Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4.6 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Volledige droomdelwers studiegids

Rating
-
Sold
-
Pages
44
Uploaded on
14-07-2026
Written in
2025/2026

Graad 11 Droomdelwers studiegids. Hierdie dokument bevat alles wat jy nodig het om jou toets of eksamen met hoë punte te slaag! Dit bevat die volgende: Agtergrond Temas en subtemas Ruimte?Milieu Struktuur en bou van die roman Tyd en vertellers Motiewe Simboliek Al die karakters volledig beskryf Konflik wat voorkom Spanning wat voorkom Wenke vir n goeie litirêre opstel 12 Opsteltemas Al 13 hoofstukke opgesom en verduidelik Langvrae met antwoorde

Show more Read less
Institution
Course

Content preview

Droomdelwers — Studiegids




DROOMDELWERS

deur Esta Steyn




Bladsy 1

, Droomdelwers — Studiegids


1. SOUTMANSLAND — TEMALIED

Lize Beekman

“ Mens sou dink die see is vol genoeg en die wêreld oud en die mense moeg want die haan het gekraai –
ons het mekaar verraai so skraap die sout weer op ‘n hoop want die winde gaan draai.

“ En ons die doen wat ons moet doen dit kan nie anders nie – dis hoe ons met die tyd versoen ons doen
wat ons moet doen akkers skraap en sout van die aarde raak.

“ ‘n Enk’le dag kan by ‘n leeftyd gaan draai en die rugsak laai wat ons saam met ons dra op die soutpan
se ooptes kan ons ook verdwaal ma’ hou die vrees verby, want die waarheid maak vry.

“ En ons die doen wat ons moet doen dit kan nie anders nie – dis hoe ons met die tyd versoen ons doen
wat ons moet doen akkers skraap en sout van die aarde raak.



2. AGTERGROND

Droomdelwers is oorspronklik in 1996 as Soutmansland geskryf — ’n televisiereeks vir die SAUK. Esta Steyn
het die roman later hersien en die titel na Droomdelwers verander.

DIE SKRYFSTER: ESTA STEYN

• Gebore in 1945.
• Matrikuleer aan die Hoërskool Worcester.
• Trou in 1969 met ’n apteker; hulle woon in Saldanhabaai.
• Het drie seuns (twee is reeds oorlede).
• Is ’n gesoute Weskusser met intieme kennis van die mense van die streek.
• Het talle Weskusstories, romans, toneelstukke en TV-reekse geskryf, o.a. Kinders van die Sabbatsee
en Meeulanders.



3. TEMA / SUBTEMAS

TEMA: WAT BEHANDEL DIE SKRYWER IN DIE VERHAAL? WAT IS DIE KERNIDEE?

• Die verwoestende invloed wat hebsug en geldgierigheid op ’n gemeenskap het.
• Medemenslikheid is belangriker as die gejaag na rykdom.
• Elke mens moet bly streef na hul drome, geluk en vryheid.




Bladsy 2

, Droomdelwers — Studiegids


SUBTEMAS: DIT ONDERSTEUN DIE HOOFTEMA (AKRONIEM VVVVV / WGOOG)

• Verlies
• Versoening
• Versoeking
• Vergifnis
• Vryheid vs. gevangenskap
• Waarheid vs. leuens
• Geheime
• Ontploffings
• Ontvlugting
• Hebsug
• Ontwikkeling vs. erfenis
• Geldgierigheid
• Grondonteiening (Weskus — Paternoster & Distrik Ses)

AANHALINGS WAT DIE SUBTEMAS ONDERSTEUN
“ Ek weet nie of ek regtig vry is nie,” sê sy na ’n rukkie. “’n Mens is net vry as jy kan vergewe. Ek kan nie.

“ En jy en jou ma het my lewe opgeneuk!

“ Die verlede is vir Sielie ’n donker kol.

“ Die ontploffing het haar lewe uitmekaar uit geruk.

“ Die skuiling,” sê Gretel sag. “En dit is … wat dit vir my is.

4. RUIMTE / MILIEU

Die verhaalruimte is die plek, tyd en atmosfeer waarteen die gebeure afspeel.

