DNA/DNS, RNA/RNS en Proteïensintese (Vraestel 2- 27 punte)
DNS/DNA is die basiese eenheid van genetika.
DNS/DNA verskaf die kode vir die vervaardiging van proteïene, n proses wat bekend staan as
proteïensintese
Daar is twee tipes nukleїensure: DNS/DNA en RNS/ RNA
• DNS/DNA word aangetref in die nukleus/selkern van selle
word ook in die mitochondria van selle aangetref.
• RNA/RNS is word in die nukleus/selkern gevind
en by die ribosome in die sitoplasma van ‘n sel.
• RNA/RNS speel ‘n rol in proteïensintese deur aminosure in die regte volgorde
te verbind, volgens die instruksies wat DNA/DNS verskaf.
STRUKTUUR VAN DNA/DNS: Dubbele Heliks
Bestaan uit twee stringe van nukleotiedes wat ‘n gedraaide leer vorm (dubbele
heliks)
Dubbele heliks
n DNS/DNA molekule word opgemaak uit boublokke(monomere), genoem nukleotiede
NB : Elke DNA/DNS nukleotiede word uit drie komponente opgemaak:
1. Stikstofbasisse aanmekaar geheg deur swak
waterstofbindings
Die vier stikstofbasisse: adenien (A)
timien (T)
sitosien (C)
guanien (G)
2. Suiker gedeelte (deoksiribose in DNA/DNS)
3. Fosfaat-gedeelte
Spesifieke paring van basisse (komplimentêre basisse)
A paar altyd met T (A-T)
C paar altyd met G (C-G)
NB!!: Stikstofbassise heg altyd aan die suiker gedeelte van die
nukleotied
Ken die stokdiagram van DNA/DNS om
die struktuur te illustreer:
Wanneer jy hierdie onderwerp leer, oefen om
‘n nukleotied te teken
EN
verskaf byskrifte vir die verskillende dele van
die DNA/DNS stokdiagram
2
,Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022
FUNKSIES VAN DNS/DNA:
1. Gedeeltes van DNS/DNA-vorming gene dra oorerflikheids inligting
2. DNS/DNA bevat gekodeerde inligting vir proteïensintese
PROSES VAN DNS/DNA REPLISERING
(Betekenis van repliseer = om ‘n presies kopie te maak)
Wanneer in die selsiklus neem DNS repliseringplaas?
Tydens INTERFASE
Waar in die sel vind DNS replisering plaas?
In die nukleus/selkern
Belangrikheid van DNS replisering:
• Die genetiese materiaal verdubbel sodat dit tussen die twee gevormde dogterselle tydens
seldeling verdeel kan word.
• Tydens mitose, die vorming van twee identiese (eenderse) dogterselle tot gevolg het.
Hoe vind DNS replisering plaas:
(jy moet hierdie proses kan beskryf)
Definisie van ‘n DNS/DNA profiel:
Kan beskryf word as ’n rangskikking van swart stafies op ’n rooster – die swart blokkies
verteenwoordig DNA-fragmente.
Gebruike van DNS/DNA profiele:
• Misdadigers te identifiseer
• Lyke te identifiseer
• Naasbestaandes te identifiseer
• Vaderskap te bepaal
3
, Lewenswetenskappe Gr 12 Kaapse Wynland Oorlewingspakket - Vraestel 2 2022
Interpretasie van DNS/DNA profiele:
Vergelyk die DNS profiel wat by die misdaadtoneel gekry is met die DNS profiele van die
verdagtes.
Verdagte 2 is heel waarskynlik skuldig want al die stafies op sy DNS profiel stem
ooreen(oorvleuel) met die stafies van die DNS profiel wat by die misdaadtoneel gevind is.
Eksemplaarvrae – DNS
Vraag 1:
1. Die diagram hieronder verteenwoordig 'n gedeelte van 'n DNS/DNA-molekuul.
1.1 Identifiseer dele genommer B, C en D.
1.2 Noem:
(a) Monomeer A
(b) EEN organel in ‘n sel waar DNS/DNA voorkom.
1.3 Hoeveel nukleotiede word in die diagram getoon?
Antwoord
1.1 B – stikstofbasis
C – fosfaat
D - waterstofbindings (swak)
1.2 (a) nukleotied (monomeer = boublok)
(b) nukleus of mitochondria
1.3 8
2. Die diagram hieronder verteenwoordig deel van ‘n DNS/DNA-molekuul.
2.1 Identifiseer die:
(a) Molekuul X
(b) Suiker Y
(c) Binding W
2.2 Gee die gesamentlike naam vir dele X, Y en Z.
2.3 Noem die natuurlike vorm van die DNA/DNS-
molekuul
2.4 Noem die proses waardeur DNA/DNS ‘n kopie
van homself maak.
2.5 Noem TWEE plekke in ‘n diersel waar DNS/DNA
voorkom.
4