,MODULE 1.1 DIT GAAN ALLES OOR IKT (KWARTAAL 1)
1. Die rol van IKT in die werkplek
• IKT maak dit moontlik om oral te werk waar ’n rekenaar en internet beskikbaar is.
• Kommunikasie met werknemers en kliënte is meer akkuraat, vinniger en in verskeie formate.
• Help om advertensies en publisiteit te vermeerder → verhoog besigheidsomset.
• Kan groot hoeveelhede data stoor en verwerk → beter besluite.
• Identifiseer nuwe tendense (bv. verkope) en pas vinnig aan.
• Doen gevaarlike of moeilike take wat mense nie kan doen nie.
• Herhalende aksies kan konsekwent en betroubaar uitgevoer word (bv. fabriek).
• Klein maatskappye kan met groot maatskappye kompeteer.
Negatiewe impak:
• Vereis konstante opgradering van vaardighede, hardeware en sagteware.
• Kan werkloosheid veroorsaak (minder werkers nodig) a.g.v hoeveelheid werkers wat IKT vaardig is.
• Werknemers se privaat tyd en werktyd meng (bv. e-pos na-ure).
2. RTT as vak
• RTT leer jou om probleme met rekenaars op te los.
• Jy raak gewoond daaraan om nuwe programme vinnig te leer.
• Vaardighede is nuttig in studie, navorsing en enige beroep.
• Voorbeelde van beroepe wat IKT gebruik:
o Mode-, speletjie- en webontwerpers → grafikasagteware.
o Dokters → nuwe mediese toestelle.
o DJ’s/musikante → musiekverwerking.
o Besighede → sosiale media.
o Fotograwe/film → digitale verwerking.
o Boekhouers → sigblaaie.
3. Rekenaars en rekenaartoestelle
• Rekenaar werk volgens die inligtingsverwerkingsiklus: toevoer → verwerking → afvoer → stoor →
kommunikasie.
• Kragtigheid van ’n rekenaar = kombinasie van SVE (Sentrale Verwerkingseenheid) (in Engels bekend as
die CPU / Central Processing Unit), geheue, stoorspasie, grafika.
• Veeldoelig (Multipurpose): kan verskeie programme laai.
1
, • Toegewyde toestelle (Dedicated Device): doen net een taak [bv. OTM (Outomatiese Tellermasjiene) ,
GPS (Global Positioning System), huishoudelike toeselle soos ‘n mikrogolf].
4. Tipes rekenaars
Tafelrekenaars:
Tafelrekenaars (Desktop Computers) Alles-in-een (All-in-One)
- Bestaan uit aparte dele. - Die skerm en kas is een toestel.
- Het gewoonlik: - Die rekenaar se dele is agter in die skerm ingebou.
• Stelseleenheid/kas → bevat die: - Gebruik minder spasie.
o SVE (CPU) = “brein” van die rekenaar - Lyk netjieser.
o Geheue (RAM) = hou data tydelik - Het dikwels ‘n raakskerm.
o Hardeskyf/SSD = stoor data - Moeiliker om op te gradeer of reg te maak.
permanent
• Skerm
• Sleutelbord
• Muis
- Elke deel is apart gekoppel.
- Maklik om op te gradeer of
reg te maak.
- Neem meer spasie op.
Draagbare rekenaars:
Skootrekenaars (Laptops) Twee-in-een (convertibles)
• Werk op batterykrag. • Is ‘n kombinasie van ‘n skootrekenaar en
• Gebruik min elektrisiteit/krag. tablet.
• Het ‘n inklapbare skerm. • Die sleutelbord kan verwyder word.
• Het ‘n: • Kan soos ‘n:
o ingeboude sleutelbord o skootrekenaar gebruik word
o ingeboude raakblad/touchpad o of tablet gebruik word
• Maklik om rond te dra. • Het gewoonlik ‘n raakskerm.
• Kan by verskillende plekke gebruik word. • Baie draagbaar en buigsaam.
Tablette: Slimfone
• Gebruik hoofsaaklik ‘n raakskerm. • Kombineer baie toestelle in een:
• Is: o foon
o lig o kamera
o maklik om te dra o GPS
• Het: o internet
o WiFi o musiekspeler
o 3G/4G/5G internet • Dit word digitale konvergensie genoem.
• Het gewoonlik ‘n lang batterylewe.
• Word gebruik vir: Belangrike kenmerke
o internet • Gebruik meestal raakskerms.
o video’s • Het nie gewoonlik ‘n fisiese sleutelbord nie.
o speletjies • Het:
o notas o groot kleurskerms
o WiFi
o ingeboude sellulêre konnektiwiteit
o GPS
o luidsprekers
2
, o mikrofoon
o een of twee kameras
Bedryfstelsels
• Google Android
• iOS (Apple iPhone/iPad)
Duurder slimfone het gewoonlik:
• beter kameras
• beter foto- en videoverwerking
• meer geheue (RAM)
• meer stoorspasie
Belangrik:
• Duurder slimfone het nie altyd vinniger
verwerkers nie.
5. Kragverbruik
• Bedryfstelsels het kragskemas:
o Slaapmodus (sleepmode) → vinnig wakker, hou RAM-inhoud.
o Hiberneer → stoor RAM op hardeskyf, skakel af.
o Skermhelderheid laer → spaar krag.
o Balans tussen prestasie en kragverbruik.
6. Drabare toestelle (Wearables)
• Voorbeelde: slimhorlosies, fiksheidsmonitors, slimringe, slimbrille.
• Funksies: monitor polsslag, slaap, aktiwiteit, gesondheid.
• Wenke:
o Moenie obsessief jou toestel nagaan nie.
o Respekteer privaatheid (foto’s/klank).
o Moenie in openbare plekke hardop met KI-assistent praat nie.
o Moenie obsessief raak en jou gesondheidstatus heeltyd nagaan nie.
7. Bedieners (Server)
• Bediener = kragtige rekenaar wat dienste aan ander rekenaars (kliënte) verskaf.
• Voorbeelde: webbediener, databasisbediener, drukkerbediener.
• Bedieners moet kragtiger as kliente wees.
8. Superrekenaars
• Baie duur, besit deur regerings, universiteite, groot maatskappye.
• Meeste van die wêreld se superrekenaars is in die VSA en China
• Gebruik vir:
3