, INHOUDSOPGAWE
27 APRIL 1994 ....................................................................................................................................................... 3
BRIEFIE AAN MADIBA ............................................................................................................................................ 8
DIE BOKSER ....................................................................................................................................................... 13
DIENAAR VAN DIE NAGEREG ............................................................................................................................... 20
ELEGIE VIR MY TOEKOMSTIGE VROU ................................................................................................................... 24
MAALTYD ........................................................................................................................................................... 30
OP SY BRANDERPANK ........................................................................................................................................ 34
PATERNOSTER VIR SUID-AFRIKA ......................................................................................................................... 38
SUIWER WISKUNDE ........................................................................................................................................... 44
SUSAN BOYLE .................................................................................................................................................... 47
TSUNAMI ........................................................................................................................................................... 50
VROUE VAN VERMEER ........................................................................................................................................ 53
Afrikaans Gedigte– Robin Naude 2
, 27 APRIL 1994
TITEL
• Dui op belangrike gebeurtenis in SA – eerste algemene demokratiese verkiesing in SA. Vreugde en
menswaardigheid is daardie dag aan miljoene gegee
TIPE GEDIG
• Versvorm pas by tema van gedig – vrye vers en vryheid – die “skanse”/grense het geval en mense kon
word wie en wat hul eintlik is.
• Geen leestekens, min hoofletters en geen rympatroon
RYMPATROON
• Geen rym, maar let op na laaste twee reëls – klimaks van gedig
• Dui op mens, vanaf skepping tot nou
ENJAMBEMENTE
• Vloeiendheid van gedig en dui ook beweging aan
• Verandering en verbetering
• Dui vryheid van spreker aan
TEMA
• Ware vryheid en versoening tussen mense
o Impak van eerste demokratiese verkiesing op die mense van SA
BOODSKAP
• Ten spyte van ras verskille, is ons deel van mekaar en kan ons mekaar op gelyke voet ontmoet
TOON STEMMING
Blymoedig en opgewonde Skep gevoel van blymoedigheid, afwagting en hoop
STROFE 1
1. uiteindelik vou ek die verlede toe
• “uiteindelik”:
o voorplasing
o impliseer dat spreker lank al wag vir die oomblik (stemming vir ander kleurriges)
• “vou”: met toevou van stembrief word die verlede en Apartheid afgesluit – simbolies
• “verlede”: sinekdogee - verwys na SA se Apartheidsjare/ geskiedenis
Afrikaans Gedigte– Robin Naude 3
, 2. knyp sy vlerke tussen duim en vinger vas
o “vlerke”: weerspieël vryheid; brief waarop skryf
o Sinistesie
o Metafoor: die stembrief word direk gelyk gestel aan ‘n duif wat ‘n simbool van vrede is
o r.1-2: v-alliterasie hef uit die idee van vrede klankmating uit
3. tot hy veilig deur ‘n gleuf in die geskiedenis glip
o “gleuf”: tydperk in SA se geskiedenis (oorgang van Apartheid na demokratiese regering)
o G-alliterasie: beklemtoon ‘n verlede van wrywing/konflik
o Sonder moeite, verlede is verby
4. en anderkant
o “anderkant”: stembrief neem spreker na beter toekoms
o Kort versreels beklemtoon dat onderdruktes nou aan die anderkant van apartheid staan
o Enjambement regdeur gedig: heg gedig; versnel tempo; dui op vryheid.
▪ In strofe 1 dui dit aan hoe stembrief deur gleuf glip en vryheid bring
5. wonderbaarlik
o Alleenplasing beklemtoon die ongelooflike emosie en blydskap – om vry van Apartheid te wees
6. vry
o Alleenplasing beklemtoon dat vryheid vir die spreker belangrik is/beklemtoon die prestasie +
7. die duif van vrede sy blou vlerke sprei
o “blou”:
▪ kleur van vrede, vryheid en vertroue (simbolies)
▪ kleur van belangrikheid; spreker voel hy word waardig/ kan stem/ mening lig. Ras en kleur bepaal
nie meer sy geluk nie
o Dui op eenwording van ALMAL in die land
o Interteks van Bybel: Heilige Gees op ons uitgestort nes duif op ons neerdaal
o v-alliterasie: beklemtoon strewe na vrede en goedhartigheid ander alle mense/ beklemtoon vryheid wat
stemreg bring
o Metafoor: stembrief vlieg soos ‘n voël op pad na vryheid
o r.6-7 : paarrym beklemtoon verstomming oor en voortduur van vryheid
STROFE 2
Vir die eerste keer het hy n sê – hy mag ook nou stem
8. sodat my nuutgebore stem na woorde smag
o “nuutgebore”: vir die eerste keer het hy n sê – hy mag ook nou stem
o “smag”: begeer/vurig verlang/baie graag wil hê
o “stem”:
▪ Letterlik - mening te gee of volkslied(?)
▪ Figuurlik - spreker se reg om vir die eerste keer gehoor te word sonder diskriminasie
o “sodat”: dui op gevolg – wat bereik is deur stembrief te pos
Afrikaans Gedigte– Robin Naude 4