DIE WESKUS

“…waar die tyd gestrand het…” Die Weskus is aards, eenvoudig en ongerep.

VELDDRIF

Die Weskussers praat van “Velleruf” — kenmerkend met ’n bry-r. Die skryfster het haar eie Weskus-
leefwêreld in die roman vergestalt:

• Die Cerebos-soutmyn speel ’n groot rol, aangesien sout in die gebied uit die soutpanne ontgin word.
• Die intertekstualiteit van die Bybel word deurlopend ingeweef: “Julle is die sout van die aarde…” /
“Die Here God moet ons almal weer ware soutmense maak.”
• Steengroewe en graniet word by St. Helenabaai ontgin.



Bladsy 3

, Droomdelwers — Studiegids


• Navorsing bewys dat mense reeds in die Middelsteentydperk (30 000–125 000 jaar gelede) hier
teenwoordig was. Die Khoi-San se rotstekeninge in nabye grotte en skulphope kan vandag nog
besigtig word.

SOUTMANSDAL (WIT GEMEENSKAP)

• Fiktief — die plek bestaan nie werklik nie; die skryfster het ’n verbeelde dorpie geskep.
• “Sout van die aarde” en soutmynontginning kom deurentyd in die roman voor.
• ’n Klein dorpie aan die Weskus, tussen die grootpad en die see.
• Eenvoudig, met stofstrate, ’n poskantoor, slaghuis, Algemene Handelaar, ’n banktak en Miss Sweetie
se kafee.
• Buite Soutmansdal lê die Redelinghuyse se grondgebied.
• Teen die koppe is die Redelinghuyse se Soutmanshotel (The Cove Hotel).
• Toeriste kom kyk na die see, klippe, bokkoms, soutpanne en flaminke.
• Die Redelinghuyse besit die grond met die Kleinkloof agter die hotel, en ook die Agterkloof — een
kilometer verder, waar die waardevolle appelkooskleurige graniet ontgin sal word.

VLAKTEVLEI (BRUIN GEMEENSKAP)
“ Vlaktevlei het my geleer van eenvoud en omgee en eerlikheid.” (Gretel, p. 53)

• Die hart van Vlaktevlei is die meent (’n oop stuk grond), omring deur bloekombome, in die middel van
die lokasie.
• Daar is ’n kerkie en ’n skooltjie aan die oorkant.
• Vlaktevlei se mense leef van die see en die soutpanne, en leef nie “hoog” nie.
• Die Vlaktevleiers woon al 99 jaar op geleende grond wat aan die Redelinghuyse behoort.



DIE INVLOED VAN RUIMTE OP DIE KARAKTERS (POSITIEF OF NEGATIEF)

• Miss Sweetie se kafee: gemoedelikheid, huislikheid, vriendelikheid en opregtheid.
• Die Van Tonders se huis: aanvanklik vreemd vir Leendra, maar Lucia probeer ’n tuiste skep.
• Soutpankantoor: help Leendra om haar voete te vind; sy loop terug op haar pa se spore.
• See en rotse: ’n plek van ontvlugting, vryheid en rustigheid vir Leendra en ander karakters.
• Redelinghuyse se hotel: ’n plek van spanning en angs; vir Leendra herinneringe van die verlede.
• Vlaktevlei-gemeente: ’n skuiling vir Leendra — ’n plek van stilte en alleenwees.
• Die Kleinkloof: roep nare herinneringe van die verlede op — ’n plek van pyn vir Leendra.

5. TITEL

Die titel het ’n dubbelbetekenis.




Bladsy 4

Written for

Institution
Course
Schooljaar
103

Document information

Uploaded on
July 14, 2026
Number of pages
44
Written in
2025/2026
Type
SUMMARY

Subjects

$6.12
Get access to the full document:

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Get to know the seller
Seller avatar
examsummaries2026

Also available in package deal

Get to know the seller

Seller avatar
examsummaries2026
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
-
Member since
10 months
Number of followers
0
Documents
2
Last sold
-

0.0

0 reviews

5
0
4
0
3
0
2
0
1
0

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions