CHROMOSOME
· Elke liggaamsel in 'n bepaalde organisme van 'n bepaalde spesie besit dieselfde aantal chromosome.
· By organismes wat geslagtelik voortplant, is die aantal chromosome altyd 'n ewe getal omdat dit uit twee stelle
chromosome bestaan,
· Hierdie dubbele stel chromosome staan bekend as die diploïede chromosoomgetal (2n).
· Elke chromosoom van die een stel het gewoonlik 'n chromosoommaat in die ander stel. Hierdie
chromosoommaats stem ooreen ten opsigte van grootte, vorm en genetiese samestelling.
· Een chromosoom van so 'n paar is vanaf die organisme se moeder en die ander vanaf die vader afkomstig.
· Hierdie pare chromosome staan bekend as homoloë chromosoompare.
· Hierdie pare verseker dat die organisme eienskappe van albei ouers besit.
Die twee chromosome van 'n
homoloë chromosoompaar stem
ooreen wat grootte, vorm en
genetiese samestelling betref. Een
chromosoom (bv. A) is vanaf die
een ouer en die ander
chromosoom (bv. B) vanaf die
ander ouer afkomstig.
'homo' = Die haploïede chromosoomgetal
dieselfde/soortgelyk (n) is die helfte van die diploïede
chromosoomgetal (2n), bv. în
"logos' = menslike gamete, n = 23 en 2n
= 46.
· Geslagselle (gamete), nl. eierselle en spermselle, besit net een stel chromosome, wat bekend staan as die
haploïede chromosoomgetal (n).
· Tydens bevrugting versmelt 'n eiersel en 'n spermsel, elk met een stel chromosome (n), om 'n sigoot (2n) te vorm.
· Die sigoot besit dus nou twee stelle chromosome, nl. die diploïede chromosoomgetal.
· Die sigoot verdeel mitoties en vorm 'n embrio, bestaande uit 'n magdom selle, elk met die diplolede
chromosoomgetal.
· Elke organisme besit 'n unieke getal chromosome in elke somatiese sel.
, KARIOTIPE
· Die volledige diploïede stel chromosome binne een somatiese sel van 'n organisme, wat volgens hul
grootte, vorm en getal in homoloe pare gerangskik is, staan bekend as 'n kariotipe.
· Die mens se kariotipe bestaan uit 22 pare outosome (44 gewone chromosome wat nie by
geslagsbepaling betrokke is nie) en een paar gonosome (2 geslagschromosome), bekend as die X- en Y-
chromosome.
· Die mens se diploïede chromosoomgetal is 46.
Daar is 23 homoloë
'n Vrou besit twee X-gonosome, terwyl 'n man een X- en een Y-gonosoom besit
chromosoompare in elke
› Die chromosoomsamestelling in 'n vroulike individu is 44 + XX. somatiese sel van die
› Die chromosoomsamestelling in 'n manlike individu is 44 + XY. mens.
SELDELING
· Die tydperk waartydens 'n sel groei, genetiese materiaal repliseer en verdeel, staan bekend as die
selsiklus.
Die selsiklus word verdeel in:
› Interfase
› Verdelingsfase
Interfase is die tydperk tussen twee
opeenvolgende seldelings 'n Chromatiennetwerk
is sigbaar aangesien dit slegs tydens seldeling
chromosome vorm. Selgroei, replisering van DNA
en duplisering van die sentrosoom vind
gedurende hierdie fase plaas. In die
verdelingsfase vind verdeling van die selkern en
chromosome tydens kariokinese plaas. Dit word
gevolg deur sitokinese, wat die verdeling van die
sitoplasma, organelle en selmembraan behels.