AFK2601 – Werksopdrag 2
SEMESTER 2 UNIEKE NO.: 734283
LEEREENHEID 1
VRAAG 1.1
1.1.1. Wetenskapfiksie:
Hierdie genre van fiksie is gebaseer op die denkbeeldige verteenwoordiging van die toekoms
met betrekking tot tegnologiese- en wetenskaplike ontwikkeling of drastiese veranderinge in
die omgewing wat ʼn effek het op die mensdom en die omgewing. Die HAT gee die definisie
van wetenskapfiksie soos volg; “Fiksie gebaseer op verbeelde toekomstige wetenskaplike
ontwikkelings of omgewingsveranderings.” [2014, 1319]
‘n Goeie voorbeeld van ‘n boek in hierdie genre is Koors van Deon Meyer.
1.1.2. Riller:
Dié genre is een wat spanning en intense “skok”- en vrees emosies ontlok uit die
leser/kyker/luisteraar uit. Die HAT beskryf dit soos volg; “Boek, prent, toneelstuk wat ‘n
mens van spanning, vrees e.d. laat ril.” [2014, 938] Daar is gevalle waar die riller verhaal
gebaseer is op ‘n ware verhaal, maar dikwels is dit uit ‘n fiktiewe uitkyk geskryf.
‘n Voorbeeld van ‘n riller boek is Skrik op die Lyf, wat ‘n bundel van bangmaak stories is van
Fanie Viljoen.
1.1.3. Christelike roman:
Dié is ‘n genre wat handel oor verhale uit die Bybel. Daar word uitgebrei op die verhaal wat
in die Bybel plaasvind – of selfs ‘n getuienis wat gelewer word uit ‘n Christelike standpunt.
Daar word ‘n duidelike Christelike boodskap oorgedra aan die leser.
Kavod Adonai van Marzanne Leroux-van der Boon is ‘n voorbeeld van so ‘n Afrikaanse
Christelike roman.
VRAAG 1.2
Volgens die HAT beskrywing, beteken die woord ‘fiksie’ die volgende; “Denkbeeldige voorstelling,”
en die woord ‘fiktief’ beteken; “Denkbeeldig, verdig”. [2014, 234] Mens sal met eerste glans dink
dat hierdie twee definisies dieselfde is – maar in die letterkunde wêreld het ‘fiksionaliteit’ en
‘fiktiwiteit’ twee verskillende betrekkings tot skryfwerk en literatuur.
Die fiktiwiteit kan ook die ‘waarheidsgehalte’ van ‘n storie genoem word. Dit wil sê hoeveel van die
storie is waar en hoeveel daarvan is fiksie (van verbeelding gebruik gemaak om ‘n boodskap oor te
dra, nie noodwendig op feite gebaseer nie.)
Die ‘fiksionalisering’ van ‘n verhaal is die gebruik van verbeelding wanneer die verhaal op ‘n ware
verhaal of feite gebaseer is. ‘n Mens kan inligting bymekaar maak en soveel feite oor die onderwerp
kry as moontlik, maar daar sal altyd ontbrekende inligting wees – byvoorbeeld die emosies van ‘n
persoon tydens ‘n gebeurtenis. ‘n Persoon kan aan die skrywer oordra hoe hy/sy gevoel het, maar
1|Page
, dit gaan ‘n mate van verbeelding, of ‘fiksionaliteit’ neem om dit so oor te skryf dat die leser voel dat
hy/sy die emosies eerstehands ervaar.
Die skrywer gebruik fiksionaliteit om die ontbrekende inligting vol te maak om ‘n goeie storie te kan
skryf. Jy maak ‘n keuse oor die inligting wat jy byvoeg, in sit of ontbreek. Om al die inligting
bymekaar te plaas en ‘n verhaal daarvan te maak, moet die skrywer van verbeelding gebruik maak
om ‘n vloei in die verhaal te skep wat die storie suksesvol maak.
VRAAG 1.3
3.1. Definisie 01: In ‘n kaartspel is dit die boer van skoppens.
Definisie 02: Die dood.
3.2. Dit verduidelik hoe die “skoppensboer” (oftewel die dood) se mag versprei. Dit kan ter selfde
tyd ‘n voorstelling wees van hoe die mens probeer om aardse besittings bymekaar te maak, wat ten
einde nie saak maak wanneer die dood jou kom haal nie.
3.3. “in elke lag ‘n sug van pyn,”
3.4. Dit wil sê dat die dood kan nie vermei word nie. Daar is niks wat jy as mens kan doen om die
dood te stop nie. So dit help nie om te treur en jouself te breek oor die saak nie. Ons “lag maar mee”
om die pyn te weerhou terwyl die “Skoppensboer” die dood bring.
2|Page