100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4.6 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary GRAAD 12 - AFRIKAANS HUISTAAL - MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS STUDIEGIDS

Rating
-
Sold
-
Pages
111
Uploaded on
08-04-2025
Written in
2024/2025

'n Pragtige hersieningsgids vir MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS. Hoofstuk opsommings, temas, simboliek, karakters ens, ens. Eindvraestelle en Memorandums vir deeglike voorbereiding. Bevat ook die nuutste November 2024 vraestel en memo wat nou amptelik beskikbaar is. 'n Uitstekende hersieningsgids!

Show more Read less
Institution
Course











Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Written for

Institution
Course
Schooljaar
200

Document information

Uploaded on
April 8, 2025
Number of pages
111
Written in
2024/2025
Type
Summary

Subjects

Content preview

GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL




HERSIENINGSGIDS
VRAESTELLE EN MEMORANDUMS

, INHOUDSOPGAWE

✓ Opsomming
✓ Plek
✓ Karakters
✓ Tydlyn
✓ Temas
✓ Hoofstuk-inhoud
✓ Stamboom



Opsomming
Die basiese verhaalgegewe van Manaka – Plek van die Horings behels die koms van die
hoofkarakter Baas Chipman na Manaka, ‟n afgeleë plekkie langs die Zambezi-rivier in Zambië.
Baas volg in die voetspore van sy oupagrootjie, Dennis “Baas” Chipman, die eerste wit
inwoner van Manaka, wat ook as sendeling opgetree het. Baas gaan egter nie as sendeling
nie, maar om ‟n rivierboot te bou waarmee hy ‟n toerisme-besigheid op die Zambezi kan
begin.

Daar gekom, word Baas egter as ‟n tipe reddingsfiguur beskou: eers as iemand met finansiële
rykdom in die oë van die plaaslike mense, iemand wat hulle kan help wanneer hul siek is of
swaarkry; en later as ‟n helper van ‟n sendelingpaar wat hul daar wil kom vestig.

Baas is ‟n onwillige held, en die roman volg sy stryd teen die mense wat sy hulp nodig het,
maar ook sy innerlike stryd, veral wat geloof betref.

PLEK
Die verhaal speel af in Zambië, langs die Zambezi-rivier. Die provinsie se naam is Barotseland,
en die mense wat daar woon, is die Malozi‟s. Baas vestig hom op die grond wat destyds aan
sy oupagrootjie behoort het. Die plek is deur die eerste Dennis Chipman “Manaka” (Plek van
die Horings) genoem, na aanleiding van die jagtrofeë wat hy teen die bome vasgespyker het.
Mettertyd het Manaka Evangelical Mission daar ontstaan. Naby Manaka is Mubuyu (Plek van
die Kremetarte) waar die meeste van die Mulambwa‟s woon.
Verder word die khuta-vergaderings by Fumi (Plek van die Ryk Mense) gehou.

Die naaste dorp is Ngweze, en dis waarheen hul gaan vir voorrade. Dis ook in dié hospitaal
wat Baas opgeneem is toe hy malaria gekry het.

, KARAKTERS
(‟n Lys van die belangrikste karakters in Manaka. Verwys na die Mulambwa-stamboom om die
uitleg van dié belangrike familie onder die Lozi-mense te verstaan.

Baas Chipman – die hoofkarakter, wat na Manaka kom om ‟n toerisme-besigheid op d
die Zambezi te begin

Ouma Essie (Ester) Mulambwa – vrou van die oorlede sendeling muluti Joseph. Sy
tree as ‟n tipe profeet op, en beskryf haarself in ‟n gebed as “die oudste lid van die
gemeente van Manaka Evangelical Mission, […] deur die Here uitverkies om sy wil
bekend te maak” (p.116). Sy verteenwoordig die goeie/Christenskap, en tree telkens
as die „gewete‟ van die ander mense op.
Grace (Tibelelo) Mulambwa – die Lozi-vrou met wie Baas ‟n spesiale verhouding
ontwikkel. Dit is sy wat hom bystaan toe hy malaria kry, en ook later help om die
kultuur aan hom te verduidelik. Dominee Griesel du Pisani – die man wat as
sendeling na Manaka gestuur is, maar iets heeltemal anders kry as wat hy verwag het.

⚫ Nanna du Pisani – Griesel se vrou.

⚫ Hy het ook saam met die vorige sendeling gewerk en ken dus van die Lozi-mense.
Hulle noem hom „Muluti Malila‟ omdat dit soms lyk asof hy huil as gevolg van sy
katarakte.

⚫ Whitey Dennis – Hy help om vir Baas te vervoer na sy siekte. Later blyk dit dat hy óók
die eerste Dennis Chipman se kleinseun is.

