LEWENSWETEN-
SKAPPE
Kwartaal 3
2025
GRAAD 11
Hierdie notas is saamgestel
met behulp van vorige
eksamenvraestelle: SACAI NOV 2020, SACAI NOV 2021, SACAI NOV 2022. NSC – Grade 11 Onderwerptoets: Sellulêre
asemhaling. @WCED Hersieningsboekie 2025. LEWENSWETENSKAPPE TAAK 6: TOETS 2_GRAAD 11. (EC/NOVEMBER 2023) & (EC/NOVEMBER
2024)
LET WEL: Sommige inligting word herhaal, maar ek het dit aangeheg sodat jy die
verskillende maniere waarop vrae / bronne aangebied kan word, kan sien. Sterkte.
Sterkte: Juffrou Ansie.
INHOUD
1. GASWISSELING 2
2. EKSKRESIE BY DIE MENS 19
3. BEVOLKINGSEKOLOGIE 27
@Juffrou_Ansie
, Page 2 of 40
GASWISSELING
Die ventilasie/asemhalingstelsel by die mens bestaan uit die volgende:
• Neusholtes
• Tragea
• Twee brongi (brongusse)
• Talle brongioli
• Twee longe
• Asemhalingspiere
ASEMHALINGSTELSEL VAN DIE MENS WCED Hersieningsboekie 2025
@Juffrou_Ansie
, Page 3 of 40
Neusholtes
• Die twee uitwendige neusopeninge lei na twee neusholtes wat deur ‘n septum van mekaar geskei word
• Klein, fyn haartjies in die neusopeninge filtreer groter deeltjies uit die ingeasemde lug
• Elke neusholte word deur drie gekromde turbinaatbene in drie gange verdeel.
• Die neusholtes is uitgevoer met ‘n slymvlies wat uit gesilieerde kolomepiteelselle bestaan.
• Die epiteelselle is ryklik voorsien van kapillêre bloedvate wat inkomende lug verwarm.
• Bekerselle in die kolomepiteelselle skei slym af wat stofdeeltjies en kieme vasvang, antisepties is en
inkomende lug bevogtig.
• Silia op die kolomepiteelselle voer swaaibewegings uit in die rigting weg vanaf die longe om
stofbelaaide slym na buite te vervoer.
Farinks
• Die neusholtes open in die farinks.
• Die farinks lei na twee openinge, die DIE VENTILASIESTELSEL
opening bekend as die glottis wat na
die tragea lei, en die opening wat na
die esofagus lei.
Tragea
• Die tragea is ‘n lang, buisvormige struktuur wat aan die voorkant van die esofagus geleë is.
• Die larinks wat die stembande huisves, is aan die bopunt van die tragea geleë.
• Die epiglottis is aan die bopunt van die larinks geleë en bestaan uit kraakbeen
• Die epiglottis sluit die glottis tydens die slukproses en verhoed sodoende dat voedsel die tragea
binnegaan.
• Die wande van die tragea word deur C-vormige kraakbeenringe versterk en oopgehou.
• Die trachea is uitgevoer met geslieerde kolomepiteelselle wat slym (mukus) afskei.
• Die slym bevogtig die inkomende lug en vang stofdeeltjies vas.
• Slym met vasgevangde stofdeeltjies word deur die swaaibewegings van die silia na die farinks
vervoer.
@Juffrou_Ansie
, Page 4 of 40
Brongi, brongioli en alveoli
• Die tragea vertak in twee brongi wat onderskeidelik die regter-en
linkerlong binnegaan
• Die brongi is ook met ‘n slymvlieslaag uitgevoer en word deur O-
vormige kraakbeenringe oopgehou.
• Die brongi verdeel in kleiner vertakkings binne die long en vorm
brongioli
• Die brongioli het geen kraakbeenringe en hul wande bestaan uit
Longe gladde spiere wat kan saamtrek en ontspan om lugvloei te beheer
• Die twee longe is in die borskas geleë en • Elke brongiool eindig in ‘n infundibulum wat uit ‘n groep alveoli
word deur 12 paar ribbe beskerm. bestaan.
• Die longe is sponsagtig en elasties en
kan uitsit en inkrimp tydens asemhaling
• Die regterlong bestaan uit drie lobbe, en
die linkerlong uit twee lobbe.
• Elke long word omring deur ‘n DIE VENTILASIESTELSEL
dubbelmembraan, naamlik die pleura. VERVOLG
• Die vloeistof (interpleurale vloeistof)
tussen die pleura verhoed wrywing
wanneer die longe uitsit en inkrimp.
Asemhalingspiere en ribbe:
Diafragma:
Die diafragma is ‘n
koepelvormige spierplaat wat Ribbe:
die bors-en buikholte van Tussenribspiere:
mekaar skei. Die ribbe is aan weerskante van
Die tussenribspiere kom tussen
Die diafragma trek saam en raak die sternum (borsbeen) en
opeenvolgende ribbe voor en
platter om die volume van die beskerm die longe teen
bestaan uit uitwendige en
borsholte te verander en is besering.
inwendige tussenribspiere.
belangrik tydens asemhaling.
@Juffrou_Ansie