Geskiedenis
Graad 12
2025
Rekord & Finale Eksamen
Vraestel 1
Hierdie dokument is saamgestel deur gebruik te maak van die volgende vorige vraestelle: DBE
voorbereidende eksamen 2021. NSS DBE/November 2023, NSS NOVEMBER: GESKIEDENIS VR1 |
2021
NOTA: Hierdie is slegs voorgestelde antwoorde/ inligting wat direk uit die memorandums kom. Daar
is dus meer moontlike antwoorde. PARAGRAAFVRAE en OPSTELVRAE moet in paragrawe en
korrekte formate geantwoord word tydens die eksamen.
Sterkte: Juffrou Ansie
INHOUD
DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG 3
1. HOE HET DIE KOUE OORLOG PERIODE VERHOUDINGS NA DIE TWEEDE
WȆRELDOORLOG GEVORM? 3
2. HOE HET DIE USSR EN DIE VSA TUSSEN 1945 EN 1949 HUL INVLOEDSFERE IN
EUROPA GESKEP? 9
3. HOE HET BERLYN IN 1948 'N FOKUSPUNT VAN KOUE OORLOGSPANNING
TUSSEN DIE SOWJETUNIE (USSR) EN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
GEWORD? 14
ANGOLA VANAF DIE 1970’s TOT DIE 1980’s 20
@Juffrou_Ansie
, Bladsy 2 van 63
1. WAT WAS DIE AARD VAN BUITELANDSE BETROKKENHEID BY DIE ANGOLESE
BURGEROORLOG? 20
2. WATTER FAKTORE HET TOT DIE BETROKKENHEID VAN DIE DRIE
NASIONALISTIESE BEWEGINGS (MPLA, FNLA EN UNITA) BY DIE ANGOLESE
BURGEROORLOG IN 1975 GELEI? 26
3. ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE STUDIE – DIE KONGO EN TANZANIȄ:
HOE HET DIE LEIERS VAN DIE KONGO EN TANZANIȄ HULLE LANDE NA
ONAFHANKLIKHEID GETRANSFORMEER? 31
BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE AMERIKAANSE
BURGERREGTEBEWEGING 36
BURGERREGTE PROTES VAN DIE 1950’S TOT DIE 1970’S: DIE
SWARTMAGBEWEGING 49
OPSTELVRAE 53
1. ONAFHANKLIKE AFRIKA: DIE KONGO 54
2. Mobutu Sese Seko se politieke, ekonomiese en kulturele beleide het die Kongo na
onafhanklikheid in die 1960's positief verander. 55
3. BURGERLIKE SAMELEWING BETOGINGS VAN DIE 1950'S TOT DIE 1970's:
SWARTMAG BEWEGING 58
4. Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging afhanklik was van
gewelddadige, radikale en militante strategieë om diskriminasie in die VSA te
beëindig 59
5. Debatteer die impak van die VSA se Burgerregtebeweging se nie-gewelddadige
aanslag teen rassediskriminasie op die lewens van swart Amerikaners in die
1960’s. 61
6. ‘Mao Zedong se "Groot Sprong Vorentoe" en die Kulturele Revolusie was
ondeurdag en het rampspoedige gevolge gehad, maar baie van sy doelwitte,
insluitend die beklemtoning van China se selfstandigheid, was
bewonderenswaardig.’ 62
@Juffrou_Ansie
, Bladsy 3 van 63
DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG
HOE HET DIE KOUE OORLOG PERIODE VERHOUDINGS NA DIE TWEEDE
WȆRELDOORLOG GEVORM?
NSS NOVEMBER: GESKIEDENIS VR1 | 2021
Bron 1A
Hierdie uittreksel van die History.com webtuiste beskryf die verhouding tussen die Verenigde State
en die Sowjetunie na die Tweede Wêreldoorlog.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde State en die Sowjetunie
saam met mekaar geveg as bondgenote teen die Spilmoondhede.
Nieteenstaande was die verhouding tussen die twee nasies ʼn gespanne een.
Die Amerikaners was lankal baie versigtig (agterdogtig) oor Sowjet-
kommunisme en bekommerd oor die Russiese leier, Joseph Stalin, se
tiranniese regering van sy eie land. Van hulle kant het die Russe die
Amerikaanse dekade-lange weiering om die USSR as ʼn wettige deel van die
internasionale gemeenskap te aanvaar, sowel as hulle trae toetrede tot die
Tweede Wêreldoorlog, wat tot die dood van miljoene Russe gelei het,
betreur(aanstoot geneem daaroor).
Na die einde van die oorlog het hierdie griewe (kritiek) ryp geword in ʼn
oorweldigende wedersydse wantroue en vyandskap. Na-oorlogse Sowjet
uitbreiding in Oos-Europa het baie van die Amerikaanse vrese vir ʼn Russiese
plan om die wêreld te oorheers aangeblaas. Intussen het die USSR dit, wat
hulle beskou het as Amerikaanse amptenary se vyandige retoriek (aggressiewe
styl), wapenopbou en inmengende aanslag op internasionale verhoudings,
betreur (aanstoot oor geneem). In so ʼn vyandige atmosfeer kon geen enkele
party heeltemal die blaam dra vir die Koue Oorlog nie; feit is, sommige historici
glo dit was onvermydelik. Ten tye van die einde van die Tweede Wêreldoorlog
het die meeste van die Amerikaanse amptenare saamgestem dat die beste
verdediging teen die Sowjet-bedreiging, ʼn strategie wat “vaspenning” genoem
is, was.
In sy bekende “Lang Telegram,” het die diplomaat, George Kennan (1904-2005),
sy beleid verduidelik: Die Sowjet-Unie, het hy geskryf, was “ʼn politieke mag wat
fanaties tot die geloof verbind was dat daar met die VSA geen permanente
modus vivendi” [ooreenkoms tussen partye wat verskil], kan wees nie. Die
resultaat was dat Amerika se enigste keuse die “langtermyn, geduldige maar
ferm en gereed (waaksame) vaspenning van Russiese geneigdheid tot
uitbreiding”, was. Dit moet die beleid van die VSA wees,” het hy voor die
Kongres in 1947 verklaar, “om die vrye mense wat weerstand gebied het teen
die gepoogde onderdrukking (onderwerping)... deur druk van buite, te
@Juffrou_Ansie
, Bladsy 4 van 63
ondersteun.” Hierdie denkwyse het die Amerikaanse buitelandse beleid vir die
volgende vier dekades bepaal.
[Vrylik vertaal uit: https://www.history.com/topics/cold-war/cold-war-history Toegang verkry op 1 Februarie 2021]
Bekommernisse wat die Amerikaners oor die USSR gehad het wat in Bron 1A genoem word
• Amerikaners was lankal agterdogtig oor Sowjet-kommunisme.
• Die Verenigde State was bekommerd oor Stalin se tiranniese regering.
• Die Sowjet-Unie se uitbreiding in Oos-Europa was ʼn bekommernis.
• Die Sowjet-Unie se uitbreiding in Oos- Europa het baie Amerikaners se vrese aangeblaas
oor ʼn Russiese plan om die wêreld te behee
Die beste verdediging teen die Sowjet bedreiging volgens die bron: Vaspenning
Die USSR het aanstoot geneem oor die Amerikaners oor die volgende:
• Die Amerikaners se dekades-lange weiering om die USSR as ʼn waardige deel van die
internasionale gemeenskap te aanvaar.
• Die trae toetrede van die Verenigde State tot die Tweede Wêreldoorlog wat die dood van
miljoene Russe veroorsaak het.
• Die Verenigde State se wapen-opbou.
• Die Verenigde State se inmenging in internasionale verhoudings.
• Amerikaanse amptenary se vyandige retoriek (aggressiewe styl).
‘n Sin uit die bron aan wat impliseer dat die Verenigde State en die Sowjet-Unie nie altyd
vyande was nie.
• “Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde State en die Sowjetunie saam met
mekaar geveg as bondgenote teen die Spilmoondhede.”
Die Koue Oorlog in historiese konteks
• ʼn Staat van politieke vyandigheid (deur dreigemente, propaganda en ander maatreëls )
sonder werklike oorlog.
• Die staat van vyandigheid wat tussen Sowjetblok lande en die Westerse magte tussen 1945
en 1990 bestaan het. /ʼn Periode van ideologiese en geo-politiese spanning tussen die VSA
en die Sowjet-Unie na die Tweede Wêreldoorlog
Wat bedoel word met “Russiese geneigdheid tot uitbreiding”.
• Die Sowjet-Unie / Rusland het beheer gekry oor Albanië, Hongarye, Bulgarye en Oos-
Duitsland na die Tweede Wêreldoorlog en hulle het satellietstate van die Sowjet-Unie
geword.
• Die Sowjet-Unie / Rusland het ondersteuning gehad in lande soos Viëtnam en Kuba deur
aan hulle ondersteuning te bied.
@Juffrou_Ansie