AFRIKAANS HUISTAAL
ROMAN: DIE DRIEKHOEKIGE SIRKEL
HERSIENINGSGIDS
, Inleiding tot die studie van die roman
Die roman as genre
Roman - Naam in die Middeleeue aan langer geskrewe prosastukke gegee.
Roman verskil van ander genres soos drama en poësie.
Roman het gewoonlik een sentrale tema met een of meer sub-temas. Kortverhaal het
net een sentrale tema.
Belangrikste elemente van prosawerk (roman) is die:
• Karakterbeelding
• Intrige (gebeure)
• Agtergrond milieu/ruimte
• Tyd
Karakterbeelding
Prosawerk (roman) kan deur mense diere of figure bevolk word. Karakters is nie
altyd ewe belangrik nie.
Onderskei tussen hoofkarakter en Newekarakters.
Hoofkarakter (protagonis) is gewoonlik ʼn volronde veelsydige karakter. Word ook ronde karakter
genoem.
• Caro is die hoofkarakter in die roman.
• Meeste verteltyd word aan haar afgestaan.
• Iemand moet boet vir haar ongelukkige skooljare.
• Die newekarakters, Steyn, Ou Dok en Betsie is in ooreenstemming met Caro.
• Teenoor Caro staan enkele antagoniste: Salome wat deel vorm van ʼn
liefdesdriehoek en George Thompson.
Die belangrike rol van ʼn hoofkarakter is om gebeure (intrige/plot) te dra en deur uitbeelding
word boodskappe gedra.
• Die universele tema wat deur die hoofkarakter, Caro, se lotgevalle gedra word, is dat haar
verkeerde lewenskeuses as skooldogter invloed op haar lewenspad het.
Kopiereg – Alle regte voorbehou Die Driehoekige Sirkel – Leesgids – Inleiding tot die studie van roman 1