GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (EAT)
GEDIGTE
, 2
DIE HEKS VAN HEXRIVIER – Philip Nel
Die Hexrivier-berge is die tweede hoogste bergreeks in die Wes-Kaap en
is 120 km noord-oos van Kaapstad geleë. Meeste pieke is 2 000 meter
of hoër. Die hoogste berg in hierdie bergreeks is Matroosberg (2 249
m).
Hierdie gedig is ‘n eg Afrikaanse sprokie oor Elize Meiring en is ‘n mooi voorbeeld van ‘n verhaal wat
waarskynlik rondom die naam van ‘n plek ontstaan het.
Die jaar is 1768 en Elize en haar familie besit een van die ses plase in die vallei –
Buffelskraal. Elize is baie mooi, maar ook hoogmoedig, ydel en verveeld. Sy het
besluit dat die man wat haar hart wen, dit moet verdien. ‘n Aantreklike jongman,
Flip, het eendag te perd opgedaag en hulle was dadelik verlief. Sy het voorgestel
dat hy vir haar ‘n disa-blom in die klowe van die Matroosberg moet gaan pluk om
sy liefde te bewys.
Toe Flip die rooi disas teen die hange van ‘n krans sien, het hy te ver oorgeleun. Hy het gegly en hom
doodgeval. Die nuus het Elize hartgebroke en vol skuld gelaat – haar selfsugtige optrede het tot Flip se
dood gelei. Sy het kranksinnig (mal) van verdriet (sorrow) geraak. Sy het in die nag in die klowe gestap
om na haar geliefde te soek. Uiteindelik het sy van uitputting op ‘n rots neergeval. Die rots het egter
onder haar meegegee en sy het tot haar dood geval.
Eeue later leef die legende nog voort. Met volmaan mag jy dalk vir Elize met haar kaalvoete en wit
nagrok sien waar sy na haar geliefde soek.
Hex River Mountains, with Buffelshoek Peak (2060 m) and Milner Peak (1995 m).
, 3
Die heks van Hexrivier – Phillip Nel
Die heks van Hexrivier
1 Toe die Hexrivier se heide teen die berghange blom
2 het ‘n Hugenote-meisie van Drakenstein gekom.
3 Die lig in haar oë het die jonkmans betower
4 maar net een kon dit regkry om haar hart te verower.
5 Elize, o Elize, met die lieflike oë
6 jou hart sou jy gee vir die rooi orgidee.
7 Elize, o Elize, jy’t jou liefde belowe
8 aan hom wat die blom van die berghang sou bring.
9 Toe hy opklim teen die kranse na die rooi orgidee
10 het sy lankal besluit om haar liefde te gee
11 maar sy voet het gegly en onder op rotse
12 met ‘n disa in sy hand is sy liggaam gekry.
13 As newels in die maanlig om die rotswande vou
14 staan daar bo die afgrond ‘n eensame vrou
15 en saam met winde wat huil deur die klowe
16 roep sy na hom want haar hart was belowe.
17 Elize, o Elize, met die lieflike oë
18 jou hart wou jy gee vir die rooi orgidee.