Toerisme
Graad 12
FINALE
EKSAMEN
2025
Studienotas
Hierdie notas is saamgestel met behulp van die volgende artikels van: NSS/ SACI NOV
2019, NSS/ SACI NOV 2020, NSS/ SACI NOV 2021, NSS/ SACI NOV 2022, NSS/ SACI NOV
2023 & NSS/ SACI NOV 2024.
Hierdie inligting/antwoorde kom uit die memorandums (daar is meer moontlike
antwoorde). Sommige inligting word herhaal - ek wil jou die verskillende maniere wys
waarop dieselfde inligting gevra word. Ek moedig jou aan om die berekenings-
/illustrasievrae te beantwoord.
Om hierdie dokument optimaal te gebruik moet jy Termyn 1,2 en Rekord – eksamen se
studienotas leer/ hersien, kontak om die volle jaarpakket
aan te skaf.
Let wel:
Sommige vrae in die eksamen vereis dat jy jou antwoord in paragraafformaat skryf.
In hierdie notas is die antwoorde puntegewys aangebied sodat jy dit makliker kan leer en
memoriseer. Gebruik die punte om ’n vloeiende paragraaf in die eksamen te skryf.
Doel van hierdie dokument:
• Om jou volledige hersieningsgids vir die 2025 Finale Eksamen te wees.
• Om vir jou te wys watter onderwerpe reeds in Termyn 1/Termyn 2 gedek is en waar jy
dit kan hersien.
• Om nuwe inhoud en gevallestudies uit die Rekord- en 2023/2024 Finale vraestelle vir
jou in te sluit.
• Om seker te maak jy mis geen moontlike eksamenvraag nie.
@Juffrou_Ansie
, 2
Sterkte: Juffrou Ansie
Inhoud
1. Kaartwerk en toerbeplanning 2
2. Toerbegrotings 7
3. Gesondheid en Veiligheid 8
4. Reisdokumentasie en Doeane 8
5. Wêreldtydsones en DBT (Daylight Saving Time) 8
6. Plaaslike, streeks- en internasionale toerisme (markaandeel) 17
7. Buitelandse valuta en geldeenhede 24
8. Internasionale betaalmetodes 26
9. Volhoubare en verantwoordelike toerisme 31
10. Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika 33
11. Kliënteterugvoer en tevredenheids-strategieë 37
12. Professionele beeld, diensetiek en indiens-nemingsvoorwaardes 40
Kaartwerk en toerbeplanning
Hersien jou T1-notas.
GEVALLESTUDIE NSS NOVEMBER: TOERISME 2019
@Juffrou_Ansie
, 3
Die Springbok span se vlug vertrek op 8 September 2019 om 20:00 vanaf OR Tambo
Internasionale Lughawe na Haneda Lughawe in Tokio. Na 12 uur sal hulle by Hong Kong
Lughawe aankom vir 'n 2 uur en 30 minute tussenstop. Van daar sal hulle nog 3 ure na
hul bestemming vlieg.
Bereken die totale vliegtyd vir die Springbok span.
Bereken die tyd en datum van die Springbok-span se aankoms in Tokio.
Die wedstryd tussen die Springbokke en Nieu-Seeland beloof om een van die
hoogtepunte van die Wêreldbeker-toernooi te wees. Bereken die tyd en datum wat
mense in Suid-Afrika die wedstryd regstreeks kan kyk.
@Juffrou_Ansie
, 4
Engeland speel op 12 Oktober om 17:15 (plaaslike tyd) teen Frankryk. Bereken die tyd
en datum wat mense in Londen die wedstryd regstreeks kan kyk. Die Verenigde
Koninkryk gebruik daglig van 31 Maart tot 27 Oktober.
____________________________________________
@Juffrou_Ansie