GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (EAT)
GEDIGTE
P.J. PHILANDER – HAAR UITVAART
, 2
Haar uitvaart – PJ Philander
Haar uitvaart
1 Al oor my dak het hul gemaal …
2 dié voëltjies het vir haar kom haal.
3 Half-toegevoue vuisies klein
4 het ylings na die doodsgordyn
5 gegryp en dan weer moeg verslap ...
6 die sweet het langs haar slapies afgetap.
7 Haar ogies sien ek duidelik nog,
8 hul het vir my gesmeek om tog
9 te help ... die pyn te stil,
10 maar ek was magteloos teen Sy wil,
11 en halfweg na die hospitaal
12 het, asemloos, die dood ons ingehaal.
, 3
Agtergrond
PJ Philander was ‘n onderwyser en het in 1969 saam met sy vrou en seuns na die VSA
geïmmigreer as gevolg van die apartheidswette in Suid-Afrika.
“Haar uitvaart” is ‘n persoonlike gedig wat oor die dood van sy dogtertjie, Elsa, gaan. Sy was
maar 2 jaar oud en is in sy arms dood op pad na die hospitaal in Caledon.
Titel
“Haar” dui op ‘n vroulike persoon en “uitvaart” dui op begrafnis/dood.
❖ Reeds in die titel is daar ‘n aanduiding van verlies/dood.
o Die titel sluit by die inhoud van die gedig aan.
“uitvaart” – eufemisme – die dood word versag.
Tema
Die magteloosheid van ‘n ouer om sy of haar kind teen die dood te beskerm.
Boodskap
Die dood is deel van ons en kan nie vermy word nie (dit is onvermydelik).
• Ouers beleef baie pyn en hulle voel magteloos wanneer hul sien hoe hul kind
ly en doodgaan.
Stemming Somber/hartseer/weemoedig
Tipografie
Uiterlike bou:
6 Strofes.
• Elke strofe bestaan uit twee versreëls (koeplet)
• 12 versreëls
• Vaste rymskema – paarrym
o Die eerste en laaste strofe eindig met dieselfde rymklanke (-aal).
✓ Dit bind die gedig saam.
o Die paarrym versterk die noue band wat tussen pa en sy dogtertjie
was.
Innerlike bou:
Daar is progressie
• Ons sien hoe die dogtertjie teen die dood baklei,
• die pa is magteloos om haar te help en
• dan sterf sy.
Graad 12 EAT – Haar uitvaart