KWARTAAL 2 OPSOMMINGS
HOOFSTUK 7: STUDIEVAARDIGHEDE
Eenheid 1: Pas studievaardighede, -style en -strategieë toe.
Ondersoek hoe leer plaasvind en dink na oor die doeltreffendheid
Ons leer deur :
1. Wat ons sien
2. Wat ons hoor
3. Wat ons proe
4. Wat ons voel(vat)
5. Wat ons ruik
6. Wat ons doen
7. En ook wat ons voel en verbeel.
Hoe leer plaasvind
- Hoe meer aktief die brein is, hoe sterker word die verbindings tussen die
neurone.
- Met oefening vorm sterk verbindingspaaie en sommige aksies vind outomaties
plaas
- Leer vorm die brein en die brein stop nooit om te dink, leer, onthou en ontdek nie.
- Om hierdie verbindings paaie te vorm moet jy:
Leer, probleme oplos, herroep, lees, dink, bereken, reflekteer en skryf.
- Om iets nuuts te leer moet jy dit herhaal.
- Hoe meer jy dit doen, hoe beter leer jy hoe om dit te doen.
,Leerstyl as voorkeur-manier om take te benader
Elke persoon se brein is verskillend, omdat dit verskillend bedraad is.
Elke brein is spesiaal en uniek.
Elke brein verkies om op ‘n spesifieke manier te leer.
- jy moet jou unieke leerstyl wat by jou brein se bedrading pas vind..
Linker- en regterbrein dominansie
, Hoe 'n regterbrein leer
Regterbrein-kinders sal beter konsentreer as die leerproses kreatief is. Hulle
moet die einddoel verstaan, en sal dan dikwels ’n kreatiewe pad daarheen vind.
’n Omgewing met buigsaamheid oor hoe dinge gedoen word, en wat gereeld
kognitiewe uitdagings aan hulle stel, sal hulle die beste pas.
Prente is baie belangrik en help dié kinders baie.
Hoe ‘n linkerbrein leer
Aan die ander kant kan kinders met ’n dominante linkerbrein soms sukkel om die
groter prentjie te sien. Dis dus belangrik dat die juffrou aan die begin van ’n les
die doelstellings van die les duidelik uiteensit en verduidelik hoe sy daarby wil
uitkom, soos om voorbeelde te gee of ’n eksperiment uit te voer.
Linkerbrein-kinders vaar gewoonlik beter met ’n gestruktureerde les waar hulle
weet wat die einddoel is. Vloeikaarte van prosesse wat gevolg moet word, soos
die metode wat gebruik word om die wiskundesom te doen, kan baie nuttig wees
vir sowel linker- as regterbrein-dominante kinders omdat dit gou duidelik sal
wees of hulle die metode verstaan.
Bou op jou leerstyle
Volgens die veelvoudige intelligensieteorie kan mense die volgende soorte
intelligensie hê:
1. Visueel/ruimtelik
2. Naturalisties
3. Kinestesies
4. Logies/wiskundig
5. Interpersoonlik
6. Intrapersoonlik
7. Linguisties/verbal
8. Musikaal
9. Spiritueel
10. Moreel