ro rs
D
Graad 11
Afrikaans Huistaal
Opsommings
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy,
share, or sell our content without permission.
, Agtergrond
Droomdelwers speel af in twee wisselwerkende klein Weskus gemeenskappe.
Soutmansdal (die wit gemeenskap) en Vlaktevlei (die bruin gemeenskap).
Dit word idillies uitgebeeld: wit huise teen die see, min winkels, strate waarin kinders speel,
mense wat op die strand stap, visvang en op die rotse sit en droom.
Daar is baie armoede.
Die verteller is Keppies Killian. Hy praat Weskus-streekstaal en voorsien agtergrond vir die
gebeure.
Keppies is die boesemvriend van Koster, wat vir die kerk en vir Miss Sweetie (vrou van Oom
Bontie en ma van Boeta) se winkel werk. Keppies is ook Pastoor Gerald se pa.
Die gemeenskap leef van die see en die soutpanne. Daar word graniet ontgin en
Samuel van der Sandt (geoloog) bring liefdesintrige na Soutmansdal.
Hy ontmoet vir Leendra van Hellberg, ‘n groenoog, rooikop wat hy as Juffrou van Helleveeg
doop.
Sy het ‘n tragiese verlede en ‘n hoogs vlambare humeur - daarom staan sy as ‘n rissiepit
bekend.
Wanneer Samuel sy kamp in die Kleinkloof opslaan, waar haar ouers voorheen gewoon het,
probeer sy hom verwilder.
Titel
Die “delwers”-gedeelte verwys letterlik (denotatief) na die delfproses om die nuwe graniete
kon vind.
Mario besluit om die nuwe graniet “Dream Dolorosa” te noem omdat dit ooreenkomte met
Leendra se voorkoms en geaardheid toon.
Die droombeeld in die romantitel word so dus beklemtoon.
Hierdie delwery het finansiële voordeel en voorspoed vir die gemeenskap ingehou.
Hierdie letterlike delwery het egter gelei na 'n figuurlike (konnotatiewe) delfproses waar die
karakters in hulself, mekaar, die verlede en hulle omstandighede in delf op soek na
onbeantwoorde vrae, geluk, vryheid en vrede.
Die droom ontstaan om bevry te word van 'n verlede waarin hulle vasgevang is en hulle
droom van 'n beter, gelukkiger toekoms.
Die milieu en omstandighede waarin die karakters hulle bevind, noop hulle dus om aan te
hou delf in die verlede sodatdie droom van 'n vreugdevoller toekoms 'n moontlikheid kan
word.
Die droom blyk bewaarheid te word, want Leendra en Samuel vind liefde en trou, die
Vlaktevleiers is nie aan onmoontlike omstandighede uitgelewer nie en die Redelinghuyse het
op 'n vredevolle manier 'n suksesvolle projek geloods.
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy,
share, or sell our content without permission.
, Struktuur van die roman
Motoriese moment
Leendra se aankoms op Soutmansdal na sewe jaar in die tronk
Intrige
Leendra se soeke na die waarheid oor haar ouers se dood.
Haar smagting na die vryheid wat vergifnis mag bring.
Subintriges in hierdie roman is die liefdesdriehoek van Leendra, Samuel en Patricia asook
Gerald, Jamaina en Rebekka.
Die Redelinghuyse se gierigheid.
Die misterie van Oubaas se verdwyning.
Sielie en Boeta se spesiale vriendskapsband.
Klimaks
Wanneer Sielie besef wie haar ouers vermoor het.
Ontknoping
Phil pleeg selmoord.
Gerald keer terug na sy gesin.
Die Vlaktevleiers kry nuwe huise en werksgeleenthede.
Die Redelinghuyse leer die Vlaktevleiers ken.
Patricia raak verloor aan Maurizio.
Gretel en Mario vind mekaar.
Tommie hou sy eerste kunsuitstalling.
Gilbert bieg oor sy vals getuienis.
Sielie oorkom haar spraakgebrek en vind liefde by Boeta.
Leendra word van haar verlede bevry.
Slot
Leendra en Samuel trou en die moontlikheid vir 'n vredevolle, gelukkige lewe bestaan
Verteller
'n Eerstepersoonsverteller (ek-verteller) is betrokke by die verhaal en is een van die karakters
Aan die begin van hierdie roman is Kêppies Killian die ek-verteller.
Hy vertel in die teenwoordige tyd en hy lewer ook kommentaar op wat gebeur.
Hierdie gedeeltes word deur die kursief van die res van die roman onderskei.
Die grootste deelte van die roman word in die derdepersoon vertel.
Die derdepersoonsvertelling kom voor in die gedeeltes in gewone druk.
Hierdie vertelling word in die teenwoordige tyd vertel, maar vanuit 'n agternaperspektief.
Die leser kyk dus deur Kêppies se oë na die gebeure.
Hy is ook die fokslisator in hierdie gedeeltes.
Die verteller, Kêppies, ken sy mense en die Weskus se taalgebruik.
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy,
share, or sell our content without permission.