LEWENSORIËNTERING
opsommings
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy,
share, or sell our content without permission.
, Ontwikkeling van die self in die samelewing
Stres
→ Dit is wat ons ervaar in situasies wat as moeiliik, uitdagend en soms vreesaanjaend ervaar word.
→ Dit is wanneer ons voel ons kan nie `n situasie hanteer nie.
Goeie stres
→ Stres wat jou gereed maak vir aksie.
→ Dit gee jou adrenalien en energie.
→ Dit is vir `n kort tyd en jy kan dalk swetende hande, droë mond of skoenlappers op jou maag ervaar.
Slegte stres
→ Indien stres meer is as wat jy kan hanteer, is dit ongesond.
→ Jy mag dalk siek, depressief of ongelukkig raak.
→ Jy is nie instaat om jou take te doen so goed as wat jy kan nie.
→ Jy sal byvoorbeeld hoofpyne kry en nie kan slaap nie.
STRESSOR
→ Dit is enige iets, `n gebeurtenis of `n persoon wat stres veroorsaak.
→ Dit is dinge/gebeurtenisse wat stres aktiveer.
Simptome van stres
Korttermyn effekte Langtermyn effekte
→ Vinnige asemhaling.
→ Vinnige hartklop. → Hoë bloeddruk.
→ Droë mond. → Hoofpyne.
→ Skoenlappers op jou maag. → Maagsere.
→ Sweterige hande. → Alergieë.
→ Nek spanning.
Tipe stressors
Fisies
Word veroorsaak deur fisiese beserings, seksuele misbruik ensovoorts (as gevolg van geweld).
Omgewing
Word veroorsaak deur faktore soos ekstreme weer of besoedeling.
Persoonlikheid
Sommige mense is meer geneig tot stres as ander.
Sosiaal
Word veroorsaak deur diegene rondom jou (as gevolg van groepsdruk).
Emosioneel
Word veroorsaak deur jou emosies (byvoorbeeld probleme in verhoudings).
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy, share, or sell our content without permission.
, Wat is belangrik om stres te hanteer/bestuur
→ Jou liggaam produseer kortosil en adrenalien (streshormone).
→ Kortisol is die hormoon wat geproduseer word tydens vrees en manifisteer in angstigheid.
→ Adrenalien is die hormoon wat jou liggaam voorberei om fisies te reageer op gevaar/bedreiging.
→ Indien jy nie stres kan hanteer nie, kan jou liggaam te veel van hierdie hormone produseer.
→ Die stres beskadig dan jou liggaam en verander in chroniese siektes soos hoë bloeddruk.
Faktore wat kan lei tot stres in die werksplek
→ Swak bestuur/swak veplanning deur bestuurders.
→ Vaardigheidstekort van ander werknemers.
→ Swak werksverhoudings tussen die bestuur en die werknemers.
→ Swak werksverhoudings tussen werknemers.
→ Swak werksomgewing.
→ Werknemers wat nie in staat is om die werk te doen nie.
→ Jaloesie.
→ Autokrasie deur bestuur.
→ Take wat veeleisend is.
→ Slegte houding van seniors (geen ondersteuning).
→ Swak werkshulpbronne om werk na behore te doen.
→ Swak werksetiek by werknemers.
→ Tekort aan personeel.
→ Swak voordele.
→ Lae salarisse.
Hoe om stres te bestuur
→ Meditasie.
→ Oefening en `n gesonde dieet.
→ Vermy hoë kaffeϊen inname wat angstigheid en geirriteerdheid kan verhoog.
→ Moet nie onwettige dwelms, alkohol en tabak gebruik nie.
→ Leer ontspanningsoefeninge.
→ Ontwikkel beslistheids vaardighede.
→ Oefen situasies wat stres veroorsaak.
→ Leer praktiese en effektiewe bestuurs-/hanteringsvaardighede.
→ Verminder negatiewe praatjies oor jouself.
→ Moet nie altyd perfeksionisme verwag nie.
→ Nee `n breuk van stresvolle situasies.
→ Bou `n netwerk van vriende wat jou sal help om stres op `n positiewe manier te hanteer.
→ `n Stresjoernaal sal jou help om gereelde stressore te identifiseer.
→ Analiseer jou stres.
→ Ken jou limiet en hou daarby.
→ Vermy diegene wat stres veroorsaak.
→ Neem beheer van jou omgewing.
→ Maak `n doen-lysie.
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy, share, or sell our content without permission.