugo, S. 2015. Letterkunde Studiegids – Droomdelwers.
Johannesburg: Pearson SA.




INLEIDING TOT DIE ROMAN
1. Esta Steyn, bekend vir Weskus-verhale soos die TV-reeks Meeulanders en die roman Kinders van
die Sabbatsee, se Droomdelwers speel af in twee wisselwerkende klein Weskus-gemeenskappe:
Soutmansdal (die wit gemeenskap) en Vlaktevlei (die bruin gemeenskap). Dit word redelik idillies
uitgebeeld: wit huisies teen die see, min winkels, straatjies waarin kinders speel, mense wat op die
strand gaan stap, visvang, klipvissies in poele soek, op rotse sit en droom. Daar is armoede, maar
mense help mekaar.
2. In elke Paradys is daar egter ’n slang, en hier is meer as een.
3. Die verteller/kommentator van die verhaal is ene Kêppies Killian, wat in Weskus-streekstaal praat
en kort-kort vir ons die agtergrond van die gebeure uitspel. Dit is duidelik dat die skrywer vertroud
is met hoe die mense van haar kontrei hulle kleurryk uitdruk. Mense kry byname of liefdesnaampies:
Kêppies se regte naam is byvoorbeeld Kirstoof Jakobus Killian, Leendra word dikwels Leentjies
genoem, en Cecile heet meesal Sielie.
4. Kêppies voel genoop om die storie “soesie see self” te vertel, al is dit moeilik om vas te vat en te
orden, maar “dit skrou om gevertel te word” (5). Hy is die boesemvriend van Koster, wat vir die kerk
en vir Miss Sweetie Bonthuys (vrou van oom Bontie en ma van Boeta) van die winkel werk. Kêppies
is ook die pa van goeie pastoor Gerald.
5. Dié gemeenskappe leef van die see en die soutpanne. Daar is egter ook ontginbare graniet, en dit
is wat doktor Samuel van der Sandt, die aantreklike geoloog, na Soutmansdal en liefdesintrige
bring. Hier ontmoet hy Leendra van Hellberg, ’n groenoog rooikop wat hy Juffrou Van Helleveeg
doop. Sy is iemand met ’n tragiese verlede en veral hoogs ontvlambare humeur wat – natuurlik –
as ’n “rissiepit” bekend staan. Wanneer Samuel sy kamp opslaan in die Kleinkloof waar haar ouers
voorheen gewoon het, skroom sy nie om hom te probeer verwilder nie. Die leser moet weet hierdie
liefdespaadjie gaan kronkel.
6. Leendra is pas na sewe jaar in die Silwerkruis-gevangenis in die Vrystaat vrygelaat. Sy het haar
minnaar, Ferdinand, doodgeskiet toe sy nog in die Redelinghuyse se spoghotel gewerk het.
Vreemde, bykans onoortuigende omstandighede word hier voorgestel. Ferdinand die juweelsmous
en Gilbert Redelinghuys, eienaar van die hotel, pierewaaier en een van die skurke in die verhaal,
was albei op haar verlief. Leendra word as slagoffer uitgebeeld, die een wat onverdiende skuld
moet dra. Die onregverdigheid van haar gevangenisstraf word onderstreep. Hier en daar praat sy
van haar wroegings in sel 1288.
7. Die Redelinghuyse se bose plan is om die mense van die nederige (dog gelukkige) gemeenskap
van Vlaktevlei te ontwortel en na Dwarsmansdal te laat verskuif. Gilbert en sy ma Minette wil die
“lokasie” verwyder van grond wat aan hulle behoort om daar The West Coast Holiday Resort te
vestig. (“Hulle het nou lank genoeg so ’n prime spot by die see opgefok met hulle krotte” – 27). Dit
veroorsaak konflik en opstand in dié geweste.
8. Gilbert se suster Patricia (Patty) is ’n cliché-karakter: die mooi, bedorwe, wulpse kind van
kleindorpse elite, wat haar flikkers vir Samuel gooi.
9. Leendra is gedrewe om die waarheid omtrent die gebeure van die dag waarop sy Ferdinand
geskiet het, uit te vind, anders sal sy nooit werklik vry wees nie. Daar is vele geheime om uit te


