Kwartaal 1
Definisies
• Kleur: helder, dof, sag, sterk, natuurlik, vreemd, buierig.
• Toon: lig, donker, tussenin.
• Lyn: sterk, huiwerig, happerig, egalig.
• Vorm: groot, klein, organies, geometries.
• Eeenheid/harmonie: herhaling van voorwerpe en vorms, of deur net swart
en wit of monochroom te gebruik.
• Verskeidenheid: verskillende elemente maak die beeld interessant, maar
te veel kan bedrywigheid, ongemak en chaos veroorsaak.
• Beklemtoning/fokusount word verkry deur...
▪ Kontras: opponerende kleure, lig en donker, ń groot of klein vorm,
of ń verskillende soort vorm.
▪ Sentralisasie: plaas dit naby aan die middel.
▪ Wyslyne: straallyne wat almal na een gebied wys, of
perspektieflyne wat ruimte aantoon deur in die verte saam te trek.
▪ Ooglyn: ons oë volg waarheen die mense in die beeld kyk.
• Balans: ons kan een groot of “swaar” vorm met ń klomp klein of “ligte”
vorms in ń komposisie balanseer.
• Ritme: herhaalde patrone, merke en kwashale skep die illusie van
beweging.
• Skaal en proporsie: skaal is ń ander woord vir “grootte”. Proporsie
beskryf hoe groot verskillende dele van ń komposisie (of liggaam) is.
• Ruimte: ń 2D-beeld kul die oog. Perspektieftekening en tonale skakering
maak ń skynruimte “agter” die papier – die prentruimte.
• Genre: ń soort of kategorie kuns, musiek of letterkunde.
• Portret: prent van ń spesifieke persoon.
• Komposisie: die manier waarop visuele elemente gekombineer en
gerangskik is om ń aangename en interessante effek te skep.
• Collage: ń ontwerp of prent wat van stukkies papier, lap, foto’s ens.
gemaak word en wat op ń agtergrondoppervlak geplak is.
• Skets: ń vinnige tekening. Dis gebruik om inligting te versamel, idees oor
te teken, te leer en om te onthou wat jy sien.
• Styl: ń groep kuns- of kunsvlytwerke wat soortgelyk gemaak word of
soortgelyk lyk.
• Propaganda: boodskappe wat mense laat glo dat ń sekere denkwyse die
beste is.
• Materiële kultuur: die fisieke dinge wat jy kan aanraak en vashou wat
deel van ń kultuur is.
• Massamedia: kommunikasiemedia, soos koerante en die radio.
1
, Portrette:
• Portrette van mense is waarskynlik die mees algemeenste kuns.
• Die kuns van antieke tye (rotstekeninge en tempelbeeldhouwerk) was
gewoonlik simbole van godsdiens of spirituele gelowe.
• Portretskildery het in die Renaissance van 1300 – 1500 belangrik
geword.
• Kultuur het in daai tydperk regoor Europa gebloei.
• Mense het belanggestel in sake, politiek en leierskap.
• Hulle het op ń sekere manier kleure gekies en skilderwerk georden.
Kunselemente:
• Daar is 5 elemente van kuns:
▪ Kleur
▪ Toon
▪ Lyn
▪ Vorm
▪ Tekstuur: grof of sag.
• Dis die dele wat die kunstenaar kan verander en rondskuif om ń
komposisie saam te stel.
• Hoe dele van ń prent gerangskik word, kan ons gevoel oor die skildery
en onderwerp beïnvloed.
• Indien dit goed gedoen is, het ons ń gevoel van “korrektheid” en die hele
ontwerp werk saam om ń eenheid te skep.
Ontwerpbeginsels:
• Eenheid/harmonie
• Verskeidenheid
• Beklemtoning/fokuspunt
▪ Kontras
▪ Sentralisasie
▪ Wyslyne
▪ Ooglyn
• Balans
• Ritme
• Skaal en proporsie
• Ruimte
Styl
• Kunstenaars uit dieselfde lande kan dalk kunswerke maak wat soortgelyk
is.
• Skilderwerke uit ń sekere era het dalk dieselfeonderliggende idee en lyk
dieselfde.
• Impressioniste het daarin belanggestel om lig te skilder.
• Ekspressioniste het gevoelens geskilder.
• Herkenbare kombinasies van tegnieke word ń “styl” genoem.
2