Eenheid 7.1: Gehalte-konsepte
Definisies
● Gehalte
○ Die vermoë van ‘n produk/diens om spesifieke behoeftes van verbruikers te
bevredig
● Gehaltebeheer
○ Verseker dat daar aan die verlangde gehalte voldoen word deur die finale
produk te inspekteer om te verseker dat dit aan die vereiste standaarde
voldoen
● Gehalteversekering
○ Kontrole wat tydens en na die produksieproses uitgevoer word
● Gehaltebestuur
○ Verwys na tegnieke wat gebruik word m die gehalte van ‘n produk te verbeter
● Gehalteprestasie
○ Die totale prestasie van elke afdeling gemeet aan die gespesifiseerde
standaarde
● Gehaltebestuurstelsels
○ ‘n Raamwerk wat ‘n besigheid gebruik om sleutelorganisasieprosesse te
bestuur
Verskille tussen gehaltebeheer en gehalteversekering
Gehaltebeheer
● Verseker dat voltooide produkte aan die vereiste standaarde voldoen
● Sluit in die stel van teikens en meting van prestasie en om regstellende maatreëls te
neem
Gehalteversekering
● Verseker dat daar in elke stadium van die proses aan vereiste standaarde voldoen is
● Kontroles wat tydens en na die produksieproses uitgevoer word
Verskille tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie
Gehaltebestuur
● Tegnieke, instrumente en metodes wat gebruik word om die gehalte van ‘n produk te
bepaal of te verbeter
● Kan gebruik word vir aanspreeklikheid binne elk van die besigheidsfunksies
, Gehalteprestasie
● Die totale prestasie van elke afdeling word gemeet aan die gespesifiseerde
standaarde
● Kan verkry word as afdelings saamwerk na dieselfde gehaltestandaarde
Voordele van ‘n goeie gehaltebestuurstelsel
● Doeltreffende kliëntediens word gelewer, wat lei tot verhoogde kliënte-tevredenheid
● Tyd en organisatoriese hulpbronne soos finansies, grondstowwe en arbeid word
doeltreffend gebruik
● Die besigheid verbeter sy mededingende voordeel bo sy mededingers
● Verhoogde markaandeel en meer kliënte verbeter winsgewendheid
● Verbeter besigheidsbeeld aangesien daar minder defekte en terugsendings is