Ballade vir ’n enkeling is ’n Afrikaanse
verhaal deur Leon van Nierop. Dit het
drie vorme aangeneem deur ’n
gepubliseerde roman, ’n
televisiereeks (tussen 1987 en 1993
deur die SAUK uitgesaai) en ’n
rolprent (op 20 Maart 2015 uitgereik).
STORIELYN/OPSOMMING
Ballade vir ’n Enkeling handel oor die
joernalis, Carina Human wat op die spoor
van die enigmatiese skrywer Jacques
Reynard is. Jacques daag nie op om ’n
letterkundeprys wat aan hom toegeken is
te ontvang nie. Tussendeur word vertel van
Jacques se kinderjare, sy vriendskap met
Jan-Paul Otto en sy liefde vir Lena Aucamp.
DERDEGENRE
BALLADE VIR ‘N ENKELING
,