,2
Kontoerlyne
Kontoerlyne – lyne op ‘n kaart wat op dieselfde hoogte bo seevlak is
Kontoerinterval – die verskil tussen enige twee kontoere
Sagte hellings – stukke grond waar die bopunt effens hoër as die omringende grond is
Steilheid – die vlak waarteen ‘n helling van laag na hoog strek
Gradiënt – ‘n meting om te beskryf hoe steil ‘n lyn of helling van ‘n heuwel of berg is
Wig – iets wat soos ‘n driehoek gevorm is
Uitloper – ‘n berg of heuwel wat aan die een kant van ‘n berg of bergstreeks uitsteek
Kontoerlyne op ‘n kaart
Seevlak is 0 meter
Hoogtes word in spasies al langs die kontoerlyne geskryf (in meter)
Kontoerpatrone
Patroon wat koentoerlyne op kaart skep stel vorm van die grond op grondvlak voor
Steil helling Sagte helling
Koentoere naby mekaar Kontoere wyd uitmekaar uit
Steilheid van ‘n helling word die gradiënt genoem
Riviervalleie en uitlopers
Riviere vloei in valleie
Waar twee riviere langs mekaar vloei is daar altyd ‘n wig heuwelagtige grond tussen hulle,
hierdie word ‘n uitloper genoem
, 3
1 : 10 000 Ortofotokaarte
Vertikale lugfoto’s
Word uit die lug geneem van reg bokant iets – geneem deur vliegtuie, drones, sateliete,
helikopters ens.
Ortofotokaarte wat van lugfoto’s gemaak is
‘n Ortofotokaart kombineer kontoere en ander inligting met ‘n vertikale lugfoto
Jy kan net die boonste eienskappe van dinge sien in ‘n lugfoto
Skuinsfoto- Sien net kante van geboue en lug in die agtergrond Vertikale lugfoto- Net boonste dele van eienskappe soos geboue word gesien
Inligting oor ortofotokaarte
‘n Ortofotokaart het die volgende eienskappe:
Dit is ‘n vertikale lugfoto
Altyd dieselfde skaal – 1 : 10 000 (1cm op die kaart is gelyk aan 10 000cm op die grond)
Name van sekere terreinbakens soos strate, geboue en riviere word aangedui
Hoe hoogte op ortofotokaarte aangetoon word
Die ortofotokaart toon die hoogte van die grond deur kontoerlyne, kolhoogtes en trigonometriese
bakens.