⚫ Kebbey – Een van Ouma Essie se kleinseuns. Hy wil met Grace trou.

⚫ Daaimon – Die hoofindoena, en dus die voorsitter van die khuta, die raad aan
wie Baas en die sendelinge geld moet betaal om by Manaka te mag bly.
Chisupo – ‟n Toordokter wat die bose in die boek verteenwoordig. Hy is as‟t ware
ouma Essie se teenpool. Die Lozi-mense is baie bang vir hom. Hy brand uiteindelik die
kerk af.

⚫ Johnnie – ‟n man wat by Manaka werk soek, en vir Baas help jag. Baas help hom
uiteindelik om sy skuld aan sy skoonfamilie af te betaal.

⚫ Mark James – Zambezi Joy se vorige eienaar.

⚫ Riekert – ‟n Diamantsmokkelaar en/of -handelaar

, TYDLYN
1870 Dennis Chipman word deur die Kanadese regering afgevaardig om in Afrika skoen-
lappers te vang. Hy vestig hom langs die Zambezi, en noem die plek Manaka. Sy
noemnaam onder die Lozi-mense is Baas.
1902 Na 29 jaar in Zambië word hy siek en keer hy terug na Suid-Afrika, met die plan om later
wee Barotseland toe te gaan om ‟n boot te bou.
1903 Dennis Chipman trou met Johanna Smt en kry kinders wat Afrikaanssprekend is. Die
eerste word na sy pa vernoem, en erf ook die noemnaam.
1929 Dennis Chipman (die eerste) sterf aan veelvuldige snywonde toegedien deur ‟n gewonde
bosvark.
xxxx ‟n Kleinseun van die Kanadese Chipman, Page Chipman (vernoem na sy ouma) trou
met Grace Bosman.
1952 Page en Grace se enigste kind word gebore, die vierde geslag Chipmans. Hy word ook
Dennis gedoop en ook Baas genoem.
Die kind is van kleins af lief vir die natuur, roei gereeld op die Ebenezer-dam, en hou van
jag.
1966 Die Chipman-gesin verhuis na die suide van Suid-Rhodesië (Zimbabwe).
Die jong Baas Chipman voltooi sy skoolloopbaan op Louis Trichardt en lees al meer oor
veral Zambië en die gebiede rondom die Zambezirivier.
Hy begin ná skool saam met sy ouers boer, maar moet verpligte militêre diens doen
tydens die bosoorlog.
xxxx Terwyl Baas in die oorlog veg, kry hy nuus dat sy ouers op hul plaas deur rebelle aangeval
en vermoor is.
Hy verloor al hul familiebesittings (insluitend die plaas), maar voer ‟n bestaan deur te jag
en vleis te verkoop.
1991 Baas keer terug na Louis Trichardt, maar bly nie lank nie.
Hy aanvaar werk as ‟n toergids in Botswana. Hy sien die groot toerisme-moontlikheide in
Barotseland, Zambië, en koop later ‟n sleepwa en motorboot voor hy die grens na
Zambië oorsteek.

TEMAS
Sommige moontlike temas in Manaka: Plek van die Horings word hier genoem en kortliks
bespreek.

Verhouding tussen mens en natuur
Pieterse se gedetailleerde beskrywings van die natuurelemente in die roman, verseker dat die
leser gedurig bewus is van die omgewing waarin die storie hom afspeel. Cilliers skryf hieroor:
“[T]ipies Pieterse, is daar die intieme kennis van die bos en al sy bewoners: vlakvarke en
olifante, koedoes, blouwildebeeste en sebras – saam met die bome en die veld word alles in
liefdevolle, ingeligte detail beskryf.”

Baas is in ‟n groot mate afhanklik van die natuur om te oorleef, en vertoon ook die mag van
die mens oor die dier deur die diere van die omgewing te jag. Die natuur het egter ook ‟n
houvas op die mens, soos die effek van malaria bewys. (Baas se oupagrootjie is verder
oorlede tydens ‟n jagtog.) Verder moet Baas ook sy kamp beveilig teen die krokodille en

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
corneliuskorkie Private
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
151
Member since
10 months
Number of followers
4
Documents
237
Last sold
11 hours ago
Studieskatkis

A unique place where you can find every resource available for all school grades and all subjects. Resources are compiled in individual packages per grade and includes: summaries, revision exercises, quizzes, tests, examination papers and memoranda. A must for each school learner. The complete resources can be found on Facebook. You simply search for \"Studieskatkis\" and you would find everything you need.

4.2

22 reviews

5
12
4
5
3
3
2
1
1
1

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions