Klassifikasie van die mens
Ryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia (vivipara en soog kleintjies)
Orde: Primate (bobbejaan, aap, sjimpansee) oponeerbare
duim, 5 vingers met naels en 2 oë wat vorentoe wys)
Familie: Hominidae (mens, sjimpansee, gorilla en oeranoetang)
Genus/genera: Homo
Spesie: Homo sapiens
Terme
Gee 1 term:
Hominied: verwys na al die uitgestorwe tweevoetige voorouers van mense, insluitende
die mens, sjimpansee, gorilla en oeranoetang. Oorgangspesies se skelet toon
intermediêre kenmerke tussen mense en primate.
Hominien: subgroep van die hominiedes wat slegs moderne mense en hul voorouers
(uitgestorwe mensspesies insluit)
Primaat: sluit bobbejane, sjimpansee, ape en mens in
Boomlewend: leef primêr in bome
Seksuele dimorfisme: twee geslagte toon verskillende kenmerke
Paleontologie: studie van fossiele
Paleontoloog: persoon wat fossiele bestudeer
Antropologie: studie van mens se oorsprong
Argeologie: studie van artefakte wat deur vroeë menslike bevolkings agtergelaat is
Paleo-antropologie: studie van menslike evolusie deur fossiele van mense en artefakte
Oorgangsfossiel: toon intermediêre kenmerke tussen 2 spesies, het kenmerke
gemeenskaplik aan beide voorouerspesies
Cro-magnon: vroeë modern mens van Europa, rots in Frankryk waar eerste Europese
mens fossiel gevind is