My Japan-Ilse se karakterontwikkeling
Die protagonis, Ilse in die drama, My Japan, is die fokuspunt en die
handelinge betrek haar. Sy ondergaan karakterontwikkeling deur die
verloop van die storielyn.
Sy is besig met haar voorbereiding vir die rekord eksamen, maar sy
rebelleer teen haar ma omdat sy hoë verwagtinge het. Ilse doen tog goed op
skool en sy het n goeie verbeelding. Sy erken “senuwees loop mos maar in
die famlie. Verbeelding ook.”
Haar ouers is geskei. Haar pa woon in australie met n ander vrou en sy bly
met haar ma. Die gesin het uitmekaar uit geval met Danie se dood. Ilse
moes uitkyk vir hom, maar sy was gefokus op haar leesstof en het nie
gesien hoe hy by die hekkie uitgegaan het nie. Sy ervaar skuldgevoelens oor
sy dood en dit veroorsaak dat sy ontvlug na haar verbeeldingswereld toe.
Sy idealiseer Japan, waar haar niggie woon. Sy skep in haar Japan n
gelukkige gesin, want haar werklike gesinslewe is omgekeer. Die gesinne is
in kontras met mekaar.
Ilse is n buitestander ,omdat sy meer volwasse is as die kinders van haar
ouderdom agv trauma, soos broer se dood en skuldgevoelens ,pa wat hulle
verlaat het en ma wat in Grootvlei opgeneem was.
Sy en haar ma se verhouding is swak, omdat hulle nooit oor die verlies
gepraat het nie, dus het hulle dit nooit verwerk nie. Sy wil nie haar ma se
hulp aanvaar en sy het haar eie wil. Sy verwerp die toespraak wat haar ma
vir haar geskryf het oor aardverwarming en skryf haar eie toespraak.
Sy kan mense se probleme verstaan en sy wys empatie vir Elzette wat
haarself sny. Sy moedig Elzette aan om met haar te praat as enige iets haar
pla. Ilse is ook erg oor haar niggie en wil haar voorbeeld volg om Japan toe
te gaan- sy beinvloed vir Ilse. Sy maak vir Ilse bewus oor hoe dit werklik is
in Japan. Sy leer hoe om haar gevoelens uit te druk.
Ilse ondergaan karakterontwikkeling ,omdat sy kom tot ander insigte, deur
die trauma te verwerk en haar identiteit te vind. Sy weet aan die einde wie
se is en wat sy wil doen. Sy besef dat sy haar verbeeldingswereld moet
opgee en daar is bewyse daarvan as sy haar kimino op die wasgoedlyn
hang, wat suggereer dat sy daai besef daai wereld is nie werklik nie. Haar
verhouding met haar ma herstel ,dus kort sy nie meer die
verbeeldingswereld nie.