AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (EAT)
GEDIGTE
, Die dans van die reën
1 O die dans van ons Suster!
2 Eers oor die bergtop loer sy skelm,
3 Eh haar oge is skaam;
4 En sy lag saggies.
5 En van ver af wink sy met die een hand;
6 Haar armbande blink en haar krale skitter;
7 Saggies roep sy.
8 Sy vertel die winde van die dans
9 En sy nooi hulle uit want, die werf is wyd en die bruilof groot.
10 Die grootwild jaag uit die vlakte,
11 hulle dam op die bulttop
12 wyd rek hulle die neusgate
13 en hulle sluk die wind;
14 en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
15 Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
16 en hulle kruip nader en sing saggies:
17 “Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”
18 En haar krale skud,
19 en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
20 Op haar voorkop is die vuurpluim van ‘n Berggier;
21 sy trap van die hoogte;
22 sy sprei haar vaal karos met altwee arms uit;
23 Die asem van die wind raak weg.
24 O, die dans van ons suster!
Eugene Marais
Algemene Punte
1. Die reën (dans) en die wind (se asem raak weg) word as ‘n mens voorgestel.
2. Alles wat die suster (reën) in die gedig doen kan met een woord saamgevat word – “dans”
The dance of the rain
Song of the violin player, Jan Konterdans, from Groot Woestyn.
Oh the dance of our sister!
First over the mountaintops she peeps slyly,
And her eyes are shy;
And she laughs softly
And from far she waves with her one hand.
Her bangles shine and her beads glitter;
Softly she calls.
She tells the wind about the dance
And she invites them because the yard is wide and the wedding big.
The big animals chase from the
And gather on the hill top.
They flare their nostrils