Kwartaal 1 werk:
Sleutelwoorde:
1. Klein skaalkaart - dek groott area soos n hele land maar dit wys minder
besonderhede(detail).
Bv. Die skaal op n kaart van SA kan wees: 1cm stel voor 250km in die
werklikheid.
2. Groot skaalkaart - wys n klein area in fyn besonderhede sodat jy die
straatname en plekke van belang kan sien.
Bv. 1cm op die kaart stel 100m op die grond voor.
3. Lynskaal - n lyn wat in segmente van dieselfde grootte opgedeel is.
4. Straatgids - n boek van plaaslike kaarte van n spesifieke streek
5. Kompas - ’n Kompas is ’n instrument wat gebruik word om rigting aan te wys
en te hou.
6. Straatkaart - Straatkaarte wys ’n area soos ’n voël dit uit die lug sal sien.
Bl 4 – 6
Weet hoe om ruitverwysing te doen:
1. ’n Ruitnet bestaan uit horisontale en vertikale lyne wat blokke van dieselfde
grootte vorm.
2. In ’n straatgids word ’n alfanumeriese ruitnet gebruik om dit maklik te maak
om plekke op ’n kaart op te spoor.
3. Die rye word gewoonlik deur letters (alfa) gemerk en die kolomme deur syfers
(numeries).
4. Elke blok het dus ’n alfanumeriese ruitverwysing byvoorbeeld B2 (sien
onderstaande diagram).
Gebruik nou die onderstaande diagram om te oefen. As die ruitverwysing A1 is,
sal jou vingers by punt X ontmoet. Die ruitverwysing vir blok Y is B3. Blok Z is
D4.
Weet hoe om ware afstand te bepaal
Weet hoe om reguitlynafstand te bepaal
Bl 7 - 9 :
, Weet hoe om ‘n roete van een plek na ‘n ander te verduidelik:
Bl 12 – 15 :
Weet hoe om die skaal van ‘n kaart te bepaal.
Weet hoe om hoof paaie te identifiseer
Verduidelik
Ken jou rigtings goed
1. Noord, suid, oos en wes is die vier hoofpunte op ’n
kompas.
2. Die punt halfpad tussen noord en oos is noord-oos
(NO); tussen noord en wes is noord-wes (NW);
tussen suid en oos is suid-oos (SO); en tussen suid
en wes is suid-wes (SW).
Weet hoe om ware afstand en reguitlynafstand te bepaal:
1. Gebruik papier, potlood en n lynskaal.
2. Plaas die stuk papier op die lyn wat gemeet moet word en merk die beginpunt.