Geskiedenis
Keerpunte in die Suid-Afrikaanse Geskiedenis: 1948 en 1950’s
Die Universiele Verklaring van Menseregte ná die Koue Oorlog
Agtergrond van die Universiele Verklaring van Menseregte
• Na die Tweede Wêreldoorlog was daar ń behoefte aan die erkenning
van menseregte.
• Menseregte: basiese regte en vryhede waarop alle mense geregtig is.
• Verteenwoordiger van die vier groot moondhede het in 1944 by ń erehuis
in Washington DC vergader om die volgende te bespreek:
➢ Die twee wêreldoorloë wat albei binne 30 jaar plaasgevind het.
➢ Die verskriklike wreedheid wat die Joodse mense in Europa, die
krysgevangenes in Asië en Europa aangedoen is.
• Baie wêreldleiers het gevoel dat daar ń beter manier moet wees vir
nasies en mense regoor die wêreld om saam te leef en hulle probleme op
te los.
• Laat in 1945 het wêreldleiers in San Francisco byeengekom om die
Verenigde Nasies (VN) te vorm.
• Jan Smuts, die Suid-Afrikaanse pre-apartheidsveldmaarskalk, was die
inspirasie tot ń verwysing na menseregte in die Handves van die VN.
• Dit is opgevolg met ses verwysings na menseregte en basiese vryhede
wat gelei het tot die stigting van ń Kommissie vir Menseregte.
• In April 1946 is mev. Eleanor Roosevelt, weduwee van pres. Franklin
Roosevelt van die VSA, aangestel as voorsitter van ń interingroep van
nege lede.
• Teen Junie het hulle voorgestel dat die kommissie ń internasionale
wetsontwerp vir mense regte moet opstel.
• Later daardie jaar is die kommissie amptelik aangestel.
• Die groep het in Januarie 1947 vir die eerste keer vergader en het
besluit dat hulle eerste aan ń verklaring moet werk, eerder as ń verdrag.
• Die verklaring moes die volgende insluit:
➢ Siviele en politieke regte
➢ Ekonomiese en maatskaplike regte
• Die kommissie se doel was om die verklaring ń redelike kort, inspirerende
dokument te maak wat gewone mense kon verstaan.
• Dit moes die grondslag vorm vir ń internasionale wetsontwerp oor
menseregte.
Die Universiele Verklaring van Menseregte
• Op 10 Desember 1948 het die VN se Algemene Vergadering die
Universiele Verklaring van Menseregte (UVMR) goedgekeur.
• Dit was in reaksie op die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog.
1
, • Die doelwitte van die UVMR was om:
➢ By te dra tot “vryheid, geregtigheid, en vrede in die wêreld.
➢ Erkenning en respek te bereik vir menseregte.
➢ Vir alle mense van oral ń standaard van regte te stel.
• Dit was die eerste internasionale uitdukking van regte waarop alle mense
natuurlik geregtig is.
• Waarom ń blywende nalatenskap vir die mensdom verseker is:
➢ Vandag word die UVMR as ń invloedryke verklaring van
standaarde aanvaar.
➢ Die UVMR het byna ń uitbreiding van die VN-handves geword.
➢ Die meeste voorwaardes van die UVMR het deel van die
internasionale gewoontereg geword.
• Voorbeelde van basiese menseregte, almal het die reg op
➢ Lewe, vryheid en veiligheid.
➢ Vryheid van slawerny.
➢ Erkenning as ń mens voor die reg.
➢ Gelyke beskerming deur die reg.
➢ Rus en ontspanning.
Definisie van Rassisme
Wat is rassisme?
• Rassisme is diskriminasie, of onregverdige behandeling, gegrond op ń
persoon se ras. Dis wanneer iemand as minderwaardig beskou word
weens die kleur van hulle vel.
• Ras is die klassifisering van mense gegrond op fisieke kenmerke.
• Die vier soorte rassisme:
➢ Historiese rassisme – is gegrond op afkoms of waar ń persoon
vandaan kom.
➢ Wetenskaplike rassisme – fokus op fisieke kenmerke van mense.
➢ Institusionele rassisme – verwys na aktiwiteite wat veronderstel is
om die voordele van die dominate groep te beskerm.
➢ Nuwe rassisme – sluit nie enige teorieë of oortuigings in nie, dis ń
minder voor die hand liggende rassisme.
Menslike evolusie en ons gemeenskaplike afkoms
• Evolusie is die verandering wat oor tyd in ń bevolking plaasvind, dis ń
proses wat uitloop op veranderings wat oorgedra word van geslag tot
geslag.
• Dit kan mense en diere help om te oorleef.
• Met biologiese evolusie word verduidelik hoe alle lewende dinge deur
miljarde jare heen ontwikkel het van ń enkele gemeenskaplike voorouer.
• Die verhouding tussen die aap en mens:
➢ 98,5% van die gene in mense en sjimpansees is identies.
➢ Die menslike brein is groter en komplekser.
➢ Mense het komplekse vorms van kommunikasie en kultuur.
2
, ➢ Mense loop regop, kan baie klein voorwerpe manipuleer en kan
praat.
• Ons gemeenskaplike afkoms:
➢ Afkoms verwys na ons oorsprong of erfenis.
➢ Gemeenskaplike afkoms kan na die wetenskaplike soeke na ń mens
wat die gemeenskaplike voorouer is van alle mense wat vandag
nog leef, verwys.
➢ Of dit kan verwys na die soeke na ń persoon van wie
afstammelinge, of nakomelinge, deur hul genealogie na te speur,
oor ń geemnskaplike ouer beskik.
• Genealogie:
➢ Gemeenskaplike ouers word gevind deur die genealogie van twee
of meer mense na te speur totdat jy ń punt bereik waar hul kruis.
Apartheid en die mite van ras
• Mites is iets wat wyd bekend is, maar ń valse oortuiging word gebruik om
iets te verklaar.
• Voor die 17de eeu was die term “etnisiteit” gebruik ommense te beskryf,
eerder as “ras”.
• Etniese groe is ń groep mense wat ń gemeenskaplike geskiedenis en
manier van leef deel van geslag tot geslag.
• Tydens die 17de en 18de eeu het Europese wetenskaplikes en antropoloë
mense volgens ras begin klasifiseer.
• Hulle was ook besig om ń hiërargie vir die mensdom te skep – met die wit
Europeër heelbo.
• Hiërargie isorde volgens status of gesag.
• Wetenskaplikes het in die 1800’s die teorie bevestig dat alle mense van
die gemeenskaplike voorouer af kom, dit het die konsep van “ras”
beïnvloed, en gelei tot strukturele rassisme.
• Strukturele rassisme is die geloof dat mense verdeel is in biologiese
vasgestelde rasse en dat hulle ook geestelik en moreel verskil.
• Apartheid was ń voorbeeld van strukturele rassisme, wat ń
geïnstitusionaliseerde stelsel van rassesegregasie (rasseskeiding) was wat
deur die NP(Nasionale Party)-regering in 1948 – 1994 afgedwing is.
1948: Nasionale Party en Apartheid
Rassesegregasie voor apartheid
• Dit het dedurende die koloniale tydperk in SA gebeur, toe magtige nasies
soos Brittanje beheer oor SA geneem het en hulle taal enn kultuur probeer
afdwing het.
• Nadat die Britte die Boere verslaan het in die Suid-Afrikaanse oorlog
(1899 – 1902), het onderhandelinge gelei tot die Unie van Suid-Afrika en
die Suid-Afrika-wet (1910), wat aan wit mense algehele politieke beheer
gegee het oor alle ander rassegroepe en swart Suid-Afrikaners polities
uitgesluit het.
3