100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4.2 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary GRAAD 12 - FANIE VILJOEN - onderwêreld

Rating
-
Sold
-
Pages
239
Uploaded on
20-04-2025
Written in
2024/2025

Hierdie studiegids is niks anders as GOUD werd nie. Uiters, uiters volledig. Hierdie uiters volledige gids bevat ALLES wat enige Graad 12 leerder ooit sal benodig om 'n goeie A-simbool te behaal vir Vraestel 2. Kontekstuele vrae, Langvrae, karakters en analises + ontwikkeling in die verhaal, alle literêre komponente word in diepte bespreek, eksamenvraestelle en memorandums, die hele "tutti". Ek is daarvan oortuig dat daar geen ander gids soos hierdie is nie. Ek glo nie daar is 'n onderwyser in die land wat nie alreeds hierdie gids bekom het nie. Beter sal jy nooit kry nie.

Show more Read less
Institution
Course










Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Written for

Institution
Course
Schooljaar
200

Document information

Uploaded on
April 20, 2025
Number of pages
239
Written in
2024/2025
Type
Summary

Subjects

Content preview

, INHOUD

AFDELING A

✓ Die Titel
✓ Die Karakters
✓ Wat is die volgorde van gebeure
✓ Motto & Manifes
✓ Struktuur van Onderwêreld
✓ Verteller
✓ Konflik: Innerlik- en Uiterlik
✓ Tema (s)
✓ Motief
✓ Rituele/gebruike
✓ Eggo’s
✓ Rydom v/s armoede
✓ Lig & donker
✓ Voëlgriep
✓ Verteltyd en vertelde tyd
✓ Milieu (ruimte)
✓ Chronologie


AFDELING B

Langvrae/Opsteltipe vrae



AFDELING C

Kortvrae/Kontekstuele vrae

, DIE TITEL

Die titel, Onderwêreld, het meer as een betekenisvlak. (p.26-28)

Dit kan verwys na die onbekende bose wêreld wat die mens vrees.

Dit kan ook verwys na die donker onderwêreld van die kuberruimte waar Greg opsoek is
na ‘n eie identiteit en die waarheid. Eckardt gee hom oor aan die onderwêreld van
kuberkrakery omdat dit sy sug na wraak voed.

Dit kan ook verwys na die hel of die doderyk. Dit kan ook verband hou met die Faust-
legende – Faust verkoop sy siel aan die duiwelsverteenwoordiger om geluk en sukses te
bereik. In hierdie onderwêreld verkoop Greg se pa sy siel vir geldelike gewin wat tot sy
ondergang lei; Greg verkoop sy siel aan Eckardt wat daartoe lei dat hy misbruik word
en op hierdie manier bewerkstellig hy sy eie pa se ondergang.

Die titel "onderwêreld" word met 'n kleinletter gespel. As jy jou in die onderwêreld
bevind, speel hoofletters nie 'n rol nie. Jy is gestroop van alle pretensie en dit gaan oor
oorlewing.

•Dit verwys na die ondergrondse tonnels onder Lawson Kollege. Die Trappers word
ingelyf as hulle gedwing word om geblinddoek hul eie pad deur die donker tonnels te
vind. Dis hoe Greg metafories voel as Eckardt verdwyn en sy familie alles verloor en hy
sy weg sal moet vind. In die tonnel kry die Trappers 'n flitslig."Lux hominum vita". Dis die
leuse van die skool. Lig is die lewe vir die mensdom. Aan die einde van die roman kyk
Greg na die motorligte in die donker en dink aan dié woorde. Daar is dus lig aan die
einde van die tonnel.

•Die onderwêreld verwys na 'n onwettige bedryf van die een of ander aard, soos bendes
of die Mafia. In hierdie geval is dit die onwettige wêreld van kuberkrakers en die wêreld
van geld. Daar is 'n wêreld op rekenaars en die internet waarvan die gewone gebruiker
nie weet nie. Dis 'n wêreld waar onbekende mense virusse op stelsels laai sodat hulle
kan geld maak as 'n rekenaargebruiker 'n antivirusprogram moet koop om sy of haar
rekenaar te red. Greg se pa en Dok Pienaar maak hulle skuldig aan die verspreiding van
die voëlgriepvirus om ryk te word. Mense sal gedwing word om die entstof te koop om
te bly lewe. Die feit dat Greg hoofseun is, is slegs 'n sake- transaksie, volgens Plank. Geld
lei uiteindelik tot Greg se familie se ondergang.

•Dit verwys mitologies na die hel en die dood. Die emosionele hel van Eckardt na hy sy
pa gesien het waar hy wou selfmoord pleeg en sy uiteindelike verdwyning of moord,
Greg met sy broer se selfmoord, sy ma se verhouding met sy pa en haar vrees dat haar
oorblywende kind dieselfde as sy broer sal doen, en uiteindelik Greg se hel as sy vriend
hom bedrieg en hy uitvind sy pa is 'n skurk. Nicole dreig ook om "iets aan haarself te
doen".Die beeld word ook gebruik om die interne konflik uit te beeld as Greg tussen die
bo-wêreld en die onderwêreld vasgevang voel.(bl. 121,165). Die onderwêreld van die
dooies word deur die god Hades regeer. Onderwêreld verwys ook na die wêreld van
kuberkrakers.Die wêreld roep Greg om saam te kom speel. Eckardt is sy begeleier in die
onderwêreld. As Greg daarin slaag om iemand sosiaal te manipuleer, ervaar hy 'n gevoel
van ekstase, soortgelyk daaraan as iemand dwelms sou gebruik.

•Die onderwêreld van emosies speel ook 'n rol. Greg distansieer hom van sy vriende
soos hy dieper ingetrek word by die kuberwêreld. Emosioneel beweeg hy op 'n
laagtepunt:Sy vriend is weg, hy is alleen, sy meisie was heel waarskynlik ontrou aan hom
met sy beste vriend, sy dreig ook om "iets aan haarself te doen". Sy broer het selfmoord
gepleeg. Greg sukkel om die gebeure te verwerk. Sy ander vriend, Plank, gebruik
dwelms. TJ verraai hom. Sy ma is alleen. Sy pa plaas buitengewoon baie druk op hom

om te presteer. Hy verraai sy skool en hy word 'n rebel. Iemand noem hom 'n "loser".
$7.26
Get access to the full document:

100% satisfaction guarantee
Immediately available after payment
Both online and in PDF
No strings attached


Also available in package deal

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
corneliuskorkie Private
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
137
Member since
9 months
Number of followers
2
Documents
237
Last sold
1 week ago
Studieskatkis

A unique place where you can find every resource available for all school grades and all subjects. Resources are compiled in individual packages per grade and includes: summaries, revision exercises, quizzes, tests, examination papers and memoranda. A must for each school learner. The complete resources can be found on Facebook. You simply search for \"Studieskatkis\" and you would find everything you need.

4.2

21 reviews

5
12
4
4
3
3
2
1
1
1

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions