100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4.6 TrustPilot
logo-home
Class notes

GRAAD 12 - AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (EAT) - S.J. PRETORIUS - DIE HANSWORS

Rating
-
Sold
-
Pages
35
Uploaded on
10-03-2025
Written in
2024/2025

Pragtige en deeglike ontleding van die gedig tesame met eksamenvrae en memorandums. Geen matrikulant sal enige ander hulpbron benodig nie. Talle onderwysers gebruik hierdie hulpbron.

Institution
Course











Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Written for

Institution
Course
Schooljaar
200

Document information

Uploaded on
March 10, 2025
Number of pages
35
Written in
2024/2025
Type
Class notes
Professor(s)
Prof self
Contains
All classes

Subjects

Content preview

1




GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (EAT)
GEDIGTE




S.J. PRETORIUS – DIE HANSWORS

, 2


Die hanswors – SJ Pretorius
Die hanswors

1 Oor sy afsigtelike boggel,
2 en kromheid, het hul hom gekoggel,
3 en bitterder was hul venyn
4 as sy vergroeide ruggraatpyn.

5 Tussen die diere in ‘n hoek
6 het hy die eensaamheid gesoek:
7 “Met klere wat gedurig gaar is,
8 wat doen die vent met sy salaris?”

9 Hy’t maandeliks by die poskantoor
10 ‘n brief gepos of een gelees
11 by die dierkratte, oor en oor:
12 “Sou daar tog êrens iemand wees?”

13 En daardie ewige reuk en drank:
14 nie een sou huil as hy bedank,
15 maar waar hy in die sirkustent
16 aapagtig teen die firmament,
17 hoog teen die takelwerk, kon klouter,
18 die dood uittart, en, klein kabouter,
19 sy duiwelstreke uithaal onder
20 dat almal skater vir die wonder,
21 is hy, hoeseer verag, verlate,
22 nog deur die baas beskou as bate.

23 Toe het ‘n brief gekom eendag ...
24 Hy’t oor die bed gebuk, verblind,
25 terwyl ‘n boggelvroutjie, sag,
26 sterwend fluister: “Dankie my kind ...”




Graad 12 EAT − Hanswors

, 3


Agtergrond
SJ Pretorius se gedigte is dikwels oor die lyding/swaarkry van mense.
• Die toon van die meeste van sy gedigte is maar somber en pessimisties.

In “Hanswors” maak SJ Pretorius gebruik van ‘n figuur (hanswors/nar/harlekyn) uit die sirkus
om die ironiese situasie van die mens wat swaarkry en liggaamlike gebreke het, uit te beeld.
• Hierdie is ‘n verhalende gedig wat die storie van ‘n hanswors met ‘n boggelrug
vertel.
o Misvormde of gebreklike mense is dikwels as hansworse in sirkusse
gebruik.
o Hoewel hulle vir hulle deelname betaal is, het die spottery diep
emosionele letsels gelaat.
o Hierdie mense is dikwels deur die gemeenskap/samelewing uitgestoot.
• Terwyl die hanswors in die gedig mense laat lag, is hy die een wat vernedering
en droefheid ervaar en agter die skerms huil.

“Kipose” is die mediese term vir iemand wat ‘n boggelrug het.
• Dit is nie goeie maniere om iemand ‘n “boggelrug” te noem nie.




Titel
As ‘n mens die titel lees, dink ‘n mens die gedig gaan snaaks/komies wees, maar dit is ‘n
treurige gedig.
• Die funksie van ‘n hanswors in die sirkus is om die toeskouers te laat lag met
die snaakse dinge/toertjies wat hy doen.
• Hansworse is die grapmakers in ‘n sirkus, maar hulle is dikwels
bejammerenswaardige figure.
• Die hanswors in hierdie gedig laat die mense lag, maar ons lees dat hy eintlik
‘n tragiese mens is met ‘n hartseer geskiedenis.
• Die = bepaalde lidwoord. Verwys na die spesifieke hanswors.




Graad 12 EAT − Hanswors

, 4


Sintuiglike waarneming
Die hanswors en sy omstandighede word visueel aan ons beskryf.
• Ons sien hoe die hanswors lyk en wat hy doen – sintuig = sig
• Ons hoor ook hoe sy kollegas van hom skinder en hom tart en die toeskouers
vir hom lag – sintuig = gehoor
• Reuksintuig – ons kan die drank ruik.

Tipografie
Die gedig het 5 strofes.
• 26 versreëls (4 kwatryne en 1 strofe met 10 reëls)

Kontraste
Opvallend is die kontras tussen die hanswors se werk wat mense moet vermaak/amuseer en
sy hartseer lewe daarbuite as ‘n eensame man wat met ‘n gebrek lewe.
• Die mense se gespot (emosionele pyn) teenoor die hanswors se fisiese pyn
van sy boggelrug.
• Misvormigheid (boggelrug) teenoor sy behendigheid/ratsheid in die sirkustent.
• Die diere aanvaar hom, maar nie mense nie.
• Hy word gehaat en vermy, maar is ‘n aanwins vir die sirkus.

Rym

❖ Strofe 1, 2 en 4 is paarrym = aabb
Hier word die werksomstandighede van die hanswors bespreek.
❖ Strofe 3 en 5 is kruisrym = cdcd
In hierdie strofes word sy persoonlike omstandighede beskryf.

Leestekens
Belangrike sake word uitgehef deur die gebruik van die dubbelpunt, ellips, kommas en die
direkte rede.
• Direkte rede word nie net gebruik vir beklemtoning nie, maar ook om variasie
te bring.

Stemming/Atmosfeer

Weemoedig/hartseer/swaarmoedig

Tema

Die ongelukkigheid van ‘n mens met gebreke/wat misvorm is as gevolg van die
onmenslikheid en onsensitiwiteit van die mense om hom.
• Die lyding van ‘n mens met ‘n gebrek.

Vooroordeel teenoor mense met gebreke.



Graad 12 EAT − Hanswors
$3.20
Get access to the full document:

100% satisfaction guarantee
Immediately available after payment
Both online and in PDF
No strings attached


Also available in package deal

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
corneliuskorkie Private
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
151
Member since
10 months
Number of followers
4
Documents
237
Last sold
1 day ago
Studieskatkis

A unique place where you can find every resource available for all school grades and all subjects. Resources are compiled in individual packages per grade and includes: summaries, revision exercises, quizzes, tests, examination papers and memoranda. A must for each school learner. The complete resources can be found on Facebook. You simply search for \"Studieskatkis\" and you would find everything you need.

4.2

22 reviews

5
12
4
5
3
3
2
1
1
1

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their tests and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can instantly pick a different document that better fits what you're looking for.

Pay as you like, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions