100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4.2 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en Wenke

Rating
-
Sold
-
Pages
25
Uploaded on
18-11-2024
Written in
2024/2025

Hierdie boekie is ’n Afrikaanse Huistaal-gids vir graad 8 tot 12, met ’n fokus op taalstrukture, wenke en formate vir Vraestel 1 (taal en begrip). Dit dek die volgende: Leesbegrip: Wenke om begripstoetse effektief te beantwoord, met aandag aan tekssoorte soos transaksionele tekste, visuele tekste, en prosatekste. Daar word op vraetipes soos feite versus menings, implikasies, stereotipering, en visuele analise gefokus. Opsommings: Stap-vir-stap aanwysings oor hoe om feite uit te kies en binne ’n woordlimiet te herskryf. Taalstrukture en konvensies: Insigte oor woordeskat, woorde se oorsprong, woordvorming (samestelling en afleiding), en verskynsels soos pleonasme en anglisisme. Klankleer: Uitleg oor vokale, diftonge, klankgrepe, en klankverskynsels soos nasalering en vokaalreduksie. Leestekens: Gebruik van leestekens soos die deelteken, afkappingsteken, dubbelpunt, en meer, met voorbeelde en funksies. Woordsoorte en sinsleer: Grondige verduidelikings van woordsoorte (selfstandige naamwoorde, werkwoorde, byvoeglike naamwoorde, ens.), en hoe om sinstrukture soos bysinne en die passiewe vorm te ontleed en te gebruik.

Show more Read less
Institution
Course










Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Written for

Institution
Course
Schooljaar
200

Document information

Uploaded on
November 18, 2024
Number of pages
25
Written in
2024/2025
Type
Summary

Subjects

Content preview

AFRIKAANS HUISTAAL
GRAAD 10, 11 & 12
2020

TAALSTRUKTURE EN WENKE
(volgens KABV)
Vraestel 1




Om goed te vaar in Vraestel 1, moet jy die inligting wat in hierdie boekie
voorkom, ken en kan toepas. Jy KAN en MOET vir elke toets en
eksamen die wenke deurwerk en die taalstrukture LEER.

, AFDELING A: LEESBEGRIP

Jy sal vrae oor die volgende tekssoorte moet beantwoord: transaksionele tekste/prosatekste en visuele
tekste (grafieke, diagramme, tabelle, spotprente, ens.)
TRANSAKSIONELE TEKS/PROSATEKS
Jy moet die volgende kan doen:
✓ Onderskei tussen feite en menings met motivering
Feit:Iets wat werklik plaasgevind het. Onomstootlik bewys. Wat vasstaan. ‘n Stelling wat bewys
kan word (bv. dit wat ooggetuies sê; gebaseer op navorsing, aanhalings, statistieke, ens.)
Mening:Opinie/Iemand se sienswyse (subjektief) Oordeel of oortuiging sonder dat dit noodwendig
kennis van die saak veronderstel. Iets wat nie bewys kan word nie of nog nie bewys is nie,
maar beweer word. Dit bevat gewoonlik die woorde ”moontlik, miskien, dalk, vermoedelik,
glo,waarskynlik,” ens. of dit is die siening van een persoon.
✓ Voorspellings
✓ Afleidings uit die teks
✓ Geïmpliseerde betekenis
✓ Stereotipering
✓ Teikenleser, doel, struktuur en taalgebruik in tekste
✓ Die betekenis van woorde en beelde binne konteks
✓ Die vind van toepaslike inligting en besonderhede in tekste
✓ Hoe die keuse van inligting/woorde betekenis beïnvloed
✓ Persoonlike response op tekste
✓ Die impak wat lettertipe en -grootte, hoofopskrifte en onderskrifte op die betekenis van ‘n teks het
✓ Die verband (ooreenkoms of verskil) tussen die transaksionele teks/prosateks en die visuele teks
Wenke vir die beantwoording van die begripstoets:
1. Lees die titel goed en probeer voorspel waaroor die teks handel.
2. Snellees die teks om te verstaan waaroor dit gaan.
3. Lees al die vrae met aandag en merk sleutelwoorde met ‘n potlood op die vraestel.
4. Lees die teks weer deur en maak aantekeninge met ‘n potlood op die vraestel.
5. Skryf 3-4 kernwoorde in die kantlyn by elke paragraaf neer om die inhoud van die paragraaf saam te vat.
6. Lees om die doel van die teks en die vrae te verstaan. Moenie dat onbekende woorde jou ontstel nie.
Probeer raai wat die woorde in konteks beteken, kyk of die woord nie met Engels ooreenkom nie, verdeel
die woord in lettergrepe en kyk of jy nie gedeeltes daarvan verstaan nie.
7. Jy mag dink jy mors tyd, maar as jy die vrae begin beantwoord voordat jy die leesstuk en vrae regtig
verstaan, mors jy regtig tyd.
8. Merk nou al die vrae wat meer as een punt tel, met ‘n glimpen.
9. Merk ook spesifieke instruksies in vrae, bv. “een woord”/”aanhaling”/”twee volsinne”/”opeenvolgende
woorde”, ens.
10. Lees nou weer elke vraag met aandag en soeklees die teks vir die spesifieke inligting. (As jy met ‘n vraag
sukkel, kyk of jy ‘n woord uit die vraag in die teks kan vind en lees dan die sinne waar die woord voorkom.)
11. Skryf nou jou antwoord neer.
12. Maak seker jy het die instruksies vir die beantwoording van die vraag gevolg, en dat jy ‘n netjiese volledige
antwoord geskryf het wat sin maak en die vraag beantwoord.
13. ONTHOU: Dink voor jy skryf – jou antwoord(e) moet in die eerste sin(ne) wees. Beantwoord die vrae direk.
Moenie lang omslagtige antwoorde skryf nie.
2

, 14. Herformuleer die woorde van die teks as jy gevra word om dit in jou eie woorde te skryf.
15. Moenie ‘n aanhaling uit die teks neerskryf as dit nie gevra word nie.
16. Vir waar-/onwaar-/feite-/meningsvrae, gee ook die rede/motivering/aanhaling soos gevra. Moenie een deel
van die antwoord weglaat nie.
17. Oop vrae: maak seker dat jy ‘n gepaste rede of motivering verskaf.
18. Skryf die vraagnommers soos op die vraestel.

Onthou: jy kan volpunte behaal, want die antwoorde is voor jou!
VISUELE TEKS (grafieke, diagramme, tabelle, spotprente, ens.):
✓ Jy moet hierdie soort teks noukeurig lees en kyk.
✓ Vrae kan gestel word oor die woorde sowel as die visuele aspekte (prent/foto/tekening/grafiek).
✓ Watter voorwerpe/mense/diere/ kom in die visuele teks voor?
✓ Wat is die funksie van die voorwerpe /mense/diere in die visuele teks?
✓ Verduidelik wat elke karakter doen.
✓ Waar is die voorwerpe/mense diere geplaas? Voorgrond? Agtergrond? Waarom?
✓ Wat kan jy uit die gesigsuitdrukkings, kleredrag en liggaamshouding aflei?
✓ Vergelyk en beskyf die gesigsuitdrukkings (en emosie) van die verskillende karakters.
✓ Watter woorde kom in die visuele teks voor?
✓ Wat beteken hierdie woorde normaalweg en wat beteken dit in die visuele teks?
✓ In ‟n spotprent: Waarmee/ met wie word daar spot gedryf? Wat is die spotprenttekenaar se houding teenoor
die saak?
✓ In grafieke/tabelle/tydlyne/diagramme: Hoe vergelyk die data met mekaar? Let veral op stygings, dalings,
‘n inskrywing wat baie van die res verskil Gebruik die korrekte woordeskat (styging, daling, toename,
afname, vermeerder, verminder, ens.)
✓ Watter simbole/beelde kom voor?
✓ Hoe vul beeld en woord mekaar aan?
✓ Wat is die rol van die agtergrond in die visuele teks?
✓ Die verband (ooreenkoms of verskil) tussen die visuele teks en die transaksionele teks/prosateks
✓ In hierdie afdeling word vrae oor drie tekssoorte gestel: ‘n advertensie, strokiesprent(e) en ’n prosateks.

Advertensies:
Vrae kan gestel word oor advertensietegnieke (dit sluit die visuele aspekte in) sowel as oor taalaspekte.
Advertensietegnieke (Middele wat die kopieskrywer gebruik om die leser te oorreed en te manipuleer):
• Lettertipe en lettergrootte, vetdruk en skuinsdruk
• Tipografie (hoe die advertensie op papier gedruk is)
• Foto’s/prente/beelde
• Herhaling (van woorde of klanke, veral alliterasie en assonansie)
• Statistiek
• Informele trant (praat met die leser asof hy/sy ‘n vriend is)
• Gebruik ‘n bekende persoon om die produk te adverteer/ as “getuie” van die gehalte van die produk
• Idiomatiese taalgebruik, woordspeling
• Kontras
• Vraagsinne en stelsinne (bv. Wil jy graag ryk wees? Ons het die antwoord.)
• Slagspreuke
• Alledaagse omgangstaal en uitdrukkings (bv. Eish!)
3
$9.25
Get access to the full document:

100% satisfaction guarantee
Immediately available after payment
Both online and in PDF
No strings attached

Get to know the seller
Seller avatar
_anne_b1

Get to know the seller

Seller avatar
_anne_b1
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
0
Member since
1 year
Number of followers
0
Documents
6
Last sold
-

0.0

0 reviews

5
0
4
0
3
0
2
0
1
0

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions