Eenheid 6.1: Besigheidsektore
● Besighede word volgens 3 verskillende sektore verdeel
● Hierdie sektore is gebaseer op die aard van die tipe produk/diens wat deur
besighede aangebied word
● Die 3 besigheidsektore vorm ‘n produksieketting vanaf die oorsprong van die produk
totdat dit verbruikers bereik
● Die produksieketting is interafhanklik om betekenisvolle goedere/dienste aan
verbruikers beskikbaar te stel
● Die interaksie tussen die 3 sektore maak dit moontlik vir verskeie sakebedrywighede
om plaas te vind
Primêre sektor
● Die primêre sektor fokus op aktiwiteite wat verband hou met die onttrekking van
natuurlike hulpbronne
● Dit word dikwels na verwys as ontginning nywerhede aangesien dit die verkryging
van natuurlike hulpbronne behels
● Die primêre sektor is afhanklik van die natuur omdat dit die aarde se natuurlike
hulpbronne, grond, minerale en plantegroei gebruik
● Die primêre sektor speel ‘n kritieke rol in produksie-aktiwiteite, want daarsonder sou
verdere produksie-aktiwiteite onmoontlik wees in die sekondêre sektor
Aktiwiteite van die primêre sektor
Boerdery Vissery Bosbou Mynbou en
steengroewe
● Landbou- ● Treilvissery ● Oes van ● Steenkool-
aktiwiteite ● Visboerdery bome mynbou
● Veeteelt ● Rubberonttre ● Ystererts-
kking mynbou
● Olieboordery
● Diamant-
mynbou
, Sekondêre sektor
● Die sekondêre sektor fokus op aktiwiteite wat verband hou met die vervaardiging van
produkte
● Dit gebruik die natuurlike hulpbronne wat deur die primêre sektor verkry word en
voeg waarde daaraan toe
● Daar word dikwels na die sekondêre sektor verwys as vervaardigings nywerhede
omdat waardevolle produkte vervaardig word sodat hierdie produkte ‘n sinvolle doel
vir kliënte en verbruikers kan dien
● Die sekondêre sektor speel ‘n belangrike rol pmdat nie alle hulpbronne in hul
natuurlike toestand funksioneel is nie en verdere verwerking vereis
Aktiwiteite van die sekondêre sektor
Vervaardiging Konstruksie
● Motorvervaardiging ● Eiendomsontwikkeling
● Meubelvervaardiging ● Skeepsbouery
● Plastiekvervaardiging ● Ontwikkeling van infrastruktuur
● Tekstielvervaardiging
● Brouerye en bottelering
● Metaalbewerking en smeltery
Tersiêre sektor
● Die tersiêre sektor fokus op aktiwiteite wat verband hou met die verskaffing van finale
produkte en dienste aan verbruikers en kliënte
● Dit word dikwels na verwys as die dienstesektor omdat ‘n verskeidenheid reeks
kommersiële dienste aan verbruikers verskaf word
● Die tersiêre sektor behels alle aktiwiteite wat daarop gemis is om die verspreiding
van produkte en dienste moontlik te maak
● Besighede in die ander 2 sektore maak staat op die tersiêre sektor om hul produkte
of dienste op ‘n effektiewe wyse aan verbruikers beskikbaar te stel