1 die kabouter is uit my tuin gesteel
the gnome has been stolen from my garden
2 en kersvader kom nooit meer op sy slee
and father christmas never again comes on his sleigh
3 die tandemuis was net my ma
tooth mouse was only my mom
4 en paddaprinse is amfibieë
and frog princes are amphibian
5 Armstrong was die man op die maan
Armstrong was the man on the moon
6 en my melkskommelweg het versuur
and my milkshake way has soured
7 drake is dinosourusse
Dragons are dinosaurs
8 lugkastele is argitektuur
air castles are architecture
9 ek het ál my sprokies brand gesteek
I have set áll my fairy tales alight
10 Realisme, Feite, Wetenskap:
Realism, Facts, Science:
11 EK KAN BEWYS!
I CAN PROVE!
12 maar waarom slaap ek met my lig nog aan
but why do I sleep with my light still on
13 stoei met die monsters onder my bed
wrestle with the monsters under my bed
, 14 en waarom bid ek elke dag
and why do I pray every day
15 dat die Prins op die donkie my moet red?
that the Prince on the donkey must save me?
Die Titel
- Die titel verwys na die dinge wat die spreker geglo het toe sy nog klein was
OF dat jou geloof nie vas en seker is nie en dat jy aan dinge twyfel.
- klein geloof = dinge wat jy glo as jy klein is OF kleingelowig = twyfel oor dinge
Reël 1
Die kabouter kan verwys na:
- 'n tuinkabouter wat gesteel is
- die feit dat sy as kind aan feetjies en kabouters geglo het, maar noudat sy
groot is, nie meer aan fantasie glo nie
Reël 2
- Die spreker het as kind gedink dat Kersvader 'n realiteit was en regtig
bestaan het, maar nou besef sy dat hy nie meer met 'n slee vol persente by
haar sal opdaag om haar hart bly te maak nie.
Reël 3
- As kind het die spreker geglo dat die tandemuis in die nag haar melktandjie
weggeneem het en geld in die plek daarvan gelos het, maar nou weet sy dat
die tandemuis eintlik maar net haar ma was.
Reël 4
- Sy weet nou dat 'n padda nie in 'n prins sal verander as jy hom soen nie.
- Moontlik het die spreker nog nie die regte man ontmoet nie, want sy is
negatief teenoor die romantiese fantasie van paddaprinse.
Reël 5
- Die man op die maan bestaan nie regtig nie.
- Die spreker besef nou dat dit 'n leuen is wat mense vir haar vertel het: die
enigste man op die maan is deur die mens self daar geplaas: die
ruimtereisiger Neil Armstrong.