Donker Web
Leesgids geskryf deur Hettie van Zyl
1
, INHOUDSOPGAWE
Afdeling A: Pre-lees
Bladsy
1. Inleiding tot die genre: roman 3
2. Die agtergrond van Donker Web 3-4
3. Biografie van die skrywer: Fanie Viljoen 4-5
4. Inleiding tot die studie van Donker Web 5-7
5. Opsomming van Donker Web 5-18
6. Literêre begrippe in Donker Web:
6.1 Titel 18-19
6.2 Intrige 19-20
6.3 Botsing/konflik 21-24
6.3.1 Innerlike konflik
6.3.2 Uiterlike konflik
6.4 Verteltyd en vertelde tyd 24-25
6.5 Milieu – tyd en ruimte 25-38
6.6 Taalgebruik 39
6.7 Tema 39-41
6.8 Motiewe (beelding) 42-43
6.9 Simboliek 43-44
6.10 Mitologie 45-47
6.11 Karakterisering 47-52
Afdeling B: Post-lees
1. Kontekstuele vrae per hoofstuk 53-75
2. Opsteltipe vrae 76-79
3. Konsepvraestel 80-82
4. Moontlike antwoorde: kontekstuele vrae 83-110
5. Moontlike antwoorde van konsepvraestel 111-115
6. Glossarium van literêre begrippe 116-128
7. Glossarium van woorde in die teks 129-131
Bylae – Nasienrubriek 132
8. Bronnelys 133-134
2
,Afdeling A: Pre-lees
1. Inleiding tot genre van die roman
Die term “roman” is in die twaalfde eeu gebruik om te onderskei tussen geskrewe
werke in die taal Romaans en Latynse geskrifte. In Engels is die term novel, afgelei
van novella in Italiaans. Daar is verskeie tipe romans, byvoorbeeld die
avontuurroman, die historiese roman, die inspirasieroman, die plaasroman, die
ontwikkelingsroman, die wetenskapsfiksieroman en die jeugroman.
Die roman is gegrond op karakters wat in ’n spesifieke ruimte en tyd
afspeel. Die karakters en gebeure is fiktief, want dit is op denkbeeldige
omstandighede gegrond.
Die vertellersperspektief in die roman kan wissel, afhangend vanuit wie se
oogpunt die verhaalgebeure aan die leser voorgehou word. Daar moet baie duidelik
onderskei word tussen die skrywer (die persoon wat die boek skryf) en die verteller,
uit wie se oogpunt dit aangebied word. In Donker Web is die verteller van die
proloog en epiloog ’n derdepersoonsverteller. Dié tipe verteller is nie een van die
karakters nie en kyk van buite na die verhaal. Vanaf hoofstuk 1 tot 68 is Greg
Owen die verteller. Hierdie tipe verteller word ’n eerstepersoonsverteller of ’n ek-
verteller genoem.
Wanneer die verhaal in volgorde van tyd vertel word en gebeure op mekaar
volg, is die tydsverloop chronologies. Indien die tydsverloop wissel tussen die hede
en die verlede en voortdurend onderbreek word deur terugflitse of tydspronge is die
tydsverloop achronologies of fragmentaries.
Die proloog is ’n voorwoord wat vóór die eerste hoofstuk aan die begin van
die verhaal geplaas word. Die funksie van die proloog is om die leser in te lig oor die
agtergrond waarteen die verhaal afspeel en die leser nuuskierig te maak om verder
te lees. Die roman word in hoofstukke verdeel. Die epiloog kom aan die einde van
die verhaal, na die laaste hoofstuk, voor en bevat die slotwoord. In die epiloog word
die onbeantwoorde vrae van die leser beantwoord.
Milieu is die ruimte en tyd waarteen die verhaal afspeel. Die intrige
(raamwerk van gebeure of plot) word in ’n verhoogde spanningslyn aangebied waar
innerlike- sowel as uiterlike konflik waarneembaar is.
Die leser leer die karakters in die roman ken op grond van dit wat die
verteller aan hulle meedeel, die karakter se voorkoms, dialoog, gedagtegang van die
karakter en die hantering van konflik. Die protagonis (hoofkarakter) ondergaan
karakterontwikkeling en word ’n ronde karakter genoem. Newekarakters is die
ander karakters wat ’n invloed het op die lewe van die hoofkarakter. Die antagonis
opponeer die hoofkarakter. Onbelangrike karakters word figurante of
randkarakters genoem.
2. Die agtergrond van Donker Web
Donker Web is die opvolgroman van Onderwêreld, ’n roman wat die afgelope paar
jaar vir die NSS-eksamen vir Afrikaans Huistaal voorgeskryf is. Alhoewel Donker
Web as ’n onafhanklike roman gelees kan word, is daar belangrike
agtergrondinligting van die eerste roman wat in ag geneem moet word.
Greg Owen is die protagonis in Onderwêreld. Hy is die hoofseun van Lawson
Kollege, ’n elite seunskool vir rykmanskinders in die Drakensberge. Greg se
pa plaas hom onder groot druk om te presteer, maar wanneer hy met die
misterieuse nuweling, Eckardt Wilken, bevriend raak, word sy lewe gekompliseerd.
Eckardt leer hom kuberkraak en Greg raak agter met sy skoolwerk terwyl hy
3
, geleidelik in die onderwêreld van kuberkraking vasgevang word. Wanneer Eckardt
spoorloos verdwyn, kom Greg in opstand teen die skoolhoof omdat die skool nie
moeite doen om hom op te spoor nie en sy verdwyning wil geheim hou.
Hy vind ’n leidraad op ’n foto en ’n eienaardige boodskap op Eckardt se
blog, Ekk-0’s Underworld. Die boodskap plaas Greg onder die indruk dat Dok
Pienaar, die skoolhoof, iets met Eckardt se verdwyning te doen het. Hy volg elke
leidraad deur middel van kuberkraking en kom af op Project Nursery Rhyme, ’n
hemorargiese virus wat gekweek word om ’n pandemie te veroorsaak en wat kan lei
tot die dood van onskuldige slagoffers. Die vaksiene vir die virus sal dan ten
duurste verkoop word sodat die drie vennote van die projek, wat onder die
skuilname, The Butcher, The Baker en The Candlestick-maker handel dryf,
geldelike voordeel daaruit kan trek.
Greg vind uit die skoolhoof, Doktor Alex Pienaar, is die Butcher. Nadat hy
alles oor Project Nursery Rhyme uitgevind het, gee hy die inligting aan die polisie,
minwetende dat sy eie pa die Candlestick-maker is.
Eckardt Wilken verskyn uit die bloute en vertel vir Greg die waarheid oor sy
pa se betrokkenheid. Greg besef dat Eckardt sy eie verdwyning beplan het en dat
hy hom sosiaal gemanipuleer het om die skurke van Project Nursery Rhyme te
ontmasker. Dit was Eckardt se manier om wraak te neem op die persone wat vir sy
pa, ’n regter, se dood verantwoordelik was.
Greg is heeltemal ontnugter, want Eckardt was nooit werklik sy vriend nie
en het hom van die begin af misbruik om sy wraakplan uit te voer. Hy vind uit dat
Eckardt ’n skuilnaam gebruik het en dat hy glad nie is wie hy voorgee om te wees
nie. Die fiktiewe Eckardt Wilken verdwyn weer spoorloos aan die einde van
Onderwêreld en niemand weet waar die Baker is nie.
Donker Web speel ’n jaar en ’n half later af. Eckardt se regte naam, Xander
Gericke, word in Donker Web onthul. Chris Owen (Greg se pa) is in die tronk, terwyl
Greg en sy ma steeds in Sandhurst, Johannesburg, woon. Greg vertrek einde
Januarie na Stellenbosch om Sportwetenskap te studeer. Sy besluit om die Baker
op te spoor, dwing hom om met Xander saam te werk.
3. Biografie van die skrywer: Fanie Viljoen
Fanie Viljoen is ’n bekende skrywer van kortverhale, radiodramas, gedigte, fiksie en
niefiksie-boeke. Hy is ook ’n illustreerder en ’n skilder.
Hy is passievol oor skryf en vele literêre toekennings is aan hom toegeken
onder andere:
• Die Goue Sanlam-prys (2005) en die M.E.R-prys (2006) vir
jeuglektuur vir BreinBliksem.
• Die M.E.R-prys vir geïllustreerde kinderboeke en die ATKV-
kinderboektoekenning vir Geraamte in die klas in 2007.
• Die Silwer Sanlamprys (2007) en die ATKV-kinderboektoekenning
(2009) vir Onderwêreld.
Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore. Sy pa het in die myn gewerk
en sy ma was ’n huisvrou. Hy het ’n ouer broer, Neels, en ’n jonger suster, Cecilia
Steyn, wat ook ’n skrywer is. Fanie het hoë agting vir sy Afrikaanse onderwysers by
Goudveld Hoërskool in Welkom waar hy gematrikuleer het, veral vir dr. Anita
Fourie wat hom geïnspireer het om goeie opstelle te skryf. Die hoogtepunt van
Fanie se skoolloopbaan was die dag toe hy die aanmoedigingsprys van die
Bloemfonteinse Skrywersvereniging gekry het vir ’n opstel.
Na skool was hy tydelik werksaam by die destydse Volkskas-bank en in
1988 het hy in Kimberley aangemeld vir sy twee jaar nasionale diensplig. Hy het
4