LEWENSORIËNTERING
opsommings
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy,
share, or sell our content without permission.
, Kwartaal 1
Ontwikkeling van die self in die samelewing
Doelwitte
Doelwitte is dit wat ons in die lewe wil bereik. Dit is ons planne en vooruitsigte. Dit verskil van drome
en wense in die feit dat ons aktiewe stappe kan neem om dit te bereik.Ons kan ons drome in
doelwitte verander.
Wanneer ons doelwitte het, weet ons waarheen ons oppad is. Doelwitte is belangrik omdat hulle jou
help beheer oor jou lewe neem en jou help om besluite neem.
SMART doelwitte
Tipe doelwitte:
Kort termyn doel: Ons bereik dit in ‘n kort tydperk bv.‘n projek wat jy hierdie naweek wil afhandel .
Bereikbaar in ‘n week of ‘n maand
Medium-termyn doel: Iets wat jy in die volgende 6 maande wil bereik.
Lang-termyn doel: Die doel wil jy in ‘n paar jaar bereik. Bv, om ‘n dokter of ingeneur te word.
Vyf –stap metode vir beplanning en doelstelling
Stap 1: Skryf jou doelwit neer.
Stap 2: Kontroleer om te sien of dit ‘n SMART doelwit is.
Stap 3 : Maak ‘n aksieplan om jou doelwit te bereik.
Stap 4: Doen dit. Voer jou aksieplan uit.
Stap 5: Evalueer of jy jou doelwit bereik het.
Probleemoplossingsvaardigheid
Stap 1: Verduidelik die probleem. Definieer die probleem en sê wat dit beteken.
Stap 2: Versamel inligting in oor die probleem.
Stap 3: Lys soveel moontlike oplossings vir die probleem as moontlik.
Stap 4: Maak ‘n tabel en skryf jou probleem en oplossings daarin.
Stap 5: Dink oor die effek/gevolge van elke oplossing.
Stap 6: Kies die beste oplossing.
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy,
share, or sell our content without permission.
,Probleemoplossingsmodel
Verhouding tussen persoonlike waardes, keuses en doelwitstelling
Wat is waardes?
Dit is die beginsels wat jy dink belangrik is in die lewe.
Dit help jou om besluite te neem en hoe om jou lewe te lewe
Jou waardes sal jou besluite beïnvloed
Dit sal die tipe doel wat jy stel beïnvloed.
Jou waardes sal jou missieverklaring vorm.
Dinge wat deur jou waardes sal beïnvloed sal word, is jou omgewing, jou skool, belangrike mense in
jou lewe, ens.
Waardes help jou kies wat vir jou belangrik is.
Dit help jou om prioriteite daar te stel.
Verhoudings en die invloed op jou gesondheid
Familie
Mense wat verwant is aan jou deur bloed Informeel
of huwelik. Verhoudings met mense wat jy gereeld sien,
Moontlik die naaste aan jou. maar nie so naby aan jou is soos vriende en
Sal die meeste liefde, sorg en familie.
ondersteuning van hul ontvang.
Formeel
Vriende Verhoudings met mense wat gewoonlik in
‘n Persoon wat jy goed ken, van hou, meer senior posisie is as jyself.
vertrou en respekteer en jou ondersteun. Bv. onderwysers en ouer mense.
Goeie vriende sal ‘n positiewe effek op jou Romanties
menswees hê. Naby verhouding met ander mense,
Skadelike vriende sal jou lei na riskante gebasseer op liefde.
gedrag en kan jou seermaak. By hierdie persoon kan jy jouself wees,
sonder enige eise dat jy moet verander.
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy,
share, or sell our content without permission.
, Veranderende verhoudings
Natuurlike ontwikkeling wat verhoudings Nie-beplande en die onverwagte gebeure wat
verander verhoudings verander
Ongelukke
Trek na ‘n ander area/dorp
Werkverlies/inkomste verlies
Ontmoeting van nuwe mense
Verlies aan geld
Gesondheidsverandering
Geweldadige misdaad
Nuwe belangstellings
Oorlog
Ouer word
Dood van ‘n familielid
Geld verdien
Dood van ‘n naby vriend
Skeiding en egskeiding
Verhoudings
Deur jou gesin vorm die eerste verhoudings en is dit ook waar die grootste verandering in jou
verhoudings waargeneem word.
Jou ouers en familie is bewus van die veranderinge waardeur jy gaan. Hul het tyd nodig om aan
die nuwe jy gewoond te raak. Jou familie berei jou voor vir die wêreld daar buite.
Jy leer die belangrikheid om te deel, verantwoordelikheid te aanvaar en die noodsaaklikheid van
orde en roetine.
Jy absorbeer houdings, waardes en hoe om op te tree van jou familie.
Soos jy ouer word en nuwe verhoudings vorm, kan jy besluit wat jou houding en waardes is, wat
jy wil behou en wat jy wil verander.
Vaardighede en kwaliteite wat goeie verhoudings vorm
Onselfsugtigheid
Omgee/versorging
Wedersydige respek
Vermoë om te kommunikeer
Aanvaarding van mense soos hulle is.
Simpatie
Goeie luisteraar
Ondersteunend
Vermoë om in ‘n span te werk
Mag en geslagsverhoudings
Die rol van mag in ‘n verhouding
Om mag te hê, beteken om beheer te hê oor iets of ‘n persoon. In verhoudings kan een persoon
meer mag hê as ‘n ander.
Ons noem hierdie verhoudings magsverhoudings.
Geslagsrolle en stereotipering
Geslagstereotipering is wanneer mense dink dat ‘n persoon op ‘n sekere manier sal reageer of
optree as gevolg van hul geslag.
Bv slegs meisies kan kook, mans verdien geld en vroue spandeer dit.
© 2026 Knap Opsommings
All notes, summaries, and study materials are owned by Knap Opsommings. Please use them only for your personal school learning. Do not copy, share, or sell our content without permission.