AFRIKAANS HT
MIS – REZA DE WET
OPSTELVRAE & KONTEKSTUELE VRAE
MET MEMORANDUMS
2016 - 2024
, MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).
VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG
Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe die tema van bevryding op Miem en Gertie
onderskeidelik van toepassing is ná die koms van Konstabel. [25]
VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS K
Die KONSTABEL glimlag en haal sy skouers op.
GERTIE: Dan vry u maar so in die bondel?
KONSTABEL: Ja, Juffrou. 'n Mens sou seker so kan sê.
Stilte.
GERTIE: Dit lyk my u is maar versigtig. En dis goed so.
KONSTABEL: U weet mos wat hulle sê van trou?
GERTIE: (koketterige laggie) U bedoel van trou en perdekoop?
KONSTABEL: Juis.
MIEM: (in die gang) So ja, dit voel sommer beter.
GERTIE giggel.
MIEM: (in die deur) Gertie, en wat is so snaaks?
GERTIE: (skaam) Aag, dis sommer niks.
MEISIE gaan na die venster en loer uit.
KONSTABEL: Ons het gepraat oor hartsake. (Galant) Ek en die juffrou het gevind ons is albei ewe
versigtig ... en kieskeurig.
MIEM: Werklik? U bedoel ... u is ook nie getroud nie?
KONSTABEL: Nee, ek is nie.
MIEM: (nadenkend) Werklik? (Sien vir MEISIE by die venster) Kom weg daar by die venster! (Vriendelik)
Het u al iets te ete gehad, Konstabel?
KONSTABEL: Ja, dankie, Mevrou.
MIEM: Dit is werklik jammer. Meisie kook die heerlikste kos, weet u? Sy maak die beste bredie in die
distrik en bak die ligste koeke. Om nie eers te praat van lamsboud en terte nie. As u later honger word,
sal sy tog te gretig wees om vir u iets te maak. Niks is vir haar te veel moeite nie, dit is mos so, nè,
Meisie?
MEISIE: (onwillig) Ja, Ma.
KONSTABEL: Voel u darem beter, Mevrou?
MIEM: Ja, dankie. My borstrok was net 'n bietjie styf. Ek moet mooi kyk na my sirkulasie. Dis nie aldag
alte goed nie. Dis dié dat Meisie so baie moet doen.
17.1
Waarom is Gertie en die Konstabel alleen in die kombuis? (1)
17.2
Verduidelik hoe die neweteks (reël 1) aansluit by Konstabel se manipulerende aard. (1)
17.3