Skool notas
, WOORDPROBLEME
BAIE BELANGRIK: LEES MOOI EN ONDERSTREEP
BELANGRIKE WOORDE EN GETALLE!
♫Voorbeeld
Karel het 12 blou balle, 10 rooi balle en 8 groen balle.
Hoeveel het hy altesaam?
12 + 10 + 8 = 30 balle (onthou om te skryf waarin is jou
antwoord, bv. Balle)
, FINANSIES
FINASIËLE DOKUMENTE Kasregisterstrokie
Voorbeeld
1. By watter Pick n pay is die aankope gedoen?
Queensburg
2. Wie was die kassier?
Nolulama Nophakela
3. Hoe is daar vir die goedere betaal?
Met ‘n kredietkaart (Mastercard)
4. Wat was die totale bedrag van goedere wat gekoop is?
R 754.73
5. Hoeveel afslag is gegee vir die Smart shopper?
R 50
Beginsaldo Bedrag aan die BEGIN
Eindsaldo Bedrag aan die EINDE
Bedrag Wat skuld ek?
, verskuldig
Debiet Afkorting DT. Wat skuld die kliënt jou?
Debietsaldo Die geld wat nog op die rekening geskuld word.
Krediet Afkorting KT. Die bedrag wat die kliënt betaal.
Kredietsaldo Die geld wat te veel op die rekening betaal is.
Betaaldatum Wanneer moet die rekening betaal wees?
Eenheidsprys Prys vir 1 item.
Loon Betaling vir werk gebaseer op die tyd geneem.
Bv. uurlikse loon, weeklikse loon, oortydwerk...
Salaris ‘n Vaste bedrag wat elke maand betaal word en
nie gebaseer is op hoeveel ure die persoon
gewerk het nie.
Bruto Inkomste VOOR aftrekkings
inkomste
Netto Netto inkomste
inkomste = bruto inkomste – aftrekkings
Salaris LBS (Lopende betaalstelsel)
aftrekkings WVF (Werkloosheidsversekeringsfonds)
Mediesefondsbydraes Pensioenfondsbydraes
WVF Werkloosheidsversekeringsfonds Werknemer
betaal 1% en werkgewer betaal 1% van bruto
maandelikse inkomste.
Reis toelaag n Toelaag om namens die maatskappy te reis.
Sluit in vaste koste, brandstof,
onderhoudskoste
Lenings ‘n Ooreenkoms tussen twee mense wanneer
ooreenkoms geld uitgeleen word. Sluit inligting in soos
leningstydperk, rentekoerse, paaiemente.
Rente Die fooi wat die lener betaal om die geld te
leen.
Maandelikse Die bedrag wat maandeliks terugbetaal word.
terugbetaling