Aktiwiteit 3.2
WOORD HOEVEELHEID LETTERGREPE HOEVEELHEID MORFEME
LETTERGREPE MORFEME
Beplanning 3 be-plan-ning 3 be- + plan + -ing
verbetering 4 ver-be-te-ring 3 ver- + beter + -ing
onbegaanbaar 4 on-be-gaan-baar 4 on+be+gaan+baar
kameras 3 ka-me-ras 2 kamera + s
tafels 2 ta-fels 2 tafel + s
hande 2 han-de 2 hand + e
Aktiwiteit 3.4
SIMPLEKS KOMPLEKS
luiperd boekrak
perske telefoonnommer
nagmerrie agterdeur
vakansie brilraam
herinner skoene
waterbottelprop
werker
hereksamen
rekenaar
* “rekenaar” kan opgedeel word in “reken” en
“-aar”. Dit is hoekom mens ook woorde soos
“rekenmeester” en “bereken” kan vorm. Soos jy
kan sien is die woord “rekenaarskerm” op p. 41
meer kompleks as wat jy aanvanklik gedink het.
Hierdie addisionele “deeltjie” (die “-aar”) word op
p. 44 in meer detail bespreek.
Aktiwiteit 3.6
Woord Prefiks Suffiks Ambifiks Vrye Afhanklike Gereduseerde
stam(me) stam(me) stam(me)
Gebergte ge...te berg
Bemanning be- -ing man
Boekrak boek + rak
Bosagtig -agtig bos
, Tafelpoot tafel +
poot
Vibreer vibr- (+ -eer)
Rekenaarskerm -aar reken +
skerm
Skools -s skool
Slaapkamers -s slaap +
kamer
Agterdeurslot agter +
deur + slot
Herontdekking her- -ing ontdek
Admingebou gebou admin
Gemotiveerd ge...d motiveer
LET WEL:
Wanneer woorde met afhanklike stamme opgebreek word, is die gedeelte wat oorbly nie
noodwendig ’n affiks nie. As ons die afhanklike stam elektr- (soos op p. 183 van die handbook)
as voorbeeld gebruik, is dit duidelik dat die gedeeltes wat oorbly (-ies, -on en -isiteit) nie by die
kategorieë van die tabel ingedeel kan word nie.
Aktiwiteit 3.7
Affiks Semantiese waarde
herskryf, hersien “iets weer / opnuut doen”
kinderagtig, bosagtig “soos”/ “soos ’n”
ondoeltreffend, onafhanklik “nie” / “wat nie...is nie”
bankrotskap, beterskap “toestand van...wees”
besproet, bespikkel “met...”
werker, bakker “iemand wat...”
eiendom, heiligdom “plek wat/waar...is/plek
wat/waar...word”
Aktiwiteit 3.8
AFLEIDING FLEKSIE
moegheid honde
beperking lelikste
ondankbaar interessanter
skynheiligheid babatjie