TOERISME
JUNIE (KWARTAAL 2)
EKSAMEN VOORBEREIDINGSGIDS
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
, SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
TOERISME
2024
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 28 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
,INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Rond jou berekeninge by VRAAG 3 tot TWEE desimale plekke af.
5. Toon ALLE berekeninge.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
in te deel.
AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD
(minute)
A Kortvrae 40 20
Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse
B 50 50
Valutaverhandeling
Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en
C 50 50
Erfenistoerisme; Bemarking
Toerismesektore; Volhoubare en
D 30 30
Verantwoordelike Toerisme
Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
E 30 30
Kommunikasie en Kliëntediens
TOTAAL: 200 180
, AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.
1.1.1 Die prent hieronder toon ...
A seisoenale tyd.
B dagligbesparingstyd.
C lentebesparingstyd.
D huis-toe-gaan-tyd.
1.1.2 Die internasionale datumlyn …
A is 180° vanaf die UTK geleë.
B lê op die 150°-oosbreedtelyn.
C loop deur Greenwich, 'n dorpie naby Londen.
D loop vanaf oos na wes.
1.1.3 'n Visum is nodig om …
A in jou eie land te reis.
B vir 'n internasionale bestuurslisensie aansoek te doen.
C die Schengenlande binne te gaan.
D belastingvrye goedere te koop.
1.1.4 'n Geskeduleerde toer sal …
insluit.
A vertrektye wat nie gewaarborg is nie
B vertrektye wat deur die toeriste bepaal word
C slegs vertrektye voor sonsopkoms
D vasgestelde vertrektye