1

, SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020
pluis. Op die dag wat Leendra vir Ferdinand geskiet het, is haar pa, Hennerik Rooihel (soos Kêppies
na hom verwys), en haar ma boonop in ’n verdagte ontploffing by hulle steengroef dood.
10. Wat en wie het Sielie, Leendra se sussie wat hakkelend vasgesteek het in die verlede, daar by die
steengroef gesien wat haar geestelik vertraag of geknak het? Siela speel steeds met poppe en
haar gesprekke met dié poppe is ’n middel waardeur geheime maklik ontrafel kan word. Dié
karakter is duidelik ook bedoel om trane te trek en om mense wat hulle oor haar ontferm, in ’n goeie
lig te stel.
11. Oom Phil van Tonder en sy vrou Lucia ontferm hulle oor Leendra
en Sielie, aangesien hulle pa glo bankrot gesterf het nadat die
steengroef al sy geld “opgevreet het”. Phil en oom Bontie ontgin
sout en Leendra kan in die soutmyn se kantoor gaan werk. Van
die begin af word gesuggereer dat iets hier nie pluis is nie.
12. Pastoor Gerald word as vroom en mensliewend voorgestel. Sy
vrou Jamaina, hoof van die laerskool, soek meer verhewe
weiveld as Vlaktevlei terwyl hy sy tweestryde voer. Die huwelik
is gelukkig, maar hy word aan ernstige versoeking blootgestel
wanneer hy op die engelagtige inkommer, Rebekka Cupido,
verlief raak.
13. ’n Karakter wat veronderstel is om vermaaklik te wees, is Mara,
Lucia se sewentigjarige ma, wat gewoonlik “opgetooi (is) soos ’n
eertydse aktrise” (16). Haar verspotte kleredrag word telkens
beskryf, asook haar skinderneigings. Oordrewe, maar daar sal mense wees wat haar geniet.
14. Nog ’n karakter wat amper te goed is om waar te wees, is Minette Redelinghuys se suster, die
kunstenares Gretel Grossman. Gretel protesteer ook teen die gedwonge verskuiwing. Sy groet
mense met “Guten Tag” en woon in haar huisie cum ateljee Der Schutz (Die skuiling).
Onpretensieus, bevriend met almal, veral die onderdruktes en minderbevoorregtes, en natuurlik
ook met Leendra.
15. ’n Sjarmante en ryk “Italjaner”, Mario, duik ook op as Samuel se vennoot. Wat het dié man by
Leendra se pa net voor sy dood gaan soek?
16. Die “groot branner” van die wegraping van Vlaktevlei bou al meer op om die gemeenskap met
mense, skool, kerk en al uit te wis, en dit hou mens aan die lees.
17. Verskeie karakters uit die twee gemeenskappe, plus die inkommers, fokaliseer. Daar is moorde,
dreigende onteiening en ontwrigting, die skelmstreke van vele. Geloof en versoeking, die krag om
op te staan na die val, is temas in die roman. Meer as een liefdesverhaal is ingeweef.
18. Dit is ’n kontreiverhaal wat maklik lees. Al weet die leser dat die goeie karakters gaan triomfeer en
die skurke sal boet vir hulle dade, hou die spanningslyn jou aan die raai en wonder, tot aan die
einde. Dan word die laaste geheime uiteindelik oopgevlek

[VERKRY VANAF: https://www.litnet.co.za/droomdelwers-n-kontreiverhaal-wat-maklik-lees/]



Indien die werkboek verwys na DIE STUDIEGIDS verwys dit na die volgende:
Hugo, S. 2015. Letterkunde Studiegids – Droomdelwers. Johannesburg: Pearson SA (AFGEROLDE NOTAS)
Indien die werkboek verwys na DIE ROMAN verwys dit na die volgende:
Steyn, E. 2015. Droomdelwers – Skooluitgawe – Graad 11 HT- Roman. Bedfordview: SA Heritage Publishers.
(JOU LEESBOEK)




2

, SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020
INLEIDENDE INLIGTING

WAT MOET EK WEET VOOR EK DIE VERHAAL BEGIN LEES?
• Die verhaal is aktueel en na aan die waarheid.
• OPSOMMING VAN DIE VERHAAL: Die mense van Vlaktevlei wat ontruim moet word omdat
daar ‘n nuwe vakansieoord beplan word. Die ryk Redelinghuyse besit die grond waarop
Vlaktevlei ontstaan het. In die verlede is Vlaktevlei aan die munisipaliteit verhuur en na 99
jaar sou die huurpag verval. Nou eis die Redelinghuyse dat die bruin gemeenskap wat daar
woon, moet verskuif word, sodat hulle ‘n luukse vakansieoord daar kan bou.
• Droomdelwers, DIE BOEK, is ‘n roman. Dit word beskou as ‘n KONTREIVERHAAL,
SPANNINGSVERHAAL en LIEFDESVERHAAL.

STRUKTUUR VAN DIE ROMAN




[UITREKSEL UIT STUDIEGIDS VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]




3

, SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020




4

Document information

Schooljaar
200
Uploaded on
August 10, 2026
Number of pages
89
Written in
2026/2027
Type
Class notes
Professor(s)
Beandrie
Contains
All classes
$8.88

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Sold
0
Followers
0
Items
3
Last sold
-



Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions