100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4.6 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Moontlike 8 punt vrae vir Graad 12 ekonomie Vraestel 1

Rating
-
Sold
-
Pages
18
Uploaded on
16-05-2025
Written in
2024/2025

Moontlike 8 punt vrae vir Graad 12 ekonomie Vraestel 1. Ideal vir voorbereiding om te sien hoe die struktuur van n 8 punt vraag werk en hoe dit gemerk word.

Institution
Course










Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Written for

Institution
Course
Schooljaar
200

Document information

Uploaded on
May 16, 2025
Number of pages
18
Written in
2024/2025
Type
Summary

Subjects

Content preview

Bespreek die uitwerking van internasionale handel:

Internasionale handel bevorder globalisering wat die wêreldwye blootstelling en
interaksie van ekonomieë met handel as sleutelelement en IKT (Inligtings- en
kommunikasietegnologie) wat dit moontlik maak bv. kapitaallibreralisering en
multinasionale ondernemings.

Internasionale handel verhoog mededingendheid en lei tot ‘n meer doeltreffende
produksie van ‘n groter verskeidenheid van goedere en dienste teen laer pryse.
Verbruikers word dus bevoordeel omdat hulle meer kan koop met dieselfde inkomste
wat lewensstandaarde verhoog.

Massaproduksie bevorder skaalbesparings en verseker dat produsente hulle
mededingende voordeel op die globale mark kan maksimeer bv. die vervaardiging van
motors en selfone.

Beleide wat fokus op diversifisering, volhoubaarheid, en die versterking van plaaslike
bedrywe is noodsaaklik om die positiewe uitkomste van internasionale handel te
optimaliseer.

Waarom kan BBP-syfers gebruik word om vergelykings te tref tussen verskillende
lande?

BBP is die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die geografiee
grense van ‘n land geproduseer word in ‘n spesifieke periode, gewoonlik ‘n jaar.

Suid-Afrika gebruik die Stelsel van Nasionale Rekeninge Stelsel (SNR) wat deur die
Verenigde Nasies anbeveel word. Dit maak dus hierdie syfers vergelykbaar.

Dit kan help om te bepaal hoe ontwikkeld 'n land se ekonomie is in vergelyking met
ander lande, en om tendense in ekonomiese groei te identifiseer.

,Bespreek die toegevoegde waarde metode:

Die toegevoegde waarde metode, of produksiemetode, bepaal BBP-syfers deur die som
van die waarde te bereken wat tydens elke stadium van die produksieproses,
toegevoeg is. Dit tel die waarde van produksie in die primere, sekondere en tersiere
sektore bymekaar.

Die produksie metode is die metode waarna daar nasionaal die meeste verwys word.

Om dubbeltelling te vermy word slegs die toegevoegde waarde gebruik en nie die
waardes van intermediere goedere en dienste nie.

Hierdie metode bepaal BBP teen basiese pryse deur die hoeveelheid met die markprys
te vermeningvuldig.

Nominale vs Reele syfers:

Nominale pryse is wanneer die BBP-syfers bereken word oor ‘n spesifieke periode van
tyd en die pryse van goedere en dienste in daardie spesifieke tydstip gebruik. Die
nominale waarde van produksie word bereken deur die volume van finale goedere en
dienste met hulle pryse te vermeningvuldig

Reele syfers impliseer dat die impak van inflasie op die syfers reeds in berekening
gebring is en word uitgedruk in terme van pryse vanaf ‘n sekere basisjaar. Dit impliseer
dat syfers aangepas of vergelyk word teen ‘n standaard syfer om ‘n meer akkurate
vergelyking te tref,

, Bespreek die fases van sakesiklusse:

Die herstelfase is die begin van die uitbreidingsperiode, met toenemnde vraag,
produksie, indiensneming en vertroue in die ekonomie.

Die voorspoedfase is die tweede deel van die opswaaiperiode met groot optimisme in
die ekonomie wat tot meer entrepreneurskap lei. Totale inkome en besteding styg, wat
tot meer geld in sirkulasie en dus inflasionere druk lei.

‘N Resessie is die begin van die inkrimpingsperiode en vind plaas wanneeer daar vir
twee agtereenvolgende kwartale negatiewe of geen ekonomie groei is nie.
Indiensneming, produksie en inkome daal wat lei tot ‘n gevoel van pessimisme en
minder sakevertroue.

Tydens die depressiefase is daar ‘n verdere afname in ekonomiese aktiwitiete en ‘n
tekort aan geldaanbod in die ekonomie. Besteding, werksgeleenthede en inkome neem
af totdat die sakesiklus sy trog bereik. Lae produksiekoste moedig internasionale handel
aan wat tot herstel lei

Monetaristiese vs Keynesiaanse benadering:

Die monetaristiese benadering word ook die sonvlek of eksogene benadering genoem.
Hieride benadering glo dat markte inherent stabiel is en dat eksogene faktore afwykings
van die ewewig veroorsaak. ‘n Oneweig sal weer reggestel word deur die markkragte
van vraag en aanbod en regerings moenie inmeng nie.

Die Keynesiaanse benadering, of intervensionisme, beweer dat markte inherent
ontabiel is. Markkragte sal nie daarin slaag om sakesiklusse te stimuleer nie om
sakesiklusse ‘n onvermydelike eienskap van ‘n markekonomie is. Regerings moet dus
inmeng en intervensionistiese regeringsbeleide gebruik.
$3.19
Get access to the full document:

100% satisfaction guarantee
Immediately available after payment
Both online and in PDF
No strings attached


Also available in package deal

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
jankemarais Stellenbosch University
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
23
Member since
8 months
Number of followers
0
Documents
23
Last sold
2 months ago
Summaries / Opsommings

Selling high school and university notes

5.0

1 reviews

5
1
4
0
3
0
2
0
1
0

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions