NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBER 2024
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
,Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taal (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep na elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na ELKE antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 20 minute
AFDELING C: 50 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
, Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Nov
TEKS A: ARTIKEL
SUID-AFRIKA SE GOUE SEUNS EN DOGTERS MAAK DIT IN DIE WÊRELD
Zozi Tunzi, Siya Kolisi, Pretty Yende ...
1 Ons ken hulle. Party van hulle het oorsee gaan bly. Ander woon in Suid-Afrika.
Maar hulle deel een ding: hulle is óns mense wat regoor die wêreld bekend is.
2 Christiaan Neethling Barnard, gebore 8 November 1922, is Suid-Afrika se
bekendste hartchirurg. Hy het wêreldberoemd geraak toe hy in 1967 die eerste
mens-tot-mens-hartoorplanting suksesvol in Kaapstad uitgevoer het. As gevolg 5
van ernstige artritis in sy hande, kon hy teen 1983 nie langer as chirurg werk nie.
In 2001 is hy na 'n asma-aanval oorlede. Sy Christiaan Barnard Stigting het baie
arm kinders gehelp.
3 Dr. Imtiaz Sooliman is die stigter van een van die
wêreld se bekendste humanitêre organisasies, Gift 10
of the Givers. Hulle help mense wat swaarkry as
gevolg van oorloë, vloede, aardbewings, ens. Alles
het op 6 Augustus 1992 begin toe iemand vir
Imtiaz gesê het dat hy 'n organisasie moet begin
om mense van alle rasse, gelowe en politieke 15
idees wêreldwyd te help. Van toe af het die
organisasie mense regoor die wêreld al met
R2,5 miljard gehelp. Imtiaz se kalmte, geduld en
energie help hom om hierdie werk suksesvol te
kan doen. 20
4 Charlize Theron is Suid-Afrika se "meisie van Benoni''! Sy is in 1975 daar gebore
en het op 'n plaas buite die stad grootgeword. Sy het as jongmeisie na Amerika
verhuis om 'n loopbaan as aktrise te volg. In 2004 het Charlize die Oscar gewen
vir haar hoofrol in die fliek, Monster.
5 Sjef Jan Hendrik van der Westhuizen het aan die 25
Universiteit van Stellenbosch studeer. Terwyl hy vir
'n kostydskrif gewerk het, het hy dikwels oorsee
gereis. So het hy die idee gekry om
Suid-Afrikaanse geregte soos melktert, biltong en
mosbolletjies aan Europa se mense bekend te stel. 30
Sy liefde en talent vir kosmaak kom van sy ouma
af. Vandag besit hy die restaurant, JAN, in Nice,
Frankryk. Hierdie restaurant het in 2016 die
Michelin-ster ontvang. Dit is 'n baie hoë toekenning
wat net aan die heel beste restaurante gegee word. 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief