Asem deur Jan Vermeulen - Hoofstuk 6
Barries het ‘n nagmerrie dat sy pa
brandewyn met rottegif in drink maar niks
oorkom nie. Sy pa maak sy belt los en
Barrie se bene raak lam so hy kan nie
wegkom nie.
Wanneer hy klaar gestort het pak Barries
se ma nog tasse al het hy gepak. Sy pak al
sy besittings vir die geval dat hy permanent
by sy pa moet bly. Die bus vertrek eers
vyfuur.
Oppad busstasie toe vertel Barrie se ma
hom dat sy pa skilder en houtwerk doen. Paul, sy pa, het ingenieurswese geswot maar die
graad nooit klaargemaak nie. Hy het geld van sy oupa geërf en daarmee die plaas gekoop.
By die busstasie wag sersant Scheurder vir Barries. Sy gaan hom na die plaas toe vergesel.
Oppad plaas toe vind Barries uit dat die sersant se naam Nicolene is maar almal noem haar
Nico. Sy is vier-en-twintig jaar oud, bly in Randburg en is met ‘n makelaar verloof.
Hulle ry deur Bloemfontein, Colesberg, Port Elizabeth en Jeffreysbaai tot by ‘n Engen op
Humansdorp. Barries koop vir hom en Nico elk ‘n pastei en koeldrank by Tant Millie se Oond.
Daar vertel Nico vir Barries dat kaptein Mfeka se seun tien jaar tronk toe was vir aanranding. Dit
het blykbaar met dagga begin en die kaptein wil nie hê dat Barries dieselfde pad as hy moet
volg nie.
Nico help Barries om oogdruppels in te sit en hy wil haar soen. ‘n Rooi Beach Buggy wat lawaai
verbreek die oomblik. ‘n Bloubul-vlaggie waai op die dak. ‘n Lang, bebaarde man klim uit en vra
of iemand by die Engen Barries Barnard is.