Deur Elisabeth Eybers
,1. Dis hier waar ons twee skei – jy, Hart en ek,
2. albei tot afskeid so onvoorbereid.
3. Die weg was lieflik waarlangs jy gelei’t
4. maar dis verby, al staar jy terug. Nou strek
5. die pad langs klowe, afgrond en moeras.
6. Voortvarend en ‘n lafaard soos altyd
7. en nooit in staat tot enige besluit
8. en siek daarby, is jy nou net ‘n las.
, 9. Jy was die gas en gasheer by die fees,
10. die seremoniemeester en die nar:
11. jou dwase raad kan net die Hoof verwar
12. waar elke tree die laaste tree mag wees.
13. Kyk, dit word laat, die kermis is verby,
14. kan jy dit nie begrip? Hier moet ons skei.