Sondag = dag vvan die week. Aande = baie aande (meervoudige vorm).
Daarom: herhalende gebeure.
Roofvoëls Birds of prey
Taai Sticky
Woonsteldakke Flats’ roofs
Mettertyd In due course
Laer, al laer Lower, still lower
Intuur Peak in
Prooi Prey
Bou
• Vrye vers.
• Stemmingsgedig (emotive poem).
• Geen vaste rymskema nie.
• Onreëlmatige reëls.
• Halfrym gee binding.
• Enjambment: reg deur gedig en bou spanning op.
• Gedig word in vetdruk gedruk om die donker gedagtes te simboliseer.
Tema
Mense ervaar gevoelens van hartseer en angs op Sondagaande (eensaam, negatief).
Spreker
• Anoniem / onbekend.
• Gebruik donker, somber, hartseer stemming.
1. Die aand stuur sy roofvoëls uit in die taai donker
Roofvoëls is ’n metafoor vir die negatiewe gevoelens van mense: depressie / melancholie.
2. Hulle draai eers rond
Gedagtes is aanvanklik vaag. Alliterasie van ‘r’ klank dra by tot spanning.
3. Hoog bo die stad se woonsteldakke
Die roofvoëls opsoek na prooi: negatiewe gedagtes is nou nog vaag. Alliterasie van ’s’
klank suggereer klappende vlerke.
4. Maar mettertyd sirkel hulle laer, al laer
Wending. Geleidelik begin die negatiewe gevoel meer anstig word. Die ‘roofvoëls’ anstige
gedagtes kom nader. Alliterasie: vertraagde tempo, voel stadig en dreigend.