Eenheid 1: Plante en voedsel
Woordelys
Term Definisie
Fotosintese Proses waar plante sonlig gebruik om voedsel te maak.
Chlorofil Groen pigment in blare wat sonlig absorbeer.
Stomata Klein gaatjies in blare waardeur CO₂ en O₂ beweeg.
Glukose Suiker wat plante as energiebron gebruik.
Stysel Gestoorde vorm van glukose in plante.
Hoe fotosintese werk
• Sonlig + CO₂ + Water → Glukose + Suurstof.
• Plante gebruik glukose vir groei (blare, stingels, wortels, sade, vrugte).
• Oortollige glukose word in stysel omgesit en gestoor.
• Vrugte smaak soet weens glukose, terwyl groente soos aartappels stysel bevat.
Plante en die lug
• Plante absorbeer CO₂ en stel O₂ vry tydens fotosintese.
• Snags gebruik plante ’n bietjie suurstof vir asemhaling (geen fotosintese in die donker).
Suurstofsiklus:
• Diere asem O₂ in en gee CO₂ uit.
• Plante gebruik CO₂ en stel O₂ vry.
Belangrike omgewingsnota
• Ontbossing (afkap van woude) = minder plante = minder suurstof.
• Fabrieke en karre stel baie CO₂ vry → dra by tot ’n kweekhuiseffek
en klimaatsverandering.
Kopiereg © The Teacher’s Pet Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6 (Via Afrika) Bladsy 2 van 35
, Fotosintese
Eenheid 2: Voedingstowwe in voedsel
Woordelys
Term Definisie
Koolhidrate Verskaf energie.
Proteïene Bou en herstel liggaam, vorm teenliggaampies.
Vette en olies Stoor energie, isolasie en beskerming.
Vitamiene Hou immuunstelsel gesond.
Minerale Bou bene en tande.
Koolhidrate
• Bronne: brood, rys, pasta, mieliemeel, aartappels, suiker.
• Stapelvoedsel → belangrik vir energie.
• Suiker → kort vlaag energie.
• Graan en groente → stadige, volhoubare energie.
Proteïene
• Bronne: vleis, boontjies, neute, eiers, vis, melk, jogurt, kaas.
• Funksie: groei, bou spiere en organe, herstel wonde.
Vette en olies
• Bronne: olierige vis, sade, plantolies, botter, margarien.
• Funksie: stoor energie, beskerm organe, isoleer liggaam.
• Te veel vet → oorgewig, hartkwale.
Vitamiene en minerale
• Bronne: vars vrugte, groente, suiwelprodukte.
• Vitamien C → sitrusvrugte → beskerm teen griep/verkoue.
• Kalsium → melk, kaas → bou sterk bene en tande.
Natuurlike voedselsoorte
• Min of geen verwerking.
• Bevat dikwels meer as een voedingstof (bv. rys bevat proteïen, koolhidrate en vet).
Verwerkte voedselsoorte
• Verwerk vir smaak, veiligheid of langer raklewe.
• Voorbeelde: blikkieskos, aartappelskyfies, sjokolade.
• Bevat bymiddels: sout, suiker, preserveermiddels, geur- en kleurmiddels.
Kopiereg © The Teacher’s Pet Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6 (Via Afrika) Bladsy 3 van 35
, Fotosintese
Eenheid 3: Voedingstowwe
Woordelys
Term Definisie
Gebalanseerde dieet Kos uit al die voedselgroepe.
Voedselgroepe Verskillende soorte kos (graan, vrugte, proteïen, vette).
Vesel Deel van plante wat vertering help.
Water Nodig vir liggaamsfunksies en hidrasie.
Koolhidrate Gee energie.
’n Gebalanseerde dieet
• Bevat al 4 hoofvoedselgroepe + vesel + water.
• Belangrik omdat dit:
1. Liggaam sterk hou.
2. Groei en ontwikkeling bevorder.
3. Siektes voorkom en beveg.
4. Konsentrasie en leer verbeter.
5. Genoeg energie voorsien vir werk, leer en speel.
Samestelling van ’n gesonde bord
• Graansoorte = grootste deel (energie).
• Vrugte en groente = tweede grootste (vitamiene en minerale).
• Proteïene (vleis, vis, boontjies, suiwel) = kleiner deel (bou/ herstel).
• Vette en olies = kleinste deel (stoor energie, maar kan gesondheid benadeel).
• Vesel = noodsaaklik (groente, vrugte, graan).
• Water = 5–8 glase per dag.
Vesel
• Onverteerbare deel van koolhidrate in plante.
• Funksies: verlaag cholesterol, voorkom diabetes, laat jou versadig voel.
• Bronne: amandels, volkoringbrood, spinasie, appels, piesangs, pere.
Water
• 70% van liggaam bestaan uit water.
• Nodig vir: vertering, absorpsie, temperatuurbeheer, afvalverwydering.
• Tekort → hoofpyn, moegheid, seer spiere, allergieë (dehidrasie).
• Bronne: drinkwater + water in groente/vrugte.
Kopiereg © The Teacher’s Pet Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6 (Via Afrika) Bladsy 4 van 35