GEOGRAFIE
KWARTAAL 2 – JUNIE EKSAMEN
VOORBEREIDINGSNOTAS
KWARTAAL 1 HERSIENING INGESLUIT
OEFEN JUNIE EKSAMEN VRAESTEL
,KWARTAAL 2 HERSIENING
, NUWE WOORDE
• Fisiese Kenmerke: Dinge in die natuurlike omgewing, soos riviere en berge.
• Plato: Hoë, plat binnelandse dele van 'n land.
• Kus: Waar die see en die land bymekaarkom.
• Kusvlakte: Laagliggende land wat naby die see is.
FISIESE KENMERKE VAN SUID-AFRIKA
Kenmerke:
• Berge, bergreekse, valleie en heuwels
• Riviere
• Watervalle
• Kuslyne (kape en baaie)
1. Lees die ses woorde en hul betekenisse:
o Baai: 'n Inham of duik in die kuslyn.
o Kaap: 'n Stuk hoë land wat in die see inloop (teenoorgestelde van 'n baai).
o Bergreek: 'n Groep of ketting van berge.
o Bergpiek/Bergspits: Die hoogste punt van 'n berg.
o Heuwel: 'n Hoër gebied wat nie so groot soos 'n berg is nie.
o Vallei: 'n Lae gebied tussen heuwels of berge.
Ligging van 'n Paar Fisiese Kenmerke in Suid-Afrika
o Tafelberg kyk uit oor Kaapstad en die Atlantiese Oseaan.
o Vanaf Barrydale in die Klein-Karoo kan jy die Langeberge sien.
o Die Kruger Nasionale Park (Kruger-wildtuin) is 'n natuurreservaat in die Laeveld.
o Die Vaalrivier vloei oor die Hoëveldplato.
o Port Elizabeth se hawe is in Algoabaai.
o Namakwaland is gewoonlik droog en sanderig, maar...
o Die St. Lucia-meer is op die kusvlakte in die noorde.
Plekname
Baie plekke kry name wat hul fisiese kenmerke beskryf. 'n Rivier wat dikwels droog is, kan byvoorbeeld
"Sandrivier" genoem word. In die uKhahlamba-Drakensberge is daar 'n rots met 'n skerp punt wat
"Duiwelstand" genoem word.
uKhahlamba beteken "die versperring van spiese" in Zoeloe. Hierdie naam beskryf die hoë kranse van die
groot platorand wat die laer kusvlaktes en heuwels van die hoë binnelandse plato skei. Vroeë Nederlandse
ontdekkingsreisigers het hierdie bergreeks die "Drakensberge" (berg van drake) genoem.
Daar is berge op baie plekke in die wêreld wat "Tafelberg" genoem word. Die beroemdste van al hierdie
"tafelberge" is Tafelberg in Kaapstad. Soms bedek 'n wolk die hele berg, en mense noem dit die
"wolkombers".
Hole in the WallHole in the Wall is 'n gat in die see aan die Oos-Kaapse kus. Hierdie gat is veroorsaak
deur branders wat duisende jare teen die kranse gebreek het. Vandag breek die branders steeds teen die
kranse. Xhosesprekende mense noem hierdie plek "Khalen," wat "plek waar donder" beteken.