Langvrae Studiegids
Graad 11
Droomdelwers Langvrae Studiegids
Vraestel 2
© 2026 Knap Opsommings. Alle regte voorbehou.
Hierdie studiemateriaal en opsommings is die intellektuele eiendom van Knap Opsommings. Die inhoud is slegs bedoel vir individuele, opvoedkundige gebruik. Geen gedeelte van hierdie
dokument mag gereproduseer, versprei, verkoop of elektronies aangestuur word sonder uitdruklike skriftelike toestemming nie.
, Inligting:
Hierdie studiegids is opgestel met die idee om as ‘n hulpmiddel vir Graad
11, Afrikaans Huistaal, letterkunde op te tree.
Leerders moet hierdie slegs as ‘n hulpmiddel benader en moenie probeer
om AL die moontlike vrae en antwoorde uit hul kop te leer nie.
Elke teks bevat voorbeelde van moontlike LANGVRAE en ANTWOORDE
wat uit verskeie bronne verkry is, insluitend vorige vraestelle en Nasionale
Senior Seritifikaat eksamenvraestelle.
Die vrae word voorgestel in voorbeeld vorm en word met kolpunte
beantwoord.
Leerders word herinner dat gedurende toetse en eksamens LANGVRAE in
‘n OPSTELFORMAAT beantwoord word en NIE met kolpunte (“bullet
points”) NIE.
Leerders moet self weet wat die kenmerke van ‘n literêre opstel is, en
moet hul eie gepaste inleiding en slot vir die vrae aanbied.
Die gids bevat die volgende:
Moontlike langvrae en antwoorde vir Droomdelwers (7 voorbeelde)
© 2026 Knap Opsommings. Alle regte voorbehou.
Hierdie studiemateriaal en opsommings is die intellektuele eiendom van Knap Opsommings. Die inhoud is slegs bedoel vir individuele, opvoedkundige gebruik. Geen gedeelte van hierdie dokument mag gereproduseer, versprei,
verkoop of elektronies aangestuur word sonder uitdruklike skriftelike toestemming nie.
, Wenke vir die literêre
opstel
SKRYF IN DIE TEENWOORDIGE TYD:
Voorbeeld: “Anoeshcke von Meck se roman Vaselinetjie speel af teen die agtergrond van …” of “Hanna
se verhouding met haar pa, Gavin, verbeter op die berg wanneer…” . Die leser word sodoende by die
boek en jou ontleding betrek.
HOU JOUSELF UIT DIE ONTLEDING.
Alhoewel jy jou opinie moet gee, moet die opstel nie om jou draai nie. Dus nié: “Ek dink die dialoog
is oortuigend, want volgens my is...” nié.
Jy moet die leser van jou punt kan oortuig, maar minimaal na jouself verwys. Anders het hy/sy te
veel ruimte om van jou te verskil.
MOENIE BLOOT DIE MENING VAN ’N KRITIKUS HERHAAL NIE.
Die literêre opstel gee jou kans om standpunt te formuleer. Sorg net dat jy dit met aanhalings uit die
teks kan bewys.
MOENIE DIE STORIE (INTRIGE) OORVERTEL NIE.
Die literêre opstel is ’n ontleding en verduideliking van jou mening. Jy moet wys dat jy ’n teks krities kan
lees en die nodige inligting kan onttrek om ’n spesifieke argument te versterk.
WEES SPESIFIEK IN JOU VERWYSINGS.
Verwysing na karakters, gebeure en besonderhede in die roman moet spesifiek wees. Wys dat jy die
detail van die roman ken en dat jy met ’n kritiese oog daarna kyk.
MOENIE VERALGEMEEN OF “GORREL” NIE.
Sorg dat jy die literêre begrippe kan raaksien en in jou opstel kan gebruik, bv. tema, ruimte,
vertelperspektief, dramatiese ironie, konflik, handelings...
DIE SKRYWER TEENOOR DIE VERTELLER.
Die skrywer is nie noodwendig die verteller (van die verhaal) of die spreker (in die gedig) nie. Marita
van der Vyver is die skrywer van Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, maar Hanna is die ek-
verteller deur wie se oë die gebeure gesien word.
BAIE BELANGRIK: GEBRUIK DIE PIV-FORMULE IN ELKE PARAGRAAF.
P - Watter punt maak jy?
I - Illustreer dit m.b.v. ’n aanhaling of bewys uit die teks.
V - Verduidelik jou punt verder.
© 2026 Knap Opsommings. Alle regte voorbehou.
Hierdie studiemateriaal en opsommings is die intellektuele eiendom van Knap Opsommings. Die inhoud is slegs bedoel vir individuele, opvoedkundige gebruik. Geen gedeelte van hierdie dokument mag gereproduseer, versprei,
verkoop of elektronies aangestuur word sonder uitdruklike skriftelike toestemming